Lisensieer van geweer op ou ID Boek Lisensie
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
Lisensieer van geweer op ou ID Boek Lisensie
Ek wil 'n geweer koop en lisensieer by iemand wat nog sy lisensie in sy ID boek gehad het, die probleem is sy ID boek het weg geraak. Sal ek die geweer gelisensieer kry of moet ek maar die een laat verbygaan? Kan ek 'n lisensie aansoek insit sonder 'n kopie van sy lisensie net met die ID nommer?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Lisensieer van geweer op ou ID Boek Lisensie
Jy sal by die DFO moet navraag doen oor die status van die geweer op hulle stelsel. Gee beide ID asook geweernommer. Met my lisensiering in 2006 het ek volgense my ID geen gewere besit nie. Toe hulle egter my een geweer se nommer invoer kon hulle almal opspoor wat ek toe op my naam gehad het. Hul ou stelsel se skakels (links) was baie swak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3626
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Lisensieer van geweer op ou ID Boek Lisensie
Het nou iemand gehelp om aansoek in te kry waar lisensie weg is. Kry net verklaring van eienaar wat sê hy kry nie sy lisensie nie. Wapen moet darem net op die stelsel wees en in sy naam
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.