Page 1 of 1

Noodsaaklik vir lisensie?

Posted: Tue May 14, 2019 7:12 am
by Joe13
Hi almal, is dit nodig om fotos in te handig vir n aansoek? Fotos van diere wat gejag is?

Re: Noodsaaklik vir lisensie?

Posted: Tue May 14, 2019 7:31 am
by OosKaapJagter
Ek het dit nog nooit gedoen nie. Daar is seker niks fout daarmee as jy hou van kleurvolle aansoeke nie.

Re: Noodsaaklik vir lisensie?

Posted: Tue May 14, 2019 7:34 am
by NicoSmit
Ek het nou aansoek gedoen vir hernuwing en die dame by die polisie kantoor het nogal gekyk of dit daar is te same met die 2 verwysings dit kan net help met die motivering vir jou lisensie

Re: Noodsaaklik vir lisensie?

Posted: Tue May 14, 2019 7:36 am
by Gian_dP
Dis nie nodig om jagfotos aan te heg nie, maar jy moet wel iets aanheg wat bewys dat jy wel jag/beplan om te jag.

Iets soos jaguitnodiging, brief van boer by wie jy gejag het, brief van jagmaat saam met wie jy al gejag het, jaglisensie ens.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Noodsaaklik vir lisensie?

Posted: Tue May 14, 2019 8:23 am
by Joe13
Dankie julle

Re: Noodsaaklik vir lisensie?

Posted: Tue May 14, 2019 1:06 pm
by Joe13
Het iemand hier op die forum so paar voorbeelde van n brief wat ek kan gebruik?

Re: Noodsaaklik vir lisensie?

Posted: Tue May 14, 2019 2:19 pm
by tripodmvr
Joe, het jy toegewyde status? Indien wel is die feit dat jou status op datum is genoeg bewys dat jy jag of skiet om die status te behou.

Re: Noodsaaklik vir lisensie?

Posted: Tue May 14, 2019 2:43 pm
by Joe13
Ek het ongelukkig nie oom.

Re: Noodsaaklik vir lisensie?

Posted: Tue May 14, 2019 3:09 pm
by tripodmvr
Hier is iets wat ek oor my vriend geskryf het om as motivering te gebruik.

As friend and fellow hunter he is extremely safety conscious and always aware of the fact that safety procedures need to be followed. He has attended a course in range safety and is a dedicated hunter.