Page 1 of 1

Scope

Posted: Thu May 30, 2019 9:06 pm
by SNYMAN11
Naand Manne,

Ek soek bietjie raad op n scope vir langafstand skiet. Jag en Gonge. Ek gaan SFP vat MOA

Ek het nou gekyk na die Leupold LRP, SightronSiii, Vortex PST Gen2 en met my oë is die Vortex die beste met die glas.

Hoe is die Vortex se tracking vir die wat een het? Want die Sightron lees ek dat sy tracking baie goed is.

Wat alternatief stel julle voor al moet mens bietjie meer betaal?

Hoor graag van julle.

Shaun

Re: Scope

Posted: Thu May 30, 2019 9:59 pm
by Arnold
Ek het lank die Sightron SIII geskiet maar sou nou die PST GenII koop.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Scope

Posted: Fri May 31, 2019 7:34 am
by Pinkes
Wat is jy bereid om te betaal...? Sal dan ook beter aanbevelings kry.

My mening is dat jy soveel as moontlik op glas moet spandeer.

Re: Scope

Posted: Fri May 31, 2019 8:21 am
by figjam
Sfp dan kan jy na die nightforce SHV reeks ook kyk met Moar reticle

Re: Scope

Posted: Fri May 31, 2019 8:53 am
by Capt. Yoda
As jy dalk so paar rande kan by sit sou ek die Delta Striker sterk oorweeg anders is die Vortex n goeie koop.

Ek ken glad nie die Leupold nie maar ek verstaan van ons maats daar bo in die kolonie dat hulle nogals dink dit is n lekker scope, hulle dink wel witwyn is ook lekker so mens moet seker ook nie alles glo wat jy hoor nie

Re: Scope

Posted: Fri May 31, 2019 8:56 am
by Eugene
Ek het geen ondervinding van die Vortex PST gen2 nie, maar die voorganger se glas was nie vir my beter as die S3 sin nie. Die S3 is 'n great scope, as mens vat wat jy daarvoor betaal. 'n Duurder opsie is seker die ATACR 7-35, maar dit is heelwat duurder. Ek gebruik tans 'n NF BR 8-32 op beide my LA roere. Nadeel is die 50moa interne elevasie, maar ek het dit beheer met 'n 30moa rail en Burris se ringe met die inserts. Teen net oor die R20k, is dit vir my 'n wen opsie en die glas is goed en verstellings elke keer presies. En dis 1/8moa per click.

Re: Scope

Posted: Fri May 31, 2019 9:02 am
by Arnold
Eugene wrote:Ek het geen ondervinding van die Vortex PST gen2 nie, maar die voorganger se glas was nie vir my beter as die S3 sin nie. Die S3 is 'n great scope, as mens vat wat jy daarvoor betaal. 'n Duurder opsie is seker die ATACR 7-35, maar dit is heelwat duurder. Ek gebruik tans 'n NF BR 8-32 op beide my LA roere. Nadeel is die 50moa interne elevasie, maar ek het dit beheer met 'n 30moa rail en Burris se ringe met die inserts. Teen net oor die R20k, is dit vir my 'n wen opsie en die glas is goed en verstellings elke keer presies. En dis 1/8moa per click.
Eugene, jy is heeltemal reg dat die SIII se glas beter as die PST se glas is maar die PST GenII skop hul albei se gatte en ek wil my verstout om te sê dat hy seker beter as die NXS ook is maar dit kan ek nie staaf nie.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Scope

Posted: Fri May 31, 2019 9:03 am
by Heinds
Arnold wrote:

+1

Re: Scope

Posted: Fri May 31, 2019 9:10 am

Arnold, ek weet nie wie nou die Vortex agent is nie, maar die tipe naverkope diens wat ten minste 3 van my vriende gekry het na daar wesenlike probleme was met hulle Vortex'e, bly maar in my agterkop. Soveel so, dat ek 'n Vortex net as 'n absolute laaste opsie sal oorweeg....

Re: Scope

Posted: Fri May 31, 2019 9:14 am
by Capt. Yoda
As jy n mooi BR kan kry soos Eugene se is dit verseker n scope wat ek na sou kyk

Re: Scope

Posted: Fri May 31, 2019 9:36 am
by tau
EK het die S3 en hy track pragtig en skiet raak die beeld is ook goed, maar ek hou meer van die Leupold se turrets, ZS en eye relief en fokus is vir my beter. Ek sukkel baie met Sightron se fokus, weet nie of dit net my oë is nie.

Re: Scope

Posted: Fri May 31, 2019 9:54 am
by Malan123
Eugene wrote:
Arnold wrote:
Eugene wrote:Ek het geen ondervinding van die Vortex PST gen2 nie, maar die voorganger se glas was nie vir my beter as die S3 sin nie. Die S3 is 'n great scope, as mens vat wat jy daarvoor betaal. 'n Duurder opsie is seker die ATACR 7-35, maar dit is heelwat duurder. Ek gebruik tans 'n NF BR 8-32 op beide my LA roere. Nadeel is die 50moa interne elevasie, maar ek het dit beheer met 'n 30moa rail en Burris se ringe met die inserts. Teen net oor die R20k, is dit vir my 'n wen opsie en die glas is goed en verstellings elke keer presies. En dis 1/8moa per click.
Eugene, jy is heeltemal reg dat die SIII se glas beter as die PST se glas is maar die PST GenII skop hul albei se gatte en ek wil my verstout om te sê dat hy seker beter as die NXS ook is maar dit kan ek nie staaf nie.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Arnold, ek weet nie wie nou die Vortex agent is nie, maar die tipe naverkope diens wat ten minste 3 van my vriende gekry het na daar wesenlike probleme was met hulle Vortex'e, bly maar in my agterkop. Soveel so, dat ek 'n Vortex net as 'n absolute laaste opsie sal oorweeg....
Whylo is die agente. Ek het al met hulle gedeel oor 'n Vortex en Swarovski en nog net goeie diens gekry.

Re: Scope

Posted: Fri May 31, 2019 1:10 pm
by Mellies
tau wrote:EK het die S3 en hy track pragtig en skiet raak die beeld is ook goed, maar ek hou meer van die Leupold se turrets, ZS en eye relief en fokus is vir my beter. Ek sukkel baie met Sightron se fokus, weet nie of dit net my is nie.
Ouderdom!

Met `n vleisie...

Re: Scope

Posted: Fri May 31, 2019 1:32 pm
by Capt. Yoda
Die Sightron se glas is verseker nie die betse in die wereld nie maar vir gong skiet op "normale afstande" en self by ons jag kan ek nie regtig sien hoekom jy top tier glas in n scope nodig het, yes as jy die scope soek en die geld het natuurlik is dit lekker om so scope te he. Wat jy kort is n scope wat elke keer reg stel en n scope wat elke keer reg terug draai na 0 toe en hier doen die Sightron baie goed, hier by ons is dit verseker die scope wat jy op meeste manne se gewere sien en die manne doen baie goed met hulle.

Re: Scope

Posted: Fri May 31, 2019 6:42 pm
by johans
ek het laasjaar die leupold lrp gekoop,sover is ek baie tevrede,glas is ook baie mooi

Re: Scope

Posted: Fri May 31, 2019 6:55 pm
by Ranger
I chose a Bushnell Elite Tactical over a Viper Gen 2. Was far more impressed with the Bushnell glass.