Drie dubbels

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Drie dubbels

Post by Mellies »

Dagsê manne.

`n Paar van ons is verlede week Vrystaat toe om `n vriend te help om die bekke minder te maak op sy plaas. Noem dit maar uitskiet. Ons is bereid om te help maar die skiet van diere sal te voet geskiet. Niks van bakkies af nie. Soos al baie in die verlede gebeur het, het die eienaar maar net gelag vir ons eie reël en die pad gevat om na sy ander belange om te sien.

Met ons aankoms gou `n draai gery ons te vereenselwig met die terrein en plaasgrense.

Dag een was `n stadige begin vir my. Die son het skaars oë gewys op hierdie Donderdag toe Jakes `n horinglose rooibokram pakslae gee met Erre se 06 wat 165gr BTs en Accubonds . Die ou ram met `n groot sweer agter sy kop is verseker `n guns gedoen.

Skaars `n uur later praat `n ander 06 vanuit `n ander gedeelte van die plaas. Benna stuur `n 150gr BT na `n elandbulletjie se kop wat in sy spore omdop.

Ook Erre kry `n beurt en loop in `n paar streepdonkies vas. Nog `n 165gr doen sy werk en die donkie is grond toe. Minuut of twee trap `n rooibokram ook verkeerd en kry pakslae.

Ek gewaar net varke en waterbokke oppad na `n groot kop op die noordelike grens van die plaas en is nog geduldig op hierdie stadium. Bo-op die kop is klomp rooibokke letterlik meters agter my verby en die bosse voor my sluk `n stuk of 15 elande heel in. Twee zebras trek my `n streep en is draf-draf berg-af.

Terwyl die bakkies bokke optel is ek ook berg-af soos ek vroeër tot bo geklouter het. Amper heel onder kry ek sit plek in die koelte van `n groterige bos en ondersteun eers die sitrusbedryf. Self lus vir `n middagslapie so lekker lê/sit ek...

Maklik `n uur later vang my ook beweging regs van my. Wraggies die elande wat berg-af beweeg oppad na die vlakte voor my. Op die vlak kan die ou grotes nie besluit of hulle vorentoe of agtertoe nie. Hulle bly maal en van rustig word is daar geen teken nie.

Ek range, 330m, soek die oudste bul, en lê aan. Doen dit seker vir tien of twaalf keer. Met die groot gryse konstant in die middel. Twee ander groot bulle is ook deel van die trop, maar ek besluit die groot gryse sal dit wees.

Die Z3 se merkies werk as volg vir my 308 Win (aka Buks) met 150gr Accubons en BTs:
100m
200m
250m
300m
350m

Ek besluit op die 350m merkie en wag (en bid) steeds dat die mooi bokke rustig raak.

Nou vra almal seker hoe kan ek `n elandbul aanvat met n` 308? Ek sou regtig eerder my 300WM met 180gr bone by my wil hê, maar vooraf is gesê dat dit bos is waar ons skiet. Iemand het verseker vergeet om die berg en vlakte in ag te neem.

Uiteindelik draai die ou bul effens na my. Ek ruil `n BT vir `n Accubond en gee vir Buks om te sluk. Ek fluister vir Buks en vra mooi dat hy samblief moet saamwerk en op geen stadium moet terughou nie. Buks stel my gerus dat hy sal SPOEG as ek sy snellertjie geleidelik harder sal kielie...ons moet net doen wat ons op die baan geoefen het.

Buks het nie nonsens gepraat nie, die Accubond val waar kruishaar gelê het. Die trop eland spat uitmekaar met die grys bul wat bly staan. Hy roer nie. Sak net sy kop met helderrooi wat duidelik by sy neus sigbaar is.

Buks kry `n opdrag en `n BT tref net regs van die Accubond.

Die ou grote sukkel om op sy voete te bly en draai stadig in die rondte. (`n Reel wat ek met groot bokke toepas is om te bly skiet totdat die bok plat lê).

`n Tweede BT land op sy ander blad...plat is hy.

My eerste eland, (amper) `n perfekte jag.

Na verversings tydens middagete is ek na `n klofie met rooibokke en waar die zebras van die oggend heen is.

Laatmiddag gewaar ek `n alleen rooibokram met een horing in die skaduwee van `n groot bos. 220m weg kry ek my lê. Om een of ander rede hou die rooibok nie sy kop stil nie. Op en af, dan krap hy met sy kloutjie op sy kop. Die kruishaar skuif na sy blad en `n 150gr BT tref `n duim of twee agter die blad en is tussen die voorbene uit. My eerste rooibok op die voet gejag. Ander voorheen net van voertuie af geskiet.

Oppad na my rooibok kom twee zebras reguit op my afgestap. Ek gaan le vinnig en `n 150gr bring die hings hard grond toe. Die ander zebra staan, en draf nog nader aan my. Nog `n 150gr doen sy werk en sy val ook hard.
By die rooibok is dit duidelik hoekom hy so onrustig gebly het. Waar die een horing afgebreek het is dit 100de brommers wat plek soek op die rou wond. Ook maar goed ek het hom verlos.

Die volgende oggend klap Benna vroeg-vroeg `n alleen gensbokkoei.

Erre is by `n trop elande en `n koei kry `n kopskoot. Nie 100% op die regte plek nie en draf eers `n paar 100m saam met die ander. Erre hou homself naloper en bolt agter die kwesbok aan en verlos haar vinnig van haar lyding.

Op een of ander manier sit ek skynbaar presies in die middel van elande se nooduitgang. Hulle draf reguit op my af. 300m...250m...200m...100m...50m...40m...30m. As ek nie nou iets doen nie gaan hulle my doodtrap. Sonder teveel moeite draai ek die Swarovki se vergroting na minimum, laat die eerste eland verby gaan omdat dit `n bul is en laat waai toe `n massiewe koei in haar spore vassteek. Dit was haar laaste beweging met`n 130gr BT @ 3250vt/s uit my 270. 308 verruil vir lg. met skote wat langer is as wat ons dink.

Die trop elande is met `n wye draai na Benna en Jakes. Ook Jakes kap `n bulletjie met `n 150gr BT agter die oor.

Later die dag skiet ek ook `n stokou rooihartebeesbul op 170m en nog `n mooi rooibokram op 180m wat alleen saam met `n paar vlakvarke kuier. Ek dink die rooibok was swaarder as die rooihartebees. Die rooi oue het baie sleg gelyk. Maer van die laaste seisoen se droogte.

Daar het nog zebras, varke en rooihartebeeste ook geval. Ek stuur fotos van bokke wat nie te aardig lyk na die jag nie. Jammer indien daar wel teveel bloed sigbaar is. Ek het probeer.

Geniet hom Tau.

Met `n vleisie...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Drie dubbels

Post by Mellies »

Nog...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Drie dubbels

Post by Mellies »

Nog...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Drie dubbels

Post by Mellies »

Nog...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Drie dubbels

Post by Mellies »

Nog...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: Drie dubbels

Post by SakoTrippel2 »

Mooi Geskryf Mellies! Nou lekker storie gelees. Julle het omtrent skade gemaak, maar klink my julle het goeie werk gedoen deur ook ou en beseerde/af horing bokke te skiet.

Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Drie dubbels

Post by Mellies »

Nog...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Drie dubbels

Post by Mellies »

Nog...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13511
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Drie dubbels

Post by Capt. Yoda »

Klink na n lekker bedryf die, mooi geskiet Mellies! Baie mooi vark en Eland daai

Ek sien die meeste manne in daai skiet groep verstaan darem van kalibers
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Drie dubbels

Post by Philip J »

Aitsa!
Dit lyk na n baie lekker trippie.
Netjie gedoen!
Groetnis
Philip
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Drie dubbels

Post by Plaashaas »

Lekker. Dankie vir die deel.
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Drie dubbels

Post by Joe13 »

Lekker met n vleisie, mooi geskiet.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Drie dubbels

Post by ruaanb »

Nee kyk julle het mooi gemaak! Dankie vir die deel!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Drie dubbels

Post by DWB »

Mooi man!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Drie dubbels

Post by tau »

Baie geluk!!!!!

Baie mooi bokke. Daai Eland is baie mooi.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
30-0Kwes
Full Member
Full Member
Posts: 133
Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am

Re: Drie dubbels

Post by 30-0Kwes »

Baie geluk. Daai is 'n mooi eland bul!
Broadbandboer

Re: Drie dubbels

Post by Broadbandboer »

Baie mooi man. Geluk!
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Drie dubbels

Post by jankraay »

Baie mooi Mellies. Julle het wragtig mooi gemaak.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Drie dubbels

Post by Gawie(13mm) »

Sjoe!
Baie geluk. Julle het voorwaar mooi gemaak.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: Drie dubbels

Post by BSniperEM »

Lekke ou Mellies, mooi geskryf ook!

Bly vir julle!!

Dankie dat julle manne my op hoogte gehou het deur elke dag se jag terwyl ek hier ver sit en myself jammer kry :'(

Ook maar goed ek was nie by nie... ++>: ++>:

Kan nie wag vir 23 Julie nie!

Chorts
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Drie dubbels

Post by Glocked »

Baie geluk met die klompie bokke ! Lekker gelees ook nou !
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Drie dubbels

Post by win270 »

Baie geluk, julle het omtrent goed gevaar!
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Drie dubbels

Post by theedge »

Baie geluk. Julle het voorwaar mooi gemaak.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Drie dubbels

Post by Mellies »

Dankie almal. Was n besondere jag wat vir altyd in die argiewe sal bly.

Frans,

Ons probeer altyd sover moontlik ou/siek/maer diere wegvat wat die doel is van so jag.

Sieb,

Hulle verstaan nie eintlik van kalibers, ek het die roere gekies.

Met n vleisie...
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Drie dubbels

Post by sako 30-06 »

Baie geluk, daar is n paar mooi diere wat meeste jagters graag sal wil jag.

Ek verstaan wat jy bedoel met jy probeer siek diere uitskiet, daar is baie bokke wat net een oog het sien ek.
Ook maar goed dat julle die siekes gehelp het ;D
Post Reply