Page 1 of 1

Wagenaarskraal 2019

Posted: Mon Jun 03, 2019 9:34 pm
by Gian_dP
Die afgelope naweek het ons span weer Karoo toe gesuiker om bietjie by die MacRoberts op Wagenaarskraal te gaan kuier en so bietjie te jag.

Donderdagoggend het almal so 05h00 se kant weggetrek uit Durbanville/Brackenfell om mekaar 06h00 by Worcester se Vida te kry.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/97fe755e7ea93a7d1b3e656ac2ec865a.jpg

Vinnige koffie en hot chocolate vir die kleinspan, toe is die konvooi op pad. 'n Paar "tradisionele" stoppe langs die pad - Wimpy brekfis op Laingsburg, koffie en pasteie by 4 Sheep in Beaufort-Wes het die tyd gou laat werbygaan.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/1e16849e4e78fcbb0c5ee42b193c7363.jpg

Na die reen wat onlangs in die area geval het, was dit heelwat groener as die afgelope paar jaar. Soos wat ons die laaste paar draaie op die grondpad gevat het, kon mens die opwinding omtrent voel.

Op die plaas aangekom, het ons gou uitgepak, iets geëet en seker gaan maak gewere is reg.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/5fa3b64682e2ae5e22955c6b81814890.jpg

Die eerste aand kom ons Andrew se nuwe vuurmaakplek goed inwei! Ek dink hy het 'n hele laning se bome afgekap om seker te maak hy het genoeg hout vir die naweek!

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/ca5521c397a1dd727e0b9841769e6f3b.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/c49ad51c88d93fc8cbf1aebdf665cf53.jpg

Vroeg Vrydag is ons uit die vere. Soos altyd het Carin seker gemaak ons gaan nie met honger mae veld toe nie. Vinnige "briefing" van wat die oggend se planne was, toe is elkeen by sy "spot" afgelaai.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/41499e75be5add896a4dc92b812eecc6.jpg

Eerste sessie het redelik stadig verloop, darem paar bokke geval. So 11h30 oorgeskuif na volgende kamp toe.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/558b89cead265cba3a3d3392fc088abf.jpg

Hier het die aksie aansienlik toegeneem. Een of twee manne se nuwe gewere wil nie lekker saamwerk nie, maar meeste van ons het darem al iets wat hang toe die dag verby is.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/ac62e4304cdc18c0c7231c5535e059dc.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/f75f350057f6ae04fe3629f06f7314da.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/d63762a3c1bcbe04a6265c2e70efe4b9.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/e51eec907e9a834844e6de1fca26c22b.jpg


//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/497625b5cd16eaac4584270851fe7f96.jpg

Volgende oggend is die konsentrasievlakke bietjie hoër, want daar is heelwat "tag" bokke in die kamp waar ons die saterdag gejag het. Gelukkig kom ons hulle vermei die jaar! Na die oggend se springbokke het, die aandag verskuif na gemsbokke toe. Daar was twee ouer diere wat afgehaal moes word.

Sonder te veel moeite is die twee koeie op die cruiser gelaai. Francois syne met 'n mooi bladskoot laat val, Wihan s'n mooi agter die oog geskiet met sy 6mm Creedmoor.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/aef4873390af3aca2279b3f715301418.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/2605e17ae271e5e638f334e62ae4ea16.jpg

Die aand vir oulaas om die vuur gekuier, soos altyd fantastiese tyd saam met vriende en familie gehad.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/e8f4791dc0bba590e1a06216bb507b4e.jpg

Re: Wagenaarskraal 2019

Posted: Mon Jun 03, 2019 10:49 pm
by WihandV
Ongelooflike herinneringe. Dankie Dr Dup

Re: Wagenaarskraal 2019

Posted: Tue Jun 04, 2019 5:42 am
by ruaanb
lekker manne! Niks so lekker soos n familie jag nie.

Re: Wagenaarskraal 2019

Posted: Tue Jun 04, 2019 6:26 am
by Mellies
Mooi gegooi.

Met n vleisie...

Re: Wagenaarskraal 2019

Posted: Tue Jun 04, 2019 6:46 am
by Gawie(13mm)
Baie dankie vir die deel.
Ek verlang sommer nou erg Karoo toe.
Nog net 2 slapies.

Re: Wagenaarskraal 2019

Posted: Tue Jun 04, 2019 8:08 am
by Plaashaas
Lekker! Dankie vir die deel

Re: Wagenaarskraal 2019

Posted: Tue Jun 04, 2019 9:30 am
by tau
Baie geluk julle. Lyk na great familie ervaring.

Opvallend hoe familie jagte deesdae baie gewild raak as ek vat as kind was dit net die Pa's wat gaan jag het op hulle eie tot jy oud genoeg was om saam te gaan. Dit is great dat ons 'n nuwe generasie kan kweek, of altans 'n algemen praktyd.

Re: Wagenaarskraal 2019

Posted: Tue Jun 04, 2019 9:45 am
by FrancoisW
Baie nice. Die familie jagte is 'n hoogte punt. Sien nou eers uit na ons tirp einde Junie.

Re: Wagenaarskraal 2019

Posted: Wed Jun 05, 2019 11:02 am
by Apie
Oorlekker!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wagenaarskraal 2019

Posted: Mon Jun 10, 2019 3:21 am
by Geno
Netjies en baie geluk met julle jag!

Re: Wagenaarskraal 2019

Posted: Mon Jun 10, 2019 9:00 am
by Carl
Dit lyk na 'n baie lekker jag, stem dis goed om te sien die kinders wat saam met die pa's gaan. Baie beter storie as die musiek videos ;)

* Lekker om te hoor die wêreld het reën gekry.

Re: Wagenaarskraal 2019

Posted: Mon Jun 10, 2019 10:46 am
by Chevvy SS
Lekker Gian!

Re: Wagenaarskraal 2019

Posted: Tue Jun 18, 2019 9:21 am
by dawiec
lekker familie ervaring Gian! Wihan ek sien die RPR het mooi gemaak :-)

Re: Wagenaarskraal 2019

Posted: Tue Jun 18, 2019 10:59 am
by WihandV
Ek en die 6mm Creed RPR moes mekaar die eerste dag bietjie vind. Reken bokkoors het die beter van my gekry want hy het die middag op die nommer geskiet to eek gaan bepaal waar die probleem lê. Dag twee op die gems het ons mekaar darem mooi gevind.

Re: Wagenaarskraal 2019

Posted: Tue Jun 18, 2019 1:28 pm
by Wouter Roets
Baie geluk manne! Welgedaan. Gian dankie vir die vertel en lekker kiekies.