Page 1 of 1
Persoon onbevoeg verklaar, wapens verkoop.
Posted: Thu Jun 06, 2019 6:04 am
by Jake1
'n kennis van 'n kennis is onbevoeg verklaar sy appèl daarteen is ook afgekeur, dus is sy wapens ingeneem deur polisiestasie, hy wil nou die wapens verkoop aan 'n handelaar
Is dit moontlik?
Indien wel hoe kry mens dit uit polisiestasie? om op handelaar se voorraad te sit?
Groetnis
Jaco
Re: Persoon onbevoeg verklaar, wapens verkoop.
Posted: Thu Jun 06, 2019 7:23 am
by Toxxyc
Ek stel voor hy praat met 'n prokereur. Die behoort te help. Dis 'n taai situasie.
Wat het die ou gedoen om onbevoeg verklaar te word?
Re: Persoon onbevoeg verklaar, wapens verkoop.
Posted: Thu Jun 06, 2019 7:31 am
by OosKaapJagter
Google "Firearms control Act 60 van 2000". Gaan af na artikel 104 (3) en lees die prosedure daar.
Hy het, kortliks gestel, 60 dae tyd (wat verleng kan word) om deur 'n handelaar oor sy wapens en ammunisie te beskik. Sou hy niks doen nie, word dit vernietig.
Re: Persoon onbevoeg verklaar, wapens verkoop.
Posted: Thu Jun 06, 2019 4:42 pm
by win270
Nou vir 'n oomblik gedink dis dalk Arno Jordaan wat in die moeilikheid is.

Re: Persoon onbevoeg verklaar, wapens verkoop.
Posted: Fri Jun 07, 2019 7:00 am
by Toxxyc
win270 wrote:Nou vir 'n oomblik gedink dis dalk Arno Jordaan wat in die moeilikheid is.

Eeeeeeen daar is koffie op my keyboard. Dankie.