Page 1 of 1

Wilde Makoue probleem in Wes Kaap of nie

Posted: Tue Jun 18, 2019 8:01 am
by Arnold van Wyk
More manne, het gister weer wilde makoue gaan skiet. Ek is verbaas oor die getalle praat van duisende en oordryf nie. Weet hulle verwoes jong koring lande, wonder net hoekom mens so min jagters daar kry wat hulle skiet.
Ek kla nie die volgende paar naweke is ons elke Saterdag daar.

Re: Wilde Makoue probleem is Wes Kaap of nie

Posted: Tue Jun 18, 2019 8:06 am
by tripodmvr
Praat met Gawie. Hy is gereeld op hul spoor.

Re: Wilde Makoue probleem in Wes Kaap of nie

Posted: Tue Jun 18, 2019 8:08 am
by ruaanb
hulle is n probleem so roer hulle

Re: Wilde Makoue probleem in Wes Kaap of nie

Posted: Tue Jun 18, 2019 8:19 am
by Arnold van Wyk
My dogter 250m skoot.

Re: Wilde Makoue probleem in Wes Kaap of nie

Posted: Tue Jun 18, 2019 10:52 am
by JohanvB
Daai koeêls klap so lekker op hulle!!!

Re: Wilde Makoue probleem in Wes Kaap of nie

Posted: Tue Jun 18, 2019 2:01 pm
by Arnold
Ons ken te min boere anders was daar seker meer jagters besig :)

Re: Wilde Makoue probleem in Wes Kaap of nie

Posted: Tue Jun 18, 2019 2:26 pm
by Dumbluck
Arnold wrote:Ons ken te min boere anders was daar seker meer jagters besig :)
Sal self ook nie omgee vir so uitnodiging nie :)

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Wilde Makoue probleem in Wes Kaap of nie

Posted: Tue Jun 18, 2019 2:45 pm
by Gawie(13mm)
Die probleem is maar soos op enige ander plek waar jy probleem diere moet aanspreek.
Een boer is gretig, maar dan is sy twee buurmanne anti-jag en skiet. Ja, daar bestaan sulke koring boere ook. :-\
Net so is daar baie cowboys wat alles voor die voet doodskiet.
Patryse, poelpetane en alles wat beweeg of vlieg.
Dit het my en my skietmaat amper 8 jaar gevat om toegang tot 'n sekere blok plase te kry en nodat ons die grondeienaars se toestemming en vertroue het, het ons vrye toegang tot hul grond. Ons reël so nou en dan 'n skietdag vir ons vriende, maar soos enige ander pes hou hul nooit by die afgespreekte plek en tyd nie. >:D Dus nou die makoue; nie ons vriende nie. ;D

Met alles wat nou hier in die Boland gebeur rondom plaasaanvalle is almal redelik paraat en as daar 'n skoot klap gons die radios en die Whatsapp groepe. Dit kos dus redelike rompslomp om voor die tyd almal in die omgewing in kennis te stel anders word jy vinnig deur die plaaswag en die polisie gekonfronteer. :police:

Ek wag vir julle PM's, maar die bakkie is vol vir die volgende 2 maande en my drywer herstel nog van 'n knievervanging, so daar is my storie. Ek belowe niks. :)

Re: Wilde Makoue probleem in Wes Kaap of nie

Posted: Tue Jun 18, 2019 4:27 pm
by Riebeeker
Daar is n fantastiese wilde makou jag wat elke jaar aangebied word ten bate van die NG Kerk Riebeek Wes. Dit is in Julie. Sal gou datums kry en laat weet.

Re: Wilde Makoue probleem in Wes Kaap of nie

Posted: Tue Jun 18, 2019 10:24 pm
by slagdop
Wilde makou, kolgaans en tarrentaal is 'n verpesting hier in Bredasdorp/Napier omgewing. Graan en canola boere kry swaar. Ek help natuurlik met graagte waar ek kan en die plaaswerkers waardeer die ekstra vleisie.

Re: Wilde Makoue probleem in Wes Kaap of nie

Posted: Wed Feb 05, 2020 1:18 pm
by satdiverlouis
Naan manne. Vang nou n ou post hier. Hoop alles loop mooi. Ek wou graag hoor by julle of julle plek het vir nog n man? ek bly in Stellenbosch huidiglik. Ek was nou vir 2 Jaar in Bloemfontein. Ek skiet gereeld deur die week en naweke. My werk laat my toe om te gaan wanneer ek wil wanneer ek tuis is.
Ek hoor graag van julle.
Groetnis
Louis

Sent from my MI 8 Lite using Tapatalk