Swak dag op die baan
Posted: Mon Jun 24, 2019 8:44 pm
Nou ja manne ek gaan die ys breek en die ene begin.
Ek ry volgende week die 3de Julie tot en met die 8ste Tierkop toe vir ons lang afstand jag.
Ek het seker 4weke laas aan my LA roer gevat en besluit ek sal moet seker maak al my goed is reg voor ek die jag aanpak. Ek is die naweek wat kom nie by die huis nie so dit moet in die week gebeur.
Ek ry vanmiddag uit baan toe en slaan die springbok gong op. Ry terug en sien ons is op 967m. Ek is so opgewonde soos n klein kind op kersdag oor daar nie erge wind is nie(3mph) en hy kom direk uit 9uur uit
Ek gaan le, maak seker alles is reg(DA, Azimuth, Latitude en geweer profiel) maak seker van my asemhaling en laat waai. Skoot is net bietjie regs onder die nek deur. Pas toe my wind en en hou bietjie regs vir die ekstra wind wat ons van nerens af kan sien nie. Skoot gaan af en nog geen hit nie ek bly laag.
Na skoot 12 bly daai gong so der n swart kol en hier begin ek oral fout soek. Ek het geen tools saamgevat nie so ek kan nie kyk of al die skroewe vas is nie maar nou ja, na my laaste oefen sessie so glad verloop het kon ek nie dink daar sou n fout wees nie.
Ek kom toe terug 450m en die 1ste skoot is hoog en regs maar n hit. Stel toe terug in die wind in en sak 1 click(0.1 Mil) skiet toe in die middel maar laag. Skiet nog 2 skote wat altwee in die middel is en stel toe weer vir 967m. Ek skiet toe 1ste skoot en daarsy...bok beweeg mooi skoot op die blad. 2de skoot is toe CMH en ek is gelukkig met hom ook. Die skote is toe baie naby aan mekaar.
Ek besluit toe om my 3de skoot te skiet en hier begin die gemors. Hy hit 0.8mil laag op daai afstand (77cm). Die volgende skoot slaan so 50m voor die bok die grond. Nou ja hier besluit ek toe om sommer strings te skiet want my dinges is nou mooi in n krul getrek.
Besluit toe om eerder op te pak want dit is my slegste rekord ooit. Ek skiet met amper geen wind 2/30 raak onder 1000m en dit is vir my onanvaarbaar.
By die huis vra ek n paar vriende vir raad waar een uit wys dat ek na my aksie skroewe moet kyk. Ek het toe al klaar die ringe en alles beloer en hulle almal is reg. Draai die roer om en daar sit die gemors. Die voorste aksie skroef is 2 rotasies los en ek draai hom glad met die hand.
Hier is wat ek geleer het vandag:
- Jy kan dink jou goed is reg maar maak eerder seker.
- na jou 5de skoot nie reg is nie en jy is seker gewees van elke skoot stop eerder en begin soek na die fout.
- Vat van nou af my torque wrench en skroewedraaier stel saam baan toe asook my gun vice.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk