Page 1 of 1

Die regte lugdruk vir apps?

Posted: Thu Jul 25, 2019 8:11 pm
by Eight
Ek wil hoor by die ouens wat weet, as jy met Strelok pro die lugdruk meet met bv n iphone is dit die regte lugdruk? Soos ek verstaan moet jy nie barometriese druk gebruik nie maar stasie druk. Ek het n weatherflow meter en wil ook weet of die lugdruk wat hy gee die korrekte meting is?

Re: Die regte lugdruk vir apps?

Posted: Thu Jul 25, 2019 8:48 pm
by Gawie(13mm)

Re: Die regte lugdruk vir apps?

Posted: Fri Jul 26, 2019 5:47 am
by Gbyleveldt
Barometriese druk is aangepas vir hoogte bo see vlak. As jy dit gebruik, moet jy jou hoogte bo seevlak ook invoer om die korrekte druk te bepaal. Stasie druk is jou werklike druk waar jy tans is en is immers die nommer wat belangrik is, en moet dus net so ingevoer word (sonder hoogte bo seevlak). Altwee maniere gee dieselfde resultaat, maar dis belangrik om die verskil te verstaan sodat jy die regte nommer(s) gebruik.

Re: Die regte lugdruk vir apps?

Posted: Fri Jul 26, 2019 8:15 am
by Eight
Baie dankie Gbyleveldt nou is my volgende vraag. Wat kan ek gebruik om stasie druk korrek te meet? Gee die Weatherflow windmeter die regte druk of is dit net die Kestrel’s?

Re: Die regte lugdruk vir apps?

Posted: Fri Jul 26, 2019 11:49 am
by Smitstertjies
Op Strelok gaan ek as volg te werk.

Wanneer ek zero word die volgende 3 veranderlikes ingesit: Temperatuur, Humiditeit en Stasie druk in hPa.
Ek gebruik n Kestrel. Maak seker dat jou reference altitude op jou Kestrel na nul gestel is, dan sal jou Baro lesing altyd in stasie druk wees, maak nie saak waar jy jouself bevind nie.

Daarna gebruik ek slegs die Density Altitude funksie as ek skiet. Jy kan ook jou slimfoon gebruik om jou stasiedruk min of meer te bevestig teenoor jou Kestrel. Hier waar ons skiet op die hoeveld is stasiedruk meestal in die omgewing van 850 hPa, en by die kus sal dit meer na 1020 hPa se omgewing neig.

Ek ken ongelukkig nie die weatherflow nie.

Re: Die regte lugdruk vir apps?

Posted: Fri Jul 26, 2019 1:41 pm
by Gbyleveldt
Eight wrote:Baie dankie Gbyleveldt nou is my volgende vraag. Wat kan ek gebruik om stasie druk korrek te meet? Gee die Weatherflow windmeter die regte druk of is dit net die Kestrel’s?
Sorry meester, ken hom nie. Ek gebruik ook Kestrel. Eks seker jy sal jou antwoord by die Weatherflow manne kry. As ek moes raai, sal Smitstertjies se advies hierbo heel moontlik korrek wees.

Re: Die regte lugdruk vir apps?

Posted: Fri Jul 26, 2019 3:39 pm
by ruaanb
Ek gebruik Weatherflow op dieselfde manier. Smitstertjies se advies is korrek.