Page 1 of 1

Motivering vir dieselfde wapen

Posted: Wed Jul 31, 2019 7:39 am
by OosKaapJagter
Tydens 'n uitstappie om vir 'n vriend te help soek na 'n wapen, het ek geswig voor 'n versoeking.

Onlangs het ek 'n .22 Anschutz gekoop wat 'n puik speelding is. Gister kry ek toe 'n soortgelyke een in 'n puik toestand met 'n teleskoop vir R4000.

Al verskil is dat die een wat ek nou gekry het 'n korter 16 duim loop het.

Met toegewyde jagter status wil ek net vra vir voorstelle om seker te maak die aansoek word goedgekeur.

Ek oorweeg reeds die volgende:

1. Die korter loop sal meer rigied wees en dus meer geskik vir bv die SA Jagters posliga.

2. Die ander geweer het oopvisiere en 'n tradisionele voorkoms; ek wil nie 'n groot teleskoop opsit nie (wat ek wel met die nuwe een kan doen).

3. Die korter loop is meer hanteerbaar vir die jag van tarentale ens. waar dit ruig is.

Die eintlike regtige rede is ek wou hom hê! ;D


Enige voorstelle van manne wat al baie wapens gelisensieër het sal waardeer word.

Re: Motivering vir dieselfde wapen

Posted: Wed Jul 31, 2019 7:54 am
by tripodmvr
Teleskoop/ nie teleskoop is 'n sterk betoog. Vir die posligskiet help brille van so 20x en groter om die gate op 50m te kan sien. Gebruik dit as hoofmotivering. Die .22 is meer vir oefening as werklike jag.

Kry ook jou toegewyde sportskut status dan het jy die vermoë om baie verskillende wapens te motiveer.

Re: Motivering vir dieselfde wapen

Posted: Wed Jul 31, 2019 8:37 am
by Ds J
Lang loop - langafstand teikenskiet, oefen met gesinslede ens. Uitsluitlik n baangeweer.

Korter loop kry n ordentlike teleskoop en n knaldemper - uitsluitlik vir jag en veral plaagbeheer, bv om uit die bakkie te kans skiet.

Re: Motivering vir dieselfde wapen

Posted: Wed Jul 31, 2019 11:15 am
by OosKaapJagter
Baie dankie.

Ek gaan die vingerafdrukke en kwitansie ding eers gou doen. Die motivering tesame met 'n uitnodiging om te jag sal volg.

Die toegewyde sportskut status sal ook 'n prioriteit wees vir volgende keer. Hierdie was nie 'n beplande koop nie.