Nog 'n lekker naweek...
Posted: Sun Aug 04, 2019 7:57 pm
Goeie naand almal...
My pa het my verras en Donderdag aand vir my gesĂȘ ons moet ons jaggoed pak...ons gaan Kalahari toe. Ons het vroeg oggend op die plaas aangekom en eers die oom se diere kos gegee... Daar was 'n mak boerbok wat baie komieklik was.
Ek het 'n baie mooi gemsbok geskiet met my pa se .308 met 165gr Game King Spitzer. Ons was Vrydagaand laat weer tuis en min het ek geweet my pa het weer iets gereel vir Saterdag. Ek was baie bevoorreg om 'n swart springbok en 'n blouwildebeesbullietjie te skiet. Ek het die springbok geskiet met my .223 met 55gr Sgk Spitzer. My pa het ook 'n mooi blouwildebees geskiet met sy maat se .375 met 230gr Peregrine. My pa het ook kans gekry op 2 swart springbokke. Hier is 'n paar fotos.
Mooi week aan almal...