Lekker jag terwyl ons in tente slaap
Posted: Wed Aug 07, 2019 3:53 pm
Hi almal,
Ek deel graag een van my lekkerste jagte nog wat ek en Ruben saam gehad het.
Ons was so 40km buite Nylstroom op die Vaalwater pad. Dit was ek met twee vriende en ons kinders. Die naweek het oor die kinders gegaan. Lekker tyd met hulle te spandeer en dat hulle skiet geleentheid kry.
Ons het eers Vrydag so 17:15 op die plaas gestop. Die tannie wou nog dat ons vinnig 'n draai ry maar ek moes nog eers gaan tent opslaan. Ek en Ruben het tent op geslaan. Terwyl ek die res van die goed uit pak en op hul plek kry voor dit donker raak, het Ruben die vuur aan gesteek en met die oom van die plaas begin jag stories praat.
Net na donker het die res van die geselskap daar gestop. Gelukkig was hulle tente kla op geslaan en kon net af pak met 'n koue ding in die hand. Ons het elke aand net lekker vleis van die vuur geeet en ek het vir ons 'n vars broodjie in die varkie gebak.
Saterdag oggend 4:20 maak Ruben my wakker en vra of ons maar kan op staan. Ek kyk op die horlosie en vra of is hy nou mal dis dan 4:20 die oggend. Hy antwoord toe maar hy hoor dan die oom se hoender haan wat kraai. Ek het lekker gelag want dis die kappok wat kraai met dag breuk. 5:00 is ek en hy uit die tent en drink 'n lekker koffie langs die vuur.
Net na 7:00 het ons gou die gewere geskiet en almal was reg vir jag. Sommer vinnig na ons af gelaai is kry ons die rooibokke saam drie jong kudu bulle. Die wind is ons guns en ons bekruip hulle lekker naby tot op so 60m. Hy skiet die ram mooi in die bors en hy val net daar. Hy het met die 30-06 geskiet wat gelaai is met Barnes TTSX 180gr punte.
Na middag ete en 'n vinnige slapie is ons weer terug veld toe. Van 14:30 tot die laaste skoot het ek en hy 4.7km gestap. Ons het net voor son onder weer die rooibokke gekry. Gras was hoog en mens sien net nek en kop wanneer hulle hul koppe optel. Ek kyk deur die verkyker en Ruben oor die skietstok deur sy teleskoop. Ons sien toe die ram. Toe die ram weer sy kop op tel toe loop die skoot. Sal bietjie op 'n ander draad vertel hoe daai barnes nie so lekker op die kop skoot gewerk het nie. Skoot was halwe duim te laag. Ons het gelukkig die bok heeltyd gevolg en gesien waar hy val in die lang gras. Dit was so 500m van waar hy geskiet was.
Wat die ervaring vir my so lekker gemaak het was kwaliteit tyd saam my seun, die basiese geriewe, lekker stap en jag, kinders wat waardeer om dit te kan doen en natuurlik lekker vriende om die vuur.
Ruben se eerste Rooibok Punt wat herwin is. In die lies gekry. Ruben se tweede Rooibok