Page 1 of 1

Howa APC - enigiemand met ervaring op hom?

Posted: Sat Aug 10, 2019 3:56 pm
by Fafa
Hi manne

Ekt onlangs 'n baie mooi geweertjie gesien wat my belangstelling getrek het. Dis 'n Howa APC in 6.5CM, 26" Heavy Barrel en 1:8 twist rate. Loer gerus hier: https://www.howausa.com/apc-rifle
https://static.wixstatic.com/media/438eb3_aef6d9fc6bac4bb69b8ac9d1ad301e2e~mv2.jpg/v1/crop/x_0,y_0,w_4646,h_1180/fill/w_1836,h_464,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01/438eb3_aef6d9fc6bac4bb69b8ac9d1ad301e2e~mv2.webp

Ek het 'n paar jag-roere en wil graag iets aanskaf om staal op 500m plus te skiet en miskien 'n veldskiet kompetisie van tyd tot tyd.

Het enigiemand ervaring met die roer? Sal hy 'n goeie keuse wees as eerste geweer vir die doel, of bou mens eerder 'n Warrior chassis op?

By voorbaat dankie!

Re: Howa APC - enigiemand met ervaring op hom?

Posted: Sat Aug 10, 2019 6:21 pm
by Gawie(13mm)
Faffa, ek is 'n baie groot Howa aanhanger, maar die APC dop 'n paar toetse. Die grootste daarvan is die magesyn knip wat voor die magesyn sit. Indien jy oor 'n sandsak of stomp moet skiet en die geweer voorentoe druk kan die magesyn uitval. Ek praat uit ondervinding. Dus een van die redes hoekom ek 'n Archangel kolf gekoop het.

MDT, Warrior of KRG met AI magesyne sou my eerste keuse wees.

Re: Howa APC - enigiemand met ervaring op hom?

Posted: Sat Aug 10, 2019 11:52 pm
by Choppie
Stel ook belang, maar my geweerwinkel het my afgeraai. Hulle sê ook dat die kolf 'n AR styl kolf is wat baie los is en speling op het. Kyk na die chasis wat Gawie noem.

Re: Howa APC - enigiemand met ervaring op hom?

Posted: Sun Aug 11, 2019 1:06 am
by Dumbluck
Ek het hierdie Howa Chassis in my hande gehad toe ek my 223 gaan koop het, hy het dieselfde buttstock op en ek kan bevestig hy is nie stewig nie. Dalk is daar 'n verstelling op dit reg te stel maar ek was nie op daardie stadium beindruk nie.

Boonop was die extra koste vir die chassis 'n MDT se prys. Ek het hom toe met die standaard hogue kolf geneem en later besluit op 'n MDT gekry.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180512/ceeab44a659b4035eb1050f261cc8eab.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190810/63660a9fe323bd9cd4016f7c504a4b28.jpg

Re: Howa APC - enigiemand met ervaring op hom?

Posted: Sun Aug 11, 2019 6:06 pm
by Fafa
Manne, dis uitstekende raad - baie dankie!! So ek weet dis dan 'n tweede vraag wat 'n nuwe blikkie wurms oopmaak, maar hoe besluit mens dan op die tipe kolf (gegewe die keuses en my beoogde toepassing)? Ek is baie gelukkig om self op te lees as julle my in die regte rigting kan stuur (wil nie onnodig vra as dit klaar beantwoord is nie) - ek wil net nie koop en spyt wees en weer moet koop nie.

Re: Howa APC - enigiemand met ervaring op hom?

Posted: Sun Aug 11, 2019 6:07 pm
by Fafa
Dumbluck wrote:Ek het hierdie Howa Chassis in my hande gehad toe ek my 223 gaan koop het, hy het dieselfde buttstock op en ek kan bevestig hy is nie stewig nie. Dalk is daar 'n verstelling op dit reg te stel maar ek was nie op daardie stadium beindruk nie.

Boonop was die extra koste vir die chassis 'n MDT se prys. Ek het hom toe met die standaard hogue kolf geneem en later besluit op 'n MDT gekry.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180512/ceeab44a659b4035eb1050f261cc8eab.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190810/63660a9fe323bd9cd4016f7c504a4b28.jpg
Is daai 'n trofee of 'n troeteldier in die tweede foto? :laugh:

Re: Howa APC - enigiemand met ervaring op hom?

Posted: Mon Aug 12, 2019 5:34 am
by Dumbluck
Jong daai kat is vêr bo my op die ranglys, as sy iets oorkom kan ek ma my tassies pak

Sent from my SM-G973F using Tapatalk