Page 1 of 1

monster bosvark! 93kg!

Posted: Tue Nov 10, 2009 12:48 pm
by Nico Harris
kop skoot op 13m. 30-06 met 180gr rhino teen 2400ft/s!
58kg uitgeslag!

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/DSCF1090.jpg

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Tue Nov 10, 2009 3:13 pm
by Freek
Harris, pragtig man sien jy wag tot hy lekker naby is voordat jy skiet... :o Darrem maar lekker die adrenalien rush wat die "arm man se leeu" in die jag veld veroorsaak. 8)

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Tue Nov 10, 2009 3:57 pm
by Nico Harris
Ek skiet my varke op n voer plek, dis hoekom hy so naby was. Het twee aande later op die selfde bait n 88kg en n 40kg sog geskiet op dieselfde afstand ;D

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Tue Nov 10, 2009 7:37 pm
by Gerhard
Awesome otter daai...

Baie geluk.

Waar jag jy dat die varke so groot word?

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Tue Nov 10, 2009 8:23 pm
by Nico Harris
In natal!! alles is mos groter hier!!

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Wed Nov 11, 2009 12:33 pm
by Gerhard
Mooi man!!!

Waar in Natal?

Ek is in Hillcrest.

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Wed Nov 11, 2009 3:54 pm
by Nico Harris
so jy bly ook in die land van melk en heuning!! waar jag jy probleem diere Gerhard?

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Wed Nov 11, 2009 6:24 pm
by Gerhard
Ek het nou onlangs af getrek Hillcrest toe.

Het meeste van my jakkalse gejag in Pretoria om gewing en dan Ellisras en Thabazimbi omgewing.

Ek is opsoek na plek hier in Natal waar ek kan bosvarke skiet met die boog.

As jy kan help sal dit baie gaaf wees.

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Wed Nov 11, 2009 6:29 pm
by Nico Harris
on kan n plan try maak. sukkel op die oomblik om n lekker voerplek aan die go te kry maar sodra ek een het sal ek jou laat weet!

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Wed Nov 11, 2009 6:33 pm
by Gerhard
PM my met jou kontak besonderhede.

Ek het vriend wat spes in bosvarke in Groblersdal en hy het goeie resep vir voer plek.

Groete

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Sun Nov 22, 2009 12:12 pm
by tafjak
Freek

Hierie is net vir jou. Kan nou nie sulke monsters doodkry nie, so skiet maar 'n paar.
Image

Begin nou al 'n paar jaar om die die roepmetode te verfyn op die gedroggies. Lyk of die sukses al hoe groter word. Kon die 3de een ook skiet, maar was nie geskik om die vleis te verwerk na oorloggie nie, so hy is sommer in die veld gelos vir arme jakkalse om te aas(geen lammers meer oor in die kamp).

Groetnis

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Sun Nov 22, 2009 12:27 pm
by Freek
Taffie, Taffie, Taffie... jy's nie ernstig nie, het jy regtig die goed nader geroep? Mooi variekies daai, geluk man. 8) Maar ek byt nog nie lekker aan die sukses van roep metode op bosvarke nie. Sal daarvan hou as jy so bietjie kan uitbrei.

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Sun Nov 22, 2009 1:22 pm
by tafjak
Freek

Dink jy ek sal op hierie forum so iets kwytraak as dit 'n leuen is?


Het gisteraand geroep toe so na 25min die varke teen hang van rand gewaar. Hulle was slegs besig om te skoffel op die onderpunt van fontein. Hulle het ook nooit aan my roepery gesteur nie. Na 'n lang ruk stilte begin ek met Javelina en jakkalsbaklei ek sien die ouens toon belangstelling. Maar toe ek die kleinjakkalsie distres opsit, was die gort gaar en die manne kom daar teen die rand afgestorm en wil niks weet van 'n stoppery en dit het ses skote geneem om die 3 dood te kry. Wat 'n belewenis.

En ja, voor ek vergeet, sneeuwitjie was my ouma en Oprah werk in my ma se tuin. Ek het op hulle uitgery.

Lekker dag.

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Sun Nov 22, 2009 2:37 pm
by Freddie101
Tafman
Het ook laasweek op 3 afgery. Paar jaar terug was hulle onbekend in ons omgewing.
Groete freddie

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Sun Nov 22, 2009 3:18 pm
by britsman
Freddie,
Freddie101 wrote: .................hulle onbekend in ons omgewing.
        Hey, Boet. Praat jy bosvarke of vlakvarke?

      Onthou Kerels ek het die die opname van Jakes se Varkie in Distress. Weens "copyright" regte kan ek dit nie op Photobucket sit nie. Se as van julle dit soek dan PM ek dit vir die wat belangstel.

          groete,
                    brits

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Sun Nov 22, 2009 3:26 pm
by britsman
Manne,
           
britsman wrote:  .......... dan PM ek dit vir die wat belangstel.
        "Sorry" man ek kan dit net e-mail.

        groete,
                  brits

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Sun Nov 22, 2009 8:49 pm
by Freek
Sir Britsman sir, pos asb daai vark distress na my kant toe... ek is juis besig om die night vision se lense af te stof en die baterye te vervang. Die boere se mielies is hard aan die groei en een van die dae gaat ons moet help om hulle uit die lande te hou. Dis dan daai tyd wat ek die "calling" op hulle gaan probeer. My beplande tegniek is soos volg:

1. Stap om land totdat varke gehoor word wat besig is om mielies te breek.

2. Plaas roeper uit en neem stelling so 30m wind af in, met die 30-06 en "nightvision"

3. Laat waai met vark distress en Javelina

4. Sal julle dan daarna weer update gee of die bosvarke saam gespeel het...

Ek glo dis die beste manier wat ons reaksie gaan kry indien enig.

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Sun Nov 22, 2009 8:54 pm
by Freek
Taffie
Maar toe ek die kleinjakkalsie distres opsit, was die gort gaar en die manne kom daar teen die rand afgestorm en wil niks weet van 'n stoppery en dit het ses skote geneem om die 3 dood te kry. Wat 'n belewenis....

Sien jy nou hoekom het ek my stoel "Die BOSVARK" gedoop? As die vark eers los gelaat word draai die hel op die vlekkies ;) 8)

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Mon Nov 23, 2009 12:32 pm
by Gerhard
Britsman

stuur aan asb.

Sal graag wil hoor hoe dit klink

Re: monster bosvark! 93kg!

Posted: Thu Nov 26, 2009 1:26 pm
by Robert
Britsman
Kan ek ASB ook een van die varkies wat stress opnames kry?

Wardeer jou moeite

Robert