Page 1 of 1
Barrel Life Calculator
Posted: Thu Nov 17, 2011 10:53 am
by Lourens
More manne,
In my navorsing oor die 243 WSSM het ek op dievolgende baie handige excel sheet afgekom. Dit bereken die hoeveelheid skote wat dit min of meer sal neem om 'n loop uit te skiet en akkuraatheid by die deur begin uitwaai. Die manne op die blad waar ek dit gekry het beweer die berekening is nogal heel akkuraat. Dit kan dalk 'n lekker riglyn wees. Die "powder heat potential" en druk van die lading kan jy in Quickload kry.
Hier is die file:
http://dl.dropbox.com/u/49744679/barrellifeupdate.xls
Copy net die link in jou browser se address bar en slaan enter en dan sal hy download. As iemand sukkel pm my dan mail ek hom vir jou.
Groete,
Lourens
Re: Barrel Life Calculator
Posted: Thu Nov 17, 2011 12:22 pm
by Nico Harris
vlogens daardie ding gaan my 243 se loop net 1500 skote hou met 65gr teen 3400ft/s? klink vir my maar bietjie laag!
Re: Barrel Life Calculator
Posted: Thu Nov 17, 2011 2:12 pm
by Biltongjagter
In daardie berekening word n?rens die verskillende graveringsdrukvlakke van verskillende tipes koe?ls in ag geneem nie.
Bv. met dryfband koe?ls is die graveringsdruk tot net 1/3 di? van nie-dryfband koe?ls.
Dit is ook 'n loop slytasie faktor wat beslis in ag geneem behoort te word om meer akkurate data te kan voortbring.
Groete,
Koos.
Re: Barrel Life Calculator
Posted: Thu Nov 17, 2011 2:41 pm
by James Wilson
Biltongjagter wrote:
In daardie berekening word n?rens die verskillende graveringsdrukvlakke van verskillende tipes koe?ls in ag geneem nie.
Bv. met dryfband koe?ls is die graveringsdruk tot net 1/3 di? van nie-dryfband koe?ls.
Dit is ook 'n loop slytasie faktor wat beslis in ag geneem behoort te word om meer akkurate data te kan voortbring.
Groete,
Koos.
Koos, vertel /verduidelik so bietjie meer. klink of verskillende fabrikate of vorms verskillende sluitasie faktore het. klink reg, maar verduidelik dit tog in leke taal.
dankie
Re: Barrel Life Calculator
Posted: Thu Nov 17, 2011 3:26 pm
by Biltongjagter
Hier is die volledige verduideliking soos deur Gerard uiteengesit -
Ek het proewe gedoen met groewe en dryfbande in '95 tot '97.
Die hoof rede waarom ek besluit het op dryfbande, in plaas van groewe, was die vermindering in grafeerdruk wat dryfbande gegee het. Die voordeel is dat die koe?l minder weerstand bied teen versnelling, wanneer dit die riwwe van die loop ontmoet.
As mens dan na die drukgrafiek kyk, wat deur verskillende tipes koe?ls gemaak word, is die styging van druk met dryfband koe?ls stadiger, die grafiek se piek is verder af in die loop en die totale area onder die grafieklyn is groter. Dit volg dan dat die trompsnelheid verhoog, sonder dat die piek-drukvlak oorskry word.
Die grafeerdruk van 'n koe?l word bepaal deur die volume, treksterkte en die eienskappe van die materiaal van die koe?l, wat verplaas word deur die riwwe van die loop.
Addisionele voordele wat ook volg is:
1. Mens moet vinniger ontbrandende dryfmiddel gebruik en dit verlaag die terugskop van die geweer.
2. Daar is veel minder vibrasie (verkeerde woord maar die regte woord verg 'n lang verduideliking en ek ken net die Engelse terme) soos wat die koe?l versnel vanaf dop tot volledig in die riwwe van die loop. Mens sien dit weereens op die drukgrafiek waar gegroefde, of gladde koe?ls, met 'n saagtandlyn opskuif en dryfband koe?ls 'n feitlik gladde lyn het. Dit vereenvoudig lading ontwikkeling.
3. Die dryfbande kan gemaak word om selfs ietwat verslete lope te se?l, omdat die koe?l se skag deur die riwwe van die loop in lyn gehou word en die dryfbande die loop se?l. Met 'n gegroefde of gladde monometaal koe?l, is dit wenslik om die koe?l effens onder grootte te maak, om druk te vermy. Onder grootte koe?ls het dus twee onvermydelike eienskappe waarme druk in toom gehou word:
(a) Gas kan by die koe?l verby ontsnap.
(b) die volume van materiaal wat deur die riwwe van die loop verplaas word, word deur onder grootte verminder.
Tipiese grafeerdruk in lb/vk duim is soos volg:
750 tot 1000 - Koper dryfband mono koe?ls; (GSCHV tipe koe?ls).
1100 tot 1400 - Geelkoper dryfband mono koe?ls;
3500 tot 4500 - Gemantelde loodkern koe?ls;
4400 tot 5000 - Gegroefde koper mono koe?ls;
5000 tot 5500 - Gegroefde geelkoper mono koe?ls; en
5000 tot 9000 - Gladde koper en geelkoper mono koe?ls.
Ek vertrou dat die verduideliking uitwys dat dit 'n belangrike faktor is in daardie tipe berekening.
So Nico, jou .243 se loop sal baie meer as 1500 skote akkuraat kan skiet

Re: Barrel Life Calculator
Posted: Fri Nov 18, 2011 10:57 am
by James Wilson
danki,sal dit opswot