Page 1 of 1
7x57 AI - Watter tipe spoed met 185 gr RDF?
Posted: Thu Aug 29, 2019 1:13 pm
by LoopSoosStroop
Hoe vinnig kan mens met hierdie kaliber 'n 185 gr RDF skiet, kom ons sê met 'n 26" loop?
Ek begin al hoe meer dink hierdie kaliber het dalk 'n goeie balans tussen looplewe en werksverigting.
En watter doppe werk die beste?
Re: 7x57 AI - Watter tipe spoed met 185 gr RDF?
Posted: Thu Aug 29, 2019 3:01 pm
by tripodmvr
Hoogste veilige node lyk na so 2550vps met Norma URP of 204.
Re: 7x57 AI - Watter tipe spoed met 185 gr RDF?
Posted: Thu Aug 29, 2019 7:03 pm
by LoopSoosStroop
Ok, so as mens darem 2700 wil haal sal jy na die magnums moet begin kyk
Re: 7x57 AI - Watter tipe spoed met 185 gr RDF?
Posted: Thu Aug 29, 2019 8:01 pm
by Andre308
As jy n lang aksie met n 308 boltface dan is 280 Ackley of 284 win jou roete.
Kort aksie magnum boltface is 7mm saum, 7mm wsm, 7mm-270wsm jou roete
Lang aksie magnum boltface is 7mm rem mag, 7mm blaser en die 7mmRUM en al daai wilde tipe dinge jou opsie.
Met n 185gr 7mm koel teen 2700ft/sek gaan jy nooit n 308 se loop lewe kry nie. Dit is al n rapsie aan die overbore kant van dinge.
Groete
Andre
Re: 7x57 AI - Watter tipe spoed met 185 gr RDF?
Posted: Thu Aug 29, 2019 8:45 pm
by Drenalinjunkie
Ek het n 7mm Tombi Mk1. Skiet n 180gr ELD-M teen 2740fps met S365.
Re: 7x57 AI - Watter tipe spoed met 185 gr RDF?
Posted: Thu Aug 29, 2019 8:52 pm
by Apie
Drenalinjunkie wrote:Ek het n 7mm Tombi Mk1. Skiet n 180gr ELD-M teen 2740fps met S365.
Looplengte?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 7x57 AI - Watter tipe spoed met 185 gr RDF?
Posted: Thu Aug 29, 2019 8:57 pm
by JPS
LoopSoosStroop wrote:Ok, so as mens darem 2700 wil haal sal jy na die magnums moet begin kyk
284 win, sal hom daar kry. En kort aksie werk maar jy moet koeels (180gn plus) een een voer dan.
Re: 7x57 AI - Watter tipe spoed met 185 gr RDF?
Posted: Thu Aug 29, 2019 9:16 pm
by Arnold
Maak dinge vir jouself maklik en gebruik Lapua doppe in 6.5-284 en nek hulle op sodat jy straight 284 skiet. Ek weet nie van ander kalibers wat die ekonomie vs. werkverrigting as n langafstand kaliber klop nie.
Kyk maar hoeveel f-klas skuts skiet hom nog gereeld ... JPS sal jou kan vertel
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: 7x57 AI - Watter tipe spoed met 185 gr RDF?
Posted: Thu Aug 29, 2019 9:34 pm
by JPS
Jong Arnold, ek is so bietjie “Bias” synde ek 3 x 284win’s het.
2 x vir F klas en
1x vir La jag en gong skiet. (Die geweer het 26” loop maar ek skiet 162 Eld m’s met hom 1-11 twist loop)
Die beste plek om te kyk watse geweer regtig populer is, is die Berger South west Nationals se data in USA. Onthou daai manne kan basies skiet wat hulle wil. Tog is 50% plus van die gewere op die lyn 284’s.
In F klas is die RSaum die nuwe flavour - maar meeste F klas skuts lei maar aan ‘n siekte (Spoed....)
Re: 7x57 AI - Watter tipe spoed met 185 gr RDF?
Posted: Thu Aug 29, 2019 10:20 pm
by Arnold
JPS wrote:Jong Arnold, ek is so bietjie “Bias” synde ek 3 x 284win’s het.
2 x vir F klas en
1x vir La jag en gong skiet. (Die geweer het 26” loop maar ek skiet 162 Eld m’s met hom 1-11 twist loop)
Die beste plek om te kyk watse geweer regtig populer is, is die Berger South west Nationals se data in USA. Onthou daai manne kan basies skiet wat hulle wil. Tog is 50% plus van die gewere op die lyn 284’s.
In F klas is die RSaum die nuwe flavour - maar meeste F klas skuts lei maar aan ‘n siekte (Spoed....)
Ek weet jy is Bias maar dit is ook met goeie rede
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: 7x57 AI - Watter tipe spoed met 185 gr RDF?
Posted: Fri Aug 30, 2019 8:31 am
by LoopSoosStroop
Dankie manne
Dis 'n lang aksie met standaard (.308) slot gesig.
Ek dink julle is reg met .284 Win, dan kan mens soos Arnold uitwys darem Lapua doppe gebruik.
Re: 7x57 AI - Watter tipe spoed met 185 gr RDF?
Posted: Fri Aug 30, 2019 8:31 am
by LoopSoosStroop
Watter loop lewe kan mens verwag as mens hom nou nie "hot-rod" nie?