Page 1 of 1
Burris xtr of die vortex gen 2?
Posted: Mon Sep 09, 2019 4:48 pm
by Kolhasie
Manne ek vra sommer maar net so bikie raad.
Kom op 243 Ackley.
Ek het tans burris op n ander 243 van my en is baie tevrede net sodra n man na 300 tot 400m kyk raak hy maar dof.
Wat sal julle kies Burris of vortex? en hoekom?
Groete KH
Re: Burris xtr of die vortex gen 2?
Posted: Mon Sep 09, 2019 5:15 pm
by alecjohnson
Vortex oor en oor!
Great waarde vir geld en VIP waarborg.
Ek het 'n PST Gen II 5-25x50 mrad FFP wat op my 243AI kom sodra ek my nuwe kolf het.
Ek wil vir my 'n 223rem kry wat beslis 'n 3-9 of 4-16 diamondback tactical gaan kry.
En as ek eendag kan sal ek een op my 375H&H wil sit
Dan sal al my gewere dieselfde verstellings en kruishaare he!
Glas is vir my baie helder sien met gemak my 200mm gong op 1000m
Ek het nog nooit met Burris gewerk nie, so kan niks sleg se nie, ek kan wel se 'n vortex eis is pynloos!
Re: Burris xtr of die vortex gen 2?
Posted: Mon Sep 09, 2019 6:30 pm
by Ranger
Go and have a look through the XTR ii and Viper Gen 2 side by side if you can, your eyes will tell you which one is better for YOUR eyes.
Just throwing this out there, There is an ad for a Bushnell DMRii on here,
viewtopic.php?f=19&t=74162 really worth a look IMO.
Re: Burris xtr of die vortex gen 2?
Posted: Mon Sep 09, 2019 7:31 pm
by Haasvel
Baie goeie diens gekry met my gen 2 EBR4 op my ackley. Goed geprys ook vir baie scope
one shot, one kill - no luck, all skill
Re: Burris xtr of die vortex gen 2?
Posted: Mon Sep 09, 2019 8:57 pm
by Ranger
Ihawu Firearms in Durban have the 5-25 XTRii on special for R16,000. Not sure on reticles.
Re: Burris xtr of die vortex gen 2?
Posted: Mon Sep 09, 2019 10:39 pm
by Rem
Ranger wrote:Go and have a look through the XTR ii and Viper Gen 2 side by side if you can, your eyes will tell you which one is better for YOUR eyes.
Just throwing this out there, There is an ad for a Bushnell DMRii on here,
viewtopic.php?f=19&t=74162 really worth a look IMO.
Ek het n XTRii en n DMR2. het al deur n vriend se PST gen2 gekyk (al ondervinding wat ek het met hom)
Koop die DMR2. Ek sal nog 2 koop. Ek glo ook die DMR is beter as die ander 2 in alle aspekte (nie altyd by ver nie maar steeds beter)
My 2c
Re: Burris xtr of die vortex gen 2?
Posted: Tue Sep 10, 2019 9:54 pm
by Alwin
Ek glo Burris bou goeie teleskope. Die naverkoop-diens in SA is egter nie op dieselfde standaard nie.
Ek sal enige tyd die Vortex kies, al is dit net oor sy waarborg. Dis die beste waarborg in die teleskoop mark.
Die helfte van my teleskope (Lynx en Leupold) met verstelbare vergroting was al terug fabriek toe vir herstelwerk. As hulle 'n skandalige waarborg gehad het soos bv. Rudolph, dan het ek hulle moes weg gooi en nuwes koop...
Re: Burris xtr of die vortex gen 2?
Posted: Wed Sep 11, 2019 6:23 am
by Gerhardu
Daai nuwe XTR3 gaan n bul scope wees en as sy tracking so goed is soos die XTR2 gaan hy baie moeilikheid maak. Met n bitter lekker kruishaar!
Die Vortex is goed maar gee nie daai 'WOW!' faktor nie.
Re: Burris xtr of die vortex gen 2?
Posted: Wed Sep 11, 2019 7:43 am
by Arnold
Ek neem aan jy praat van die PST Gen 2 en nie die Razor HD Gen 2 nie
Ek sou egter die Vortex kies. Sy glas is baie goed, hy stel reg en die backup wat jy plaaslik gaan kry is goed indien enige iets gebeur.
Iets wat min mense noem is herverkoop waarde. Jy gaan makliker weer die Vortex kan verkoop teen n redelike prys as jy sou wil of moet.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Burris xtr of die vortex gen 2?
Posted: Wed Sep 11, 2019 7:53 am
by Gerhardu
Jaja ek praat van die PST gen2. As dit die Razor was. Was dit n ander storie!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Burris xtr of die vortex gen 2?
Posted: Wed Sep 11, 2019 7:56 am
by Arnold
Gerhardu wrote:Jaja ek praat van die PST gen2. As dit die Razor was. Was dit n ander storie!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Ek verwys eintlik na kolhasie se oorspronklike plasing

Re: Burris xtr of die vortex gen 2?
Posted: Wed Sep 11, 2019 1:55 pm
by figjam
As ek so na die storie kyk gaan 'n Burris xtr3 byna 'n Razor Gen2 se prys wees, dan word die keuse maar maklik.
Re: Burris xtr of die vortex gen 2?
Posted: Thu Sep 12, 2019 7:55 am
by Kolhasie
Baie dankie manne. Ek het darm nog n tyd om te besluit.
Alec ek dink ek moet maar deur ry na jou en gaan loer deur die vortex.
Ek weet nie hoekom nie maar iets se vir my vortex gaan my baie gelukig maak.
Groete KH
Re: Burris xtr of die vortex gen 2?
Posted: Sat Sep 14, 2019 6:58 pm
by Coetzer Cilliers
Beide is goed, dit gan gan oor personal prference, ek glo wel Vortex het n beter herverkoop waarde in SA omrede hy baie meer bekend is.
Ek het al gedeal met beide se naverkope diens en albeid is goed
Re: Burris xtr of die vortex gen 2?
Posted: Sun Sep 15, 2019 11:06 am
by alecjohnson
Kolhasie wrote:Baie dankie manne. Ek het darm nog n tyd om te besluit.
Alec ek dink ek moet maar deur ry na jou en gaan loer deur die vortex.
Ek weet nie hoekom nie maar iets se vir my vortex gaan my baie gelukig maak.
Groete KH
Jy is baie welkom!