Page 1 of 2

MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Mon Sep 09, 2019 10:07 pm
by Fafa
Hi manne

Ek het die naweek aan my eerste veldskiet deelgeneem en die gogga het BEHOORLIK gebyt! Ek wil graag 'n roer aanskaf spesifiek vir die doel en loer nou na die verskillende "chassis" opsies. Het enigiemand praktiese ervaring met die Oryx? Enige alternatiewe voorstel?

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2019 6:16 am
by Malan123
Ek het een op my Howa en so paar skote geskiet net voor ek verkoop het. Wat wil jy als weet? Ek het die warrior chassis voor hom gehad. Was op my een jak roer. Baie lekker chassis en baie goeie waarde vir geld. Niks bells and whistels nie. Net 'n plain chassis wat die job doen. Ek is 'n MDT aanstaander en ek dink vir sy prys gaan jy sukkel om hom te klop.

Hulle dra nou nie lekker vir stap kag nie, maar vir kompetisie kan jy maar koop

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2019 9:25 am
by jankraay
Ek het een op die .204 en het een vir dir SLR ook gekry. Beste waarde vir geld in my oë.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2019 1:06 pm
by Fafa
Malan123 wrote:Ek het een op my Howa en so paar skote geskiet net voor ek verkoop het. Wat wil jy als weet? Ek het die warrior chassis voor hom gehad. Was op my een jak roer. Baie lekker chassis en baie goeie waarde vir geld. Niks bells and whistels nie. Net 'n plain chassis wat die job doen. Ek is 'n MDT aanstaander en ek dink vir sy prys gaan jy sukkel om hom te klop.

Hulle dra nou nie lekker vir stap kag nie, maar vir kompetisie kan jy maar koop
Dankie vir die terugvoer Malan. Ek wil hom uitsluitlik vir kompetisie (veldskiet) gebruik. My vraag spruit voort bloot uit die feit dat ek onervare is en nie weet waarna mens moet kyk in 'n platform nie. Tans skiet ek met my gewone hout kolf 243, maar dit wil voorkom die ouens wat ernstig skiet het die meer moderne tipe "chassis" kolwe. My aanname is dat die ventilasie die loop beter afkoel en dat die basisse meer stabiel is vir die aksie en dus beter akkuraatheid. Ek neem ook aan die plat basis werk lekker as jy die kolf op verskillende oppervlaktes moet neersit?

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2019 1:07 pm
by Fafa
jankraay wrote:Ek het een op die .204 en het een vir dir SLR ook gekry. Beste waarde vir geld in my oë.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Dankie vir die terugvoer Jankraay! Ek sien daai 204's skiet lekker plat! Neem aan hy sal lekker werk in Velskiet?

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2019 1:10 pm
by jankraay
Fafa wrote:
jankraay wrote:Ek het een op die .204 en het een vir dir SLR ook gekry. Beste waarde vir geld in my oë.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Dankie vir die terugvoer Jankraay! Ek sien daai 204's skiet lekker plat! Neem aan hy sal lekker werk in Velskiet?
Die chassis ja maar die .204 nie so lekker nie. Die wind gaan hom pak gee as jy hom nie verstaan nie. Ek sou eerder n 22-250/6mm vir daai tipe skiet gebruik.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2019 1:20 pm
by Toyrsi
Chassis is nie idiaal vir veldskiet nie.
Daar is nie baie manne wat met hulle die tiepe skiete doen nie.
Kry eerder n Boyds Pro varmint, Grs hout of Berzerk kolf.
Die hout kolwe kan jy iets op plak om hom te skerm en die berzerk het klaar alles op.
Die chassis is gewoontlik te swaar en gly te maklik van russe of.
PRS is meer die chassis se game.

204 werk lekker vir veldskiet as jy kan wind lees.
Skiet lekker plat so as jy n afstand bietjie verkeerd skat help dit.

Groete
Jacques

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2019 1:29 pm
by Ranger
Also have a look at the KRG Bravo. I have only had mine for a couple of weeks but I am super impressed with it. It is very steady and very comfortable to shoot.

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2019 1:33 pm
by Fafa
Toyrsi wrote:Chassis is nie idiaal vir veldskiet nie.
Daar is nie baie manne wat met hulle die tiepe skiete doen nie.
Kry eerder n Boyds Pro varmint, Grs hout of Berzerk kolf.
Die hout kolwe kan jy iets op plak om hom te skerm en die berzerk het klaar alles op.
Die chassis is gewoontlik te swaar en gly te maklik van russe of.
PRS is meer die chassis se game.

204 werk lekker vir veldskiet as jy kan wind lees.
Skiet lekker plat so as jy n afstand bietjie verkeerd skat help dit.

Groete
Jacques
Dankie vir die advies Jacques. Verstaan ek jou reg as jy se die nadeel van die Oryx teenoor die ander wat jy hier genoem het is die gewig?

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2019 1:37 pm
by Toyrsi
Die gewig en die dat hy so glad is.
Jy gaan oor klomp oppervlaktes skiet en die klof gaan nooit wil stil le nie.
Jy soek iets wat nie gaan gly oor alles nie.
Dis makliker om jou aandag aan die mik en afdruk van die skoot te hou as jy nie die hele tyd die kolf moet keer dat hy gly nie.
Die Berzerk het so sagte rubber silikoon laag voor wat baie vir die help.
In ons hele groep is daar net 1 chassis.

Maar mense verskil mos. So probeer om n paar te toets en kyk wat werk vir jou.

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2019 1:39 pm
by Fafa
Toyrsi wrote:Die gewig en die dat hy so glad is.
Jy gaan oor klomp oppervlaktes skiet en die klof gaan nooit wil stil le nie.
Jy soek iets wat nie gaan gly oor alles nie.
Dis makliker om jou aandag aan die mik en afdruk van die skoot te hou as jy nie die hele tyd die kolf moet keer dat hy gly nie.
Die Berzerk het so sagte rubber silikoon laag voor wat baie vir die help.
In ons hele groep is daar net 1 chassis.
Dit maak sin - dankie Jacques

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2019 2:27 pm
by Arnold
Ja, kyk maar na die top manne en jy sal nie chassis gewere sien nie.

https://scontent-amt2-1.xx.fbcdn.net/v/t31.0-8/22555362_1515344561883713_2042420929949385264_o.jpg?_nc_cat=106&_nc_oc=AQmGOy0QejxcOaN1liSMqdqfWhDyfArHysEJwYITOXc1URaZKbontGmXlYeM83kQVgg&_nc_ht=scontent-amt2-1.xx&oh=8f828f9a55f7cf097e4353eecf4b1879&oe=5E0AE10F

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2019 2:29 pm
by Arnold
'n Chassis kan dalk meer veeldoelig wees en ek sou nie skroom om met 'n chassis soos die MDT ESS te gaan veldskiet doen nie :)

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2019 2:41 pm
by Capt. Yoda
Nou daai tape wat die manne so orals oor plak, kan mens nie van dit op n Chassis plak om hom "taaier" te maak laat hy nie so maklik gly nie?

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2019 3:02 pm
by Gian_dP
Capt. Oblivious wrote:Nou daai tape wat die manne so orals oor plak, kan mens nie van dit op n Chassis plak om hom "taaier" te maak laat hy nie so maklik gly nie?
Builders warehouse hou sulke dun rubber aan. Dit werk baie lekker op enige kolf/ chassis om bietjie "grip" te gee.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2019 3:07 pm
by Toyrsi
Capt. Oblivious wrote:Nou daai tape wat die manne so orals oor plak, kan mens nie van dit op n Chassis plak om hom "taaier" te maak laat hy nie so maklik gly nie?
Natuurlik kan jy.
Ek deel maar net my gevoel en dit is hoekom ek gese het gebruik wat jou pas.
Toets n paar en besluit self. Dit is net snaaks dat min manne in die veldskiet game hulle nie gebruik nie.
Groete

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2019 3:23 pm
by Arnold
Baie van die top manne sou op een of ander stadium seker al 'n GRS kolf van Safari af gewen het of daarmee geborg wees. Baie ander manne gebruik wat die top skuts gebruik want hulle sien dan dit werk. So die bemarking van Safari vir GRS en Savage werk beslis ;D

Baie manne verkies egter bloot 'n kolf en dit kan mens sien as mens na die toerusting kyk wat die Amerikaners in PRS en NRL gebruik en selfs daar is daar steeds baie manne wat kolwe gebruik instede van 'n chassis. Daar is definitief 'n ander gevoel aan 'n kolf en persoonlik hou ek van beide kolwe en 'n lekker chassis ;)

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Thu Sep 12, 2019 6:08 am
by Apie
Capt. Oblivious wrote:Nou daai tape wat die manne so orals oor plak, kan mens nie van dit op n Chassis plak om hom "taaier" te maak laat hy nie so maklik gly nie?
Ek dink daai tape is meer om die kolwe se ‘finish’ te beskerm as vir grip

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Thu Sep 12, 2019 8:05 am
by Capt. Yoda
Apie wrote:
Capt. Oblivious wrote:Nou daai tape wat die manne so orals oor plak, kan mens nie van dit op n Chassis plak om hom "taaier" te maak laat hy nie so maklik gly nie?
Ek dink daai tape is meer om die kolwe se ‘finish’ te beskerm as vir grip

Sent from my iPhone using Tapatalk

Nee ek weet nie die laat ek vra, ek het nog nooit die behoefte gehad om tape om n kolf te draai nie maar mens kan seker iets met n rubberige laag kry wat sal help vir daai kolf wat gly. Wel hier in JHB sal mens seker so iets kan soek daar in Lichtenburg kry julle net Sellotape

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Thu Sep 12, 2019 8:07 am
by Arnold
Apie wrote:
Capt. Oblivious wrote:Nou daai tape wat die manne so orals oor plak, kan mens nie van dit op n Chassis plak om hom "taaier" te maak laat hy nie so maklik gly nie?
Ek dink daai tape is meer om die kolwe se ‘finish’ te beskerm as vir grip

Sent from my iPhone using Tapatalk
Daai is hoe ek dit ook oorspronklik verstaan het.

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Thu Sep 12, 2019 8:08 am
by Apie
Capt. Oblivious wrote:
Apie wrote:
Capt. Oblivious wrote:Nou daai tape wat die manne so orals oor plak, kan mens nie van dit op n Chassis plak om hom "taaier" te maak laat hy nie so maklik gly nie?
Ek dink daai tape is meer om die kolwe se ‘finish’ te beskerm as vir grip

Sent from my iPhone using Tapatalk

Nee ek weet nie die laat ek vra, ek het nog nooit die behoefte gehad om tape om n kolf te draai nie maar mens kan seker iets met n rubberige laag kry wat sal help vir daai kolf wat gly. Wel hier in JHB sal mens seker so iets kan soek daar in Lichtenburg kry julle net Sellotape
Ons het tot al daktyp die kant pappie

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Thu Sep 12, 2019 9:41 am
by Gian_dP
Apie wrote:
Capt. Oblivious wrote:Nou daai tape wat die manne so orals oor plak, kan mens nie van dit op n Chassis plak om hom "taaier" te maak laat hy nie so maklik gly nie?
Ek dink daai tape is meer om die kolwe se ‘finish’ te beskerm as vir grip

Sent from my iPhone using Tapatalk
Gewone "tape" help om kolf te beskerm. Al hoe meer ouens plak nou eerder dun rubber strook op hulle kolwe. Di help as jy teen iets moet druk dat kolf nie so baie rondgly nie, soos 'n regop paal of "wigwam"

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Thu Sep 12, 2019 10:04 am
by Apie
Gian_dP wrote:

Weet jy dalk waar mens so iets kry en wat die produk naam is Gian?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Thu Sep 12, 2019 11:23 am
by Gian_dP
Apie wrote:
Gian_dP wrote:
Apie wrote: Ek dink daai tape is meer om die kolwe se ‘finish’ te beskerm as vir grip

Sent from my iPhone using Tapatalk
Gewone "tape" help om kolf te beskerm. Al hoe meer ouens plak nou eerder dun rubber strook op hulle kolwe. Di help as jy teen iets moet druk dat kolf nie so baie rondgly nie, soos 'n regop paal of "wigwam"
Weet jy dalk waar mens so iets kry en wat die produk naam is Gian?

Sent from my iPhone using Tapatalk
Baie hardeware winkels hou dit aan. Builders Warehouse hou dit aan op n groot rol, verkoop per meter.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: MDT Oryx - enige praktiese ervaring

Posted: Fri Sep 13, 2019 7:09 am
by Hansieslim
jankraay wrote:Ek het een op die .204 en het een vir dir SLR ook gekry. Beste waarde vir geld in my oë.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Wat prys hulle in vergelyking met n Warrior?