Artikel 16 nuwe pistool
Posted: Sat Nov 09, 2019 4:25 pm
Middag manne.
Watter motivering gee julle gewoonlik om 'n addisionele handwapen te motiveer? Ek dra sedert 1990 'n .45 pistool en is nie van plan om enigiets in hierdie opsig te verander nie. Ek is maar 'n dinosouris soos die wapen self.
Vandag het ek egter 'n splinternuwe Ruger SR9 by VLT in Pretoria opgetel vir R3999-00 en kon die aanbod nie laat verbygaan nie. Nou sit ek ook met 'n Barbie pistool ("Plastic is fantastic").
Ek beoog om op die toegewyde sport- en jagstatus te steun en het sovêr op die motivering gesit dat ek die pistool wil gebruik by SA Jagters se posliga skiet en teiken skiet. Die rede wat aangevoer is, is dat ek nie my selfverdediging wapen wat al 28 jaar oud is wil opskiet vir kompetisie nie, dit is ligter en het 'n hoër magasynkapasiteit. Die ammunisie is ook goedkoper. Dan kan dit gebruik word om beseerde plaasdiere of bokke van kant te maak, want gewere is te kragtig op kort afstand.
Enige ander voorstelle vir die motivering sal waardeer word.