Page 1 of 1
Gong baan
Posted: Sun Dec 01, 2019 10:21 pm
by geelslang
Ek is tans besig om 'n gong baan te bou tot op 800m. Die beplanning is om van 200m tot 800m elke 100m 'n gong te hang. Wat is die gong groottes wat julle sou aanbeveel vir elke 100m kerf?
Groete
Gong baan
Posted: Sun Dec 01, 2019 11:24 pm
by henk.spioenkop
Goeie naand, Henk van Zyl hier. Ek sou voorstel 1.5 MOA vir 300 en 400m. Daarvandaan 2 MOA.
(29.1mmx1.5)xAfstand/100
d.w.s.
300m gong=29.1mmx1.5x3
=131mm
Vierkantige gonge skiet makliker raak as ronde gonge. Ek stel voor maak hulle vierkantig anders vertel jou vriende aanmekaar vir jou as hulle skiet dat dit raak sou wees as die gong vierkantig was.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Gong baan
Posted: Sun Dec 01, 2019 11:39 pm
by SakoTrippel2
'n Goeie Riglyn is maar om MOA per afstand te gebruik.
So 1.5 tot 2 MOA op die kortes en so 2 na 2.5 MOA op die verderes.
Maak die verste een "Generously Sized" want as mens mis kry mens geen terug voer nie. Gee hom 'n Rooi kol en mik daar, al skiet mens die kol mis land die skote steeds op die Gong en mens kan daarvolgens aanpas. Sit 'n kleiner/ meer uitdagende ene langs hom.
Dit sou my idiaal wees.
Rowwe wiskunde as volg. (Afgeronde Getalle)
300m x 1.09 = 327 yds ÷ 100 = 3.27duim(1 MOA op 300M)
1.5 MOA op afstand = 3.27duim X 1.5 = 5duim (afgrond)
As dit te klein voel/lyk (want dit is nogal), maak hulle Vierkantig in plaas van rond. Indien steeds te klein maak die faktor 1.75 MOA of 2 MOA
Groete
Frans
Re: Gong baan
Posted: Sun Dec 01, 2019 11:40 pm
by SakoTrippel2
En daar tik ek te lank aan my somme haha.
Ja ek en Oom Henk Spioenkop sê basies dieselfde.
Groete
Frans
Re: Gong baan
Posted: Sun Dec 01, 2019 11:43 pm
by henk.spioenkop
SakoTrippel2 wrote:En daar tik ek te lank aan my somme haha.
Ja ek en Oom Henk Spioenkop sê basies dieselfde.
Groete
Frans
Vêr van n Oom af. Nog bloedjonk.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Gong baan
Posted: Mon Dec 02, 2019 8:48 am
by Smitstertjies
Hi Geelslang.
My baan is as volg en werk lekker vir beginner en gevorderde skuts:
300m : 150mm sirkel
400m : 200mm sirkel
500m : 200mm sirkel
600m: 300mm sirkel
700m: 400mm sirkel
800m : 400mm sirkel
900m : 500mm vierkant
1000m : 600mm vierkant
1 myl: 600mm rond
29 mm is rofweg 1 Moa op 100m. So op die verder afstande is 2moa in die kol en nader eerder iets soos 1.5 tot 2 moa. n Vierkant gee ook bietjie meer vergifnis as n ronde gong.
Die 1 myl gong is nie vir sussies nie.
Re: Gong baan
Posted: Mon Dec 02, 2019 10:30 am
by Eugene
geelslang wrote: Sun Dec 01, 2019 10:21 pm
Ek is tans besig om 'n gong baan te bou tot op 800m. Die beplanning is om van 200m tot 800m elke 100m 'n gong te hang. Wat is die gong groottes wat julle sou aanbeveel vir elke 100m kerf?
Groete
Geelslang, wees net versigtig vir te klein gonge op elke afstand. Mens kan eerder 'n 3moa gong op elke afstand hang en 'n 1/2 moa kol daarop verf, sodat jy steeds jou "misskote" kan sien, as wat mens 'n 4" gong op 400m hang en nie weet waar jy dit mis nie.... Ek verkies 'n groot gong met 'n klein kol op geverf op elke afstand.
Re: Gong baan
Posted: Mon Dec 02, 2019 11:35 am
by Toyrsi
Ons skietbaan sin lyk so.
200m is 200mm en 100mm gonge
250m is 200mm en 100mm gonge
300m is 200mm en 100mm gonge
350m is 200mm en 100mm gonge
400m is 232mm en 200mm gonge(Groot is vierkantig en klein rond)
500m is 290mm en 200mm gonge(Groot is vierkantig en klein rond)
600m is 348mm en 200mm gonge(Groot is vierkantig en klein rond)
700m is 406mm en 200mm gonge(Groot is vierkantig en klein rond)
Die gewone skietpunt is op 700m maar kan terug skuif na 900m as jy braaf is.
Re: Gong baan
Posted: Mon Dec 02, 2019 11:43 am
by Vleisie
Eugene wrote: Mon Dec 02, 2019 10:30 am
geelslang wrote: Sun Dec 01, 2019 10:21 pm
Ek is tans besig om 'n gong baan te bou tot op 800m. Die beplanning is om van 200m tot 800m elke 100m 'n gong te hang. Wat is die gong groottes wat julle sou aanbeveel vir elke 100m kerf?
Groete
Geelslang, wees net versigtig vir te klein gonge op elke afstand. Mens kan eerder 'n 3moa gong op elke afstand hang en 'n 1/2 moa kol daarop verf, sodat jy steeds jou "misskote" kan sien, as wat mens 'n 4" gong op 400m hang en nie weet waar jy dit mis nie.... Ek verkies 'n groot gong met 'n klein kol op geverf op elke afstand.
Ek stem hier saam. N groot gong help om te wys waar jy jou kol gemis het.
Wat ek wel bietjie anders gedoen het, ek het op 200 en 300 n raam met 4 gongs op. 50mm, 75mm, 100mm en 150mm.
Dit is is vir my soms meer pret om die kleiner gongs te skiet op nader afstande.
Ek het van 500m tot 1km al my gongs vierkantig gemaak. Ons 1 myl plaat is 1.2mx1.2m wat lekker groot is om te sien waar jy jou kol mis.
Re: Gong baan
Posted: Mon Dec 02, 2019 11:47 am
by Hein (Haan)
Geelslang wat ook baie lekker werk is om gonge elke 200m te plant en dan twee draagbare gonge te maak wat jy elke keer op ander afstande sit.
Daai springbok kop gong met n klein (150mm)gong langs hom werk baie lekker vir n uitdaging op korter afstand (300 tot 600m)en op die ander raam n 200mm gong en n 400mm gong vir langer afstande.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Gong baan
Posted: Mon Dec 02, 2019 11:59 am
by tau
Eugene wrote: Mon Dec 02, 2019 10:30 am
geelslang wrote: Sun Dec 01, 2019 10:21 pm
Ek is tans besig om 'n gong baan te bou tot op 800m. Die beplanning is om van 200m tot 800m elke 100m 'n gong te hang. Wat is die gong groottes wat julle sou aanbeveel vir elke 100m kerf?
Groete
Geelslang, wees net versigtig vir te klein gonge op elke afstand. Mens kan eerder 'n 3moa gong op elke afstand hang en 'n 1/2 moa kol daarop verf, sodat jy steeds jou "misskote" kan sien, as wat mens 'n 4" gong op 400m hang en nie weet waar jy dit mis nie.... Ek verkies 'n groot gong met 'n klein kol op geverf op elke afstand.
Verseker!!!
Jy skiet soms helse goeie groepie langs die bull. Jy leer dan van wind ens. en verdink nie jou geweer of lading.