Page 1 of 2

Vaal ribbok

Posted: Tue Dec 17, 2019 7:10 pm
by BenJacobs
Dag sê almal.
Ek wil by julle hoor. Ek het 'n geleentheid gekry om 'n moontlike trofee ribbok te skiet. Ek wil egter hom nie net skiet omdat hy 'n trofee is nie en wil daarom eers vra, hoe is hulle vleis? Ek het bitter lank terug biltong van hom geëet, maar kan nie lekker onthou nie. Is die vleis geskik vir droëwors, kabernossies en dalk selfs 'n stukkie braai?
En dat as ek besluit om hom wel te skiet, weet iemand dalk wat dit kos om 'n shouldermount te laat maak van hom?

Groete Ben

Re: Vaal ribbok

Posted: Tue Dec 17, 2019 7:55 pm
by Askari
Hi Ben. Ek het al so handvol vaal ribokke geskiet. Ek maak gewoonlik "huisvleis" van hulle.... patties, braaiwors, blokkies vleis, maalvleis, so paar steaks ens. Ek voel dieselfde oor ribbok as eland.... minimum biltong en droëwors en maksimum "kos".

Ek twyfel of ek al biltong of droëwors van hulle gemaak het.... ek skiet genoeg blesse en springbokke daarvoor.

Re: Vaal ribbok

Posted: Tue Dec 17, 2019 8:09 pm
by BenJacobs
Dankie, dit is presies wat ek wou hoor. Dan gaan ek kyk of ek hom in die week kan skiet. Die "huis kos" is in elk geval meer geskik vir hierdie tyd van die jaar.

Re: Vaal ribbok

Posted: Tue Dec 17, 2019 8:23 pm
by Sako75
Vaalribbok iets anders as rooiribbok. Vaalribbok se karkas naby aan ‘n springhaas :)

Re: Vaal ribbok

Posted: Tue Dec 17, 2019 8:40 pm
by dennisinpe
Veral die ooie se vleis is tops. Heelwat beter as koedoe, beter as springbok ook.
Steaks goed verouder en bevogtig is absoluut braaivleis. Moenie vermors met droewors nie.

Sent from my SM-A505F using Tapatalk


Re: Vaal ribbok

Posted: Tue Dec 17, 2019 9:10 pm
by BenJacobs
dennisinpe wrote: Tue Dec 17, 2019 8:40 pm Veral die ooie se vleis is tops. Heelwat beter as koedoe, beter as springbok ook.
Steaks goed verouder en bevogtig is absoluut braaivleis. Moenie vermors met droewors nie.

Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Oom kan nie dalk net miskien 'n resepie deel van 'n lekker staek nie?

Re: Vaal ribbok

Posted: Tue Dec 17, 2019 10:25 pm
by Koos Barnard
Ek het baie vaalribbokke in die Moordenaarskaroo geskiet en die vleis is glad nie so lekker vir my nie. Ons het slegs wors en maalvleis daarvan gemaak en dan die maalvleis met ander vleis gemeng. Dit is vir my interessant dat iemand hierbo noem dis lekkerder as springbok. Dit vind ek moeilik om te glo maar dan moet ek ook toegee dat smaak verskil. In elk geval vir my was vaalribbok nog nooit lekker nie.
Mooi loop

Re: Vaal ribbok

Posted: Tue Dec 17, 2019 10:53 pm
by Jurgen Visser
Vaalribbok is ook nie lekker vir my nie , as jy die vleis werk kom dit :snotterig" voor vir my , maar Rooiribbok is moer lekker

Re: Vaal ribbok

Posted: Wed Dec 18, 2019 7:19 am
by Toxxyc
Ek het al 'n paar keer vleis geëet, maar dit was nog nooit steaks nie. Dit was baie lekker, maar altyd gemarineer of so iets.

Onthou 'n trofeebok in die tyd van die jaar gaan heel moontlik effens snaaks proe.

Re: Vaal ribbok

Posted: Wed Dec 18, 2019 7:26 am
by dennisinpe
O nee, my kommentaar was spesifiek tot rooiribbok in Oos Kaap. Ken nie vaal ribbok nie. Soos my gaai gelees.

Sent from my SM-A505F using Tapatalk


Re: Vaal ribbok

Posted: Wed Dec 18, 2019 7:38 am
by Askari
Askari wrote: Tue Dec 17, 2019 7:55 pm Hi Ben. Ek het al so handvol vaal ribokke geskiet. Ek maak gewoonlik "huisvleis" van hulle.... patties, braaiwors, blokkies vleis, maalvleis, so paar steaks ens. Ek voel dieselfde oor ribbok as eland.... minimum biltong en droëwors en maksimum "kos".

Ek twyfel of ek al biltong of droëwors van hulle gemaak het.... ek skiet genoeg blesse en springbokke daarvoor.
Lyk my jy sal maar moet skiet en self besluit ;)

Re: Vaal ribbok

Posted: Wed Dec 18, 2019 7:55 am
by BenJacobs
Lyk my ook so oom.

Re: Vaal ribbok

Posted: Wed Dec 18, 2019 9:20 am
by Frederik
Vaalribbok soos ander geneom het se vleis is nie van die beste nie hy is heel ander perd as rooiribbok wat jy soos skaap kan eet.
Maar as jy kans kry vir ene doen dit ek wil ook sulke mense ken.

Re: Vaal ribbok

Posted: Fri Dec 20, 2019 3:13 pm
by Dimitri
Ben, lyk my jy het hiedie onderwerp in die verkeerde afdeling geplaas. Dalk kan n mod dit vir jou skuif.

Ek het nog net twee vaal ribokke geskiet. Altwee was in die Vrystaat naby Harrismith en altwee was ramme.

Van die 25+ verskillende wildsoorte wat ek al geskiet het en van die vleis geeet het was die vaal ribbokke heel onder aan die lys. Die vleis was vir my en die wat saam met my geet het glad nie lekker as tafel vleis nie.

Re: Vaal ribbok

Posted: Fri Dec 20, 2019 3:25 pm
by Nico de Jager
Wel dit lyk vir my asof Vaalribokke se vleis van streek tot streek verskil. By ons in die Suidkaap (fynbos ) word dit gereken as heerlike tafelvleis. Ek het dit al geëet as fyn gekook, pasteie en in bredies en dit is heerlik.

Re: Vaal ribbok

Posted: Fri Dec 20, 2019 4:29 pm
by Pumarais
Manne ek het altwee op my plaas en vaalribbok gee ek vir die volk as iemand een skiet. Rooiribbok aan die anderkand het uitstekende vleis net soos springbok.
Moenie die twee verwar nie!
Hulle is nie eers in dieselfde familiegroep nie.
Rooiribbok is familie van die rietbok (redunca) en vaalribbok is op sy eie (pelea capreolus)

Re: Vaal ribbok

Posted: Fri Dec 20, 2019 5:06 pm
by Kallie404
Pumarais wrote: Fri Dec 20, 2019 4:29 pm Manne ek het altwee op my plaas en vaalribbok gee ek vir die volk as iemand een skiet. Rooiribbok aan die anderkand het uitstekende vleis net soos springbok.
Moenie die twee verwar nie!
Hulle is nie eers in dieselfde familiegroep nie.
Rooiribbok is familie van die rietbok (redunca) en vaalribbok is op sy eie (pelea capreolus)
Stem 100% saam. Ek het twee trofee ramme gejag in die Bredasdorp/ Napier area en die plaas eienaar gee die vleis vir werkers, hy se dat hulle liewers sonder vleis sal gaan as om een te eet ++>: ++>: Blykbaar gladnie lekker nie

Re: Vaal ribbok

Posted: Fri Dec 20, 2019 5:10 pm
by PierrieT
Pumarais wrote:Manne ek het altwee op my plaas en vaalribbok gee ek vir die volk as iemand een skiet. Rooiribbok aan die anderkand het uitstekende vleis net soos springbok.
Moenie die twee verwar nie!
Hulle is nie eers in dieselfde familiegroep nie.
Rooiribbok is familie van die rietbok (redunca) en vaalribbok is op sy eie (pelea capreolus)
Ek kan 100% saam stem dat daai vleis vir die volk is. Ons het so 3-4 jaar terug 2 vaalribokke in die Oos Kaap (Bedford) omgewing geskiet en ek was nie bereid om die vleis te eet na aanleiding van die parasiete wat ek onder hulle vel sien broei het. Dis blykbaar ‘n algemene ding. Die plaas eienaar het gese dis 1 van die redes waarom hulle dit self nie eet nie maar die plaas werkers is mal daaroor. Die 1 het seker 40-50 van die parasiete gehad en ek kan net dink dat die vleis ook beinvloed word daardeur.

Die rooiribbok het nou weer lekker vleis en die ooie se vleis is meer smaaklik. Ek het ook al droër daarvan gemaak maar die droewors was nie baie suksesvol nie. Ek het op 2 geleenthede my standaard wilsvleis resep gebruik en dit het beide kere so vetteeige laag in my verhemelte gekos. Weet nie of ander manne al sulke ervarings gehad het nie maar ek sny dit maak soos pot vleis dan weet ek darm dit gaan lekker wees.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Vaal ribbok

Posted: Fri Dec 20, 2019 5:35 pm
by Pumarais
Ja hys die drear van die botvlieg. Hy maak amper soos ñ papie onder die vel en dis maar ñ vieslike besigheid as jy hom afslag. Ek gaan nie veel daaroor uitbrei nie. Ek het maar ñ swak maag en wil nog ñ ou vleisie braai vanaand!

Re: Vaal ribbok

Posted: Sun Dec 22, 2019 6:51 pm
by BenJacobs
Ek het maar daai ribbok geruil vir dié twee. Na die larwe goed hierbo, was ek bietjie grillerig.

Re: Vaal ribbok

Posted: Wed Dec 25, 2019 8:30 am
by BenJacobs
Ek het hom gekry. 9.25 duim.

Re: Vaal ribbok

Posted: Wed Dec 25, 2019 9:43 am
by Supacow
Jy sal tronk toe as jy nie muur toe gaan met daai horings

Re: Vaal ribbok

Posted: Wed Dec 25, 2019 9:53 am
by BenJacobs
Ek gaan definitief oom. Ongelukkig net 'n skull mount. Die werker wat saam my was het die keel so vinnig afgesny daar was nie eers kan vir dink nie.

Re: Vaal ribbok

Posted: Wed Dec 25, 2019 10:21 am
by Rudi Fischer
BenJacobs wrote:Ek gaan definitief oom. Ongelukkig net 'n skull mount. Die werker wat saam my was het die keel so vinnig afgesny daar was nie eers kan vir dink nie.
Jou Taxidermist kan vir jou n Cape kry dan maak jy dit nog steets n Shoulder Mount

Re: Vaal ribbok

Posted: Wed Dec 25, 2019 10:40 am
by BenJacobs
Rudi Fischer wrote: Wed Dec 25, 2019 10:21 am
BenJacobs wrote:Ek gaan definitief oom. Ongelukkig net 'n skull mount. Die werker wat saam my was het die keel so vinnig afgesny daar was nie eers kan vir dink nie.
Jou Taxidermist kan vir jou n Cape kry dan maak jy dit nog steets n Shoulder Mount
Hoe werk dit dan oom? Vat hulle my horings en 'n ander vel? Die bok het baie merke op hom, sy ore is stukkend en vol snye, baie mooi karakter. Die kop is nou heel af, so ek sou graag hom wou shoulder mount, maar ek dink ek gaan 'n skull stand maak. Het iemand al een gesien of het dalk 'n foto?