Kraai sukses
Posted: Tue Jan 07, 2020 4:33 pm
Goeie middag almal.
Ek wil net so bietjie sukses deel met julle van vorige Saterdag. Ons het die plaas redelik vroeg betree en eers bietjie rond gery en gesien wat aangaan of daar enige konsentrasies van die kraaie in die omtrek was ens. Baie min gesien 1 kraai was n uitsondering maar hy het sommer vinnig geland... Die dag was lekker sonskyn en wind stil.
Buiten daai een was die lug redelik skoon van die verpesting. Ons slaan toe op naby n bloekom laning met n oop veld aan ons rug kant en die normale skaap kraal voor ons as n skiet veld. Skaap was wel nie in die kamp vandag nie.
Ons kamofluer die bakkie, sit die magneet aan en sit Jacques Kotze se roeper aan met sy klanke. Nie 5 minute nie wemel dit bo ons koppe...
Die kraaie hoor die roeper van ver af dan kom hulle in vlae van so 2 to 5 in ongeveer. Dan sien hulle die magneet en wil dan natuurlik ondersoek instel om van nader af te sien. Dann word hulle ook lokke...
Ons was bietjie kort op tyd en was so vir 2 ure lekker aan die gang tot die patrone opgeraak het.
Teen daai tyd het daar 26 kraaie geval.
Baie dankie Jacques vir jou tips en klanke hulle het baie lekker gewerk.
Groete
NS ek sal later n paar fotos probeer laai. Sukkel maar op die foon.