284 win/shehane bou vanaf Tikka 260

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

284 win/shehane bou vanaf Tikka 260

Post by Eight »

More almal,

Ek wil asb jul insette, hulp en advies he. Ek het tans n 260 Tikka Varmint. Hy is in n German gunstocks predator kolf met hul 20 moa picatinny rail, Sigthron 6-24 ffp scope, aluminium bottom metal met lang aksie magesyn, Mountain tactical bolt shroud en sustac silencer. Sneller is ook gedoen deer Chrisjan.

Ek het n 7mm Krieger heavy palma loop mer 7.5 twist wat ek nou op mu naam moet kry.

Ek is n ou wat hou van balans en ek soek nie iets wat n loop gan uitskiet in 600 skote, my stopsels gan los ruk en gaan sukkel om ladings te kry nie. Ek soek wel steeds goeie werkverrigting.

My denke is om die 7mm loop op die 260 se platform te site aangesien ek als anders klaar daarop reg het. Ek wil die geweer gebruik vir langafstand gong skiet en jag en wil moontlik tot n myl kan skiet. Dit is nie n drae geweer nie. Nou wil ek asb jul advies he op die volgende vrae.

1) 284 Win of Shehane en hoekom?
2) Looplengte? Ek kan tot 30 duim gaan
3 Moet ek die silencer op die geweer gebruik
4) Enige ervaring met die 180Eldm teenoor die bergers en hul bc's?
5) Wat is die proses om te volg om bogenoemde te doen wat die vinnigste sal wees?

Enige verdere insette sal baie waardeer word.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1217
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: 284 win/shehane bou vanaf Tikka 260

Post by Pinkes »

More

Jan Swanepoel skiet n 284 op n tikka aksie as ek dit reg het.So glo jy is reg daar.Op jou vrae hierbo sal ek help sover ek kan.

1)As jy n reamer kry vir Shehane,dan sal ek daai roete gaan(laer druk vir ekstra looplewe). Anders is daar niks fout met 284. jy gaan buitendien
fireform en loop laat settle.
2)Persoonlik 28'' omdat jy wil jag ook en silencer/mb gebruik,maar 30'' sal jou beter spoed gee
3)Ek verkies muzzlebrake om loop korter te maak en is beter as silencer met recoil.
4)Ek het die 180ELDM in n SAUM geskiet en hulle het mooi gewerk,dink Ben skiet ook hulle in sy 284.
5)Doen net aansoek vir loop.As loop goedgekeur is sny dan kamer ,skiet hom dan netso(switchbarrel).

Groete
P
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: 284 win/shehane bou vanaf Tikka 260

Post by Eight »

Baie dankie Pinkes. As mens net die loop lisensieer en die switch barrel roete gaan lisensieer jy die loop as n 284win of shehane loop?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13511
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 284 win/shehane bou vanaf Tikka 260

Post by Capt. Yoda »

Jy lisensieer hom vir wat jy hom wil sny maar onthou daar is geen verskil onder op die 284/284 shehane se dop nie, jy kan hom tot vir n 6.5-284 lisensier want jy gaan heel moontlik 6.5-284 lapua doppe op nek na 284 toe
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: 284 win/shehane bou vanaf Tikka 260

Post by Rasmus »

Cappy as daai loop as n 7mm loop op die CFR se boeke is gaan jy mos brul om hom as n 6.5 te lisensieer?
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: 284 win/shehane bou vanaf Tikka 260

Post by Supacow »

Baie manne bou die 284 op n langaksie om plek te maak vir die lang naalde.(ook meer mag spasie) Weet sommige kortaksies moet jy die boltrelease gebruik en slot heel uithaal as jy nie die skoot skiet.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: 284 win/shehane bou vanaf Tikka 260

Post by Eight »

Supacow al die Tikka aksies is lang aksies
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: 284 win/shehane bou vanaf Tikka 260

Post by Eight »

Capt. Oblivious wrote: Tue Feb 18, 2020 2:40 pm Jy lisensieer hom vir wat jy hom wil sny maar onthou daar is geen verskil onder op die 284/284 shehane se dop nie, jy kan hom tot vir n 6.5-284 lisensier want jy gaan heel moontlik 6.5-284 lapua doppe op nek na 284 toe
Manne nou moet jule help asb. As wat moet ek die loop lisensieer en hoe maak mens met die 6.5 284 doppe met n 284 win lisensie? Wie sal die geweer so vir my aanmekaar sit?
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 284 win/shehane bou vanaf Tikka 260

Post by Gawie(13mm) »

Jy lisensieer en bou die geweer as 'n .284.
Jou wapensmit gee vir hou 'n sertifikaat wat spesifiseer dat die genoemde doppe aangepas is om in die .284 te skiet. Laat dit waarmerk by SAPS en jy stoot aan.

Oom PW, skiet sy 7mm Tombi met 8x 57 doppe en hy jag in Namibië en met die regte papierwerk het hy nie moeilikheid nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 284 win/shehane bou vanaf Tikka 260

Post by JPS »

My persoonlike opienie is dat 284Win of Shehane die ideaal (middeweg Kalibaer is tussen recoil en looplewe) is vir 'n 7mm. Maar ek is hewiglik bevooroordeeld op 'n 284 Win. Selfs al skuif ek nou na 7mm kort magnum kalibers toe.

Win of Shehane - Voor die nuwe oorsese kruite beskikbaar was en ons met meestal S385 geskiet het het ek almal angeraai om Shehane te gaan, nou is 28Win 100% met kruite soos H4350, MRP en H4831SC asook N560.

Omrede jy nie geweer gaan dra nie gaan 30", jy kan hom dan na so 1400 - 1600 skote herkamer en nog so 1000 skote kry. My herkamerde 284Win gee basies presies dieselfde spoed as toe hy 30"was met selfde hoeveelheid kruit. jy wen / verloor nie veel spoed tussn 30en 28" lope op 284 Win nie.

Silencer het sy voor en nadele skiet hom sonder en bsluit dan, as jy dan wil kan jy nogsteeds silencer opsit.

180 ELD-m's is lekker lang afstand jag koel en skiet mooi. Wees net versigtig hulle jackets is baie dun en met die vinnige twist loop is daar groot moontlikheid dat jy van hulle kan laat disintigreer / grys wolkie laat verander....

Ek het nie ondervinding met die 1/7.5 Twist lope in 7mm nie en skiet oor die algemeen met 1/9 Twists en dan een 1/8.5 wat almal meer as voldoende was om alles tot 184gn koeels te stabiliseer en sal ook 195's stabiliseer.

Ek dink die 1/7.5 twists is dalk meer emik vir die groot 7mm Magnum kalibers maar die torque gaan redlik taai wees met 'n 1/7.5 twist loop sou ek raai. Ons sien al klaar dat die 1/8 twist lope het heelwat meer torgque as die 1/8.5's

Tikka as 'n platvorm is daar niks mee vout nie en my Tikka skiet uitsonderlik. Gawie en ander hierbo se raad oor loop is spoton.

Groete
Jan
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13511
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 284 win/shehane bou vanaf Tikka 260

Post by Capt. Yoda »

Rasmus wrote: Tue Feb 18, 2020 2:51 pm Cappy as daai loop as n 7mm loop op die CFR se boeke is gaan jy mos brul om hom as n 6.5 te lisensieer?
Dan maak jy hom n 7-6.5x284superduper

Punt wat ek wou maak is die doppe is dieselfde en daar gaan geen verskil in papier werk tussen die 284win en 284shehane wees nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Re: 284 win/shehane bou vanaf Tikka 260

Post by Morne Van Der Merwe »

Ek skiet n 284 Shehane, mal oor my geweer. Sy recoil is soos 223 sin, okey nou by gesê my geweer weeg 11kg en 30" loop, skiet met Warrior KD wat MB op het ook. Daar is min verskil tussen die 284 en Shehane, ek en Ben skiet dieselfde spoed, Ben net n 180gr en ek 184 teen 2840fps. Ek kon glad nie reg kom met 180gr Hornady, by gesê baie mooi geskiet, behalwe ek het 18/200 my punte het opgebreek, my loop
1:8 5R.
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
Post Reply