Page 1 of 1
Aksies teen die gebruik van lood
Posted: Thu Feb 27, 2020 6:52 pm
by tripodmvr
Die jagters in Brittanje is al meer onder druk van die groenes. Dit kom duidleik uit in die berigte in hierdie reeks programme. Die gebruik van lood word nou selfs deur jagters as die grootste euwel ooit afgemaak. Dit verdeel natuurlik effektiewe bevegting van die greenies. Die kwessie van "algemene lisensies" vir die skiet van ongediertes is 'n groot kwessie daar. Wat sal ons boere sê as die skiet van duiwe op die sonneblomme belet word?
https://www.youtube.com/watch?v=URjFbMK5n3k
Re: Aksies teen die gebruik van lood
Posted: Fri Feb 28, 2020 6:53 am
by Klein Chris
Interessant. Die Engelse en Walliesers is groot op windbukse wat net lood gebruik. Dis nogals n groot gemeenskap van skuts en vervaardigers. Dink die greenies mag dalk teenkanting kry van hulle kant af
Re: Aksies teen die gebruik van lood
Posted: Fri Feb 28, 2020 8:33 am
by Capt. Yoda
tripodmvr wrote: Thu Feb 27, 2020 6:52 pm
Die jagters in Brittanje is al meer onder druk van die groenes. Dit kom duidleik uit in die berigte in hierdie reeks programme. Die gebruik van lood word nou selfs deur jagters as die grootste euwel ooit afgemaak. Dit verdeel natuurlik effektiewe bevegting van die greenies. Die kwessie van "algemene lisensies" vir die skiet van ongediertes is 'n groot kwessie daar. Wat sal ons boere sê as die skiet van duiwe op die sonneblomme belet word?
https://www.youtube.com/watch?v=URjFbMK5n3k
Gelukkig het jy iemand nodig om daai tiepe goed toe "enforce" en in Afrika is hulle te besig om planne te maak om geld te steel
Re: Aksies teen die gebruik van lood
Posted: Fri Feb 28, 2020 10:35 am
by Methos
Hier by my mag ons nog met lood skiet - behalwe as jy in riviere\water skiet (hael gewere). Jy kry staal patrone maar jy kan dit nie met enige haelgeweer skiet nie. Dis meestal nuwer haelgewere.
Vir koeël gewere kry ons deesdae ook loodvrye koeëls - nog nie probeer nie. Sien nie regtig die nut daarvan nie. Dis so min lood dat as mens een sinker verloor as jy visvang jy amper 'n paar jaar se kwota van koeëls verby gaan.