Page 1 of 1

Ballista Arms

Posted: Mon Apr 06, 2020 4:29 pm
by Smith223
Goeie middag, het enige een van julle ondervinding met Ballista Arms?
https://www.ballistaarms.co.za
Hulle pryse op die Lapua Scenars is goed en ek wil nie vir R5k+ gescam word as ek 1000 koop nie.

Re: Ballista Arms

Posted: Mon Apr 06, 2020 4:34 pm
by Draegan
Ek het met Jaco van Ballista Arms gesels toe ek Lapua doppe gekoop het. Ek het my bestelling geplaas vroeg die oggend en daardie aand toe WhatsApp hy my om te laat weet die pakkie is versend en sal die volgende dag afgelewer word. Flink diens en die prys was heel kompeterend. Ek weet net nie wat die inperkingsperiode gaan beteken vir aflewerings nie ongelukkig.

Re: Ballista Arms

Posted: Mon Apr 06, 2020 5:04 pm
by Riaan Kriel
Ek het al 2x besigheid gedoen met Jaco... Elke keer nog net goeie diens gekry en hy het moeite gedoen om te verseker dat die 300 6mmBR doppe almal van dieselfde batch is.

Ek sal enige tyd weer met Jaco besigheid doen.

Re: Ballista Arms

Posted: Mon Apr 06, 2020 10:16 pm
by phyllox
Riaan Kriel wrote:Ek het al 2x besigheid gedoen met Jaco... Elke keer nog net goeie diens gekry en hy het moeite gedoen om te verseker dat die 300 6mmBR doppe almal van dieselfde batch is.

Ek sal enige tyd weer met Jaco besigheid doen.
+1


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ballista Arms

Posted: Mon Apr 06, 2020 10:34 pm
by Smith223
Dankie vir die terugvoer, ek het Jaco gekontak. Ek sal terugvoer gee na die transaksie voltooi is.

Re: Ballista Arms

Posted: Fri May 08, 2020 3:58 pm
by Smith223
Net terugvoer na my transaksie, Ek het 1000 Scenars gekoop teen 'n prys wat nie geklop kan word nie en Jaco het hulle vir my laat aflewer. Ek sal definitief weer van sy diens gebruik maak.