Page 1 of 1
Lang skote met of sonder dempers?
Posted: Sun Apr 26, 2020 9:27 pm
by Skietstoel
Baie van deesdae se plase laat mens nie meer toe om sonder 'n demper op jou geweer te jag nie. Nou wonder ek of gewere nadelig beinvloed word en of 'n demper dalk groeperings verbeter? Ek weet dat dit my gewere se trefpunt skuif op die skywe maar wonder of dit 'n invloed het op die nodes wat mens met QL bereken en of mens 'n aanpassing in jou ladings moet maak of nie.
Die stuk massa voor aan die loop moet bykomend mos n verdere "barrel-tune" effek hê?
Ek hoor graag wat julle manne sê oor hierdie saak.
Re: Lang skote met of sonder dempers?
Posted: Sun Apr 26, 2020 10:17 pm
by Ds J
Een van my beste vriende met baaaie ervaring sê dat die gewere akkurater word. Syne verbeter gemiddeld 1/4 MOA op 100m. Ek moet byvoeg dat hy regtig kan skiet. Hulle toets vir n lading is om n sigaret op 50m teen die filter af te skiet.
Re: Lang skote met of sonder dempers?
Posted: Mon Apr 27, 2020 1:05 am
by joe rocket
Al hoekom groepeerings verbeter is dat die skut nie flinch nie. Ek het n vriend wat besigheids kaarte op 100m middel deur skiet sonder n demper. Skiet met demper gaan nie jou roer swakker laat skiet nie.
Re: Lang skote met of sonder dempers?
Posted: Mon Apr 27, 2020 7:48 am
by Gerhardu
Skietstoel wrote: Sun Apr 26, 2020 9:27 pm
Baie van deesdae se plase laat mens nie meer toe om sonder 'n demper op jou geweer te jag nie. Nou wonder ek of gewere nadelig beinvloed word en of 'n demper dalk groeperings verbeter? Ek weet dat dit my gewere se trefpunt skuif op die skywe maar wonder of dit 'n invloed het op die nodes wat mens met QL bereken en of mens 'n aanpassing in jou ladings moet maak of nie.
Die stuk massa voor aan die loop moet bykomend mos n verdere "barrel-tune" effek hê?
Ek hoor graag wat julle manne sê oor hierdie saak.
Ek dink jy antwoord jou eie vraag self hier.Maar ja,jou groepe moet dieselfde bly.
Re: Lang skote met of sonder dempers?
Posted: Mon Apr 27, 2020 10:02 am
by Capt. Yoda
Dit is al taamlik bespreek op die forum, silincer kan help met die vervorming van die kroon (maak basies jou loop dukker by die kroon) en dit kan tot n mate help met akuraatheid in din lope en dit help met die recoil wat n groter impak op die skut het. Die ekstra gewig voor op die loop gaan heel moontlik n verskil in jou poi bring so as jy n KD gebruik gebruik hom maar elke keer en dit kan moontlik help deur jou loop “stadiger” te laat beweeg geduderende die hele skiet sukles (oscillation) so kan tot n mate jou node groter maak weer ook maar amper soos n swaar loop maar ek dink dit is ook maar tot n kleiner mate . Dit behoort nie n impak op jou loop se nodes te he nie maar party ouens kry dat hulle bq meer spoed kry met n silincer so jy kan altyd eers jou spoed neem sonder n silincer vir jou lading ontwikkeling.
Re: Lang skote met of sonder dempers?
Posted: Mon Apr 27, 2020 10:24 am
by Koos Barnard
'n Demper verbeter nie noodwendig altyd groeperings nie. My .30-06 groepeer swakker met 'n demper as ek 180gr Federal Fusion fabrieksammo skiet. Met die 150gr Federal Fusion fabrieksammo is die groeperings dieselfde, met of sonder demper.
Mooi loop
Re: Lang skote met of sonder dempers?
Posted: Mon Apr 27, 2020 12:16 pm
by Skietstoel
Dankie vir almal se insette! Ek probeer agter die wetenskap en teorie van die invloed van dempers kom.
Dit lyk vir my asof my gewere goed doen met dempers met die koele wat ek deur hulle jaag. Ek wonder net of die nodes nog op dieselfde plekke le met dieselfde ladings met of sonder dempers
Re: Lang skote met of sonder dempers?
Posted: Mon Apr 27, 2020 12:31 pm
by tripodmvr
Nodes bly dieselfde omdat die demper nie deel word van die element (die loop) waarin die skokgolwe beweeg nie. Die demper mag 'n geringe of geen uitwerking op die spoed hê nie. Gewere waarvan die nodes bepaal is word blykbaar nie te veel geaffekteer deur die aanbring van die klankdempers nie.
Re: Lang skote met of sonder dempers?
Posted: Mon Apr 27, 2020 3:39 pm
by Skietstoel
Dankie Tripod, moet se Oupa se kleinkinders verkies die dempers en skiet met meer selfvertroue met beide die 30-06 asook die 243. Die bykomende massa is egter bietjie van n nadeel.