Page 1 of 1
Roosevelt Sable
Posted: Mon Dec 12, 2011 11:11 am
by George22250
Re: Roosevelt Sable
Posted: Mon Dec 12, 2011 4:40 pm
by Frederik
Hier is nog 'n roosevelt wat ek en die klient in Niassa provinsie noord Moz geskiet laasjaar Julie.
Dit is maar pragdiere hierdie een het besondere groot lyf gehad.
[img width=560 height=420]
http://www.infinito-safaris.com/ARPhotos/sable2.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://www.infinito-safaris.com/ARPhotos/sable1.jpg[/img]
Re: Roosevelt Sable
Posted: Mon Dec 12, 2011 4:56 pm
by George22250
Jys reg hy het n moerse lyf!! Dit is mooi die diere veral as mens hul kan skiet waar hul nog so wild is. Die een hier bo is in die Selous geskiet.
Wat het hy gemeet? Baie mooi bul
Re: Roosevelt Sable
Posted: Mon Dec 12, 2011 5:00 pm
by Frederik
39 1/2"
Re: Roosevelt Sable
Posted: Sat Dec 31, 2011 9:27 am
by Herman Venter
George
Daardie is darm baie mooi! So sable is verseker op my lysie..
Groete
Herman
Re: Roosevelt Sable
Posted: Tue Jan 10, 2012 12:22 pm
by Ian
George
Waar kom die naam "Roosevelt Sable" vandaan? Soos ek verstaan is daar net 3 soorte nl. Giant-, Zambiese-, en Matetse Sable's. Ek hoor graag van jou.
Groete
Re: Roosevelt Sable
Posted: Wed Jan 11, 2012 6:42 am
by Arnold van Wyk
There are four subspecies:
H. n. niger which is considered low risk conservation dependent
H. n. variani (Giant Sable Antelope) of central Angola which is classified as critically endangered
H. n. kirkii (Zambian Sable Antelope) of central Angola and western Zambia and is classified as vulnerable
H. n. roosevelti the Roosevelt sable antelope found in Kenya and Tanzania and possibly in Mozambique.
Re: Roosevelt Sable
Posted: Wed Jan 11, 2012 6:46 am
by Arnold van Wyk
Re: Roosevelt Sable
Posted: Fri Jan 13, 2012 7:08 am
by Ian
Bywoner
Baie dankie vir die inligting, snaaks dat hulle nie die Sable's op veilings in SA bemark nie.
Julle ouens wat Sable's al baie gejag het, hierdie bul is 'n Matetsibul , ek sal graag wil weet wat skat julle sy horing-lengte, ek wil hom nie graag onnodig dart om die horings te meet nie. Ek laai 2 foto's en sal waardeer om van julle te hoor. Groete
Re: Roosevelt Sable
Posted: Fri Jan 13, 2012 7:09 am
by Ian
Foto 2
Re: Roosevelt Sable
Posted: Fri Jan 13, 2012 7:41 am
by Frederik
Ian, ek het nog nie so baie sables gejag nie maaar ek sou se so 42" se kant as jy klaar met hom geteel het se my net want ek sal vir jou 'n jagter vir hom kan kry mooi bul.
Re: Roosevelt Sable
Posted: Fri Jan 13, 2012 7:51 am
by Francois Marais
Ian
Ek skat hom so 42-43" maar dit lyk vir my na n jongerige bul, geen secondary growth sigbaar nie, so reken hy kan nog n bietjie aansit......maar kan natuurlik die pot ver missit..
Mooi loop
Francois
Re: Roosevelt Sable
Posted: Fri Jan 13, 2012 7:56 am
by Geno
Ian, ek sal ook reken hy's om en by 43", dalk 'n rapsie oor...
Re: Roosevelt Sable
Posted: Fri Jan 13, 2012 8:10 am
by Ian
Frederik, Francois en Geno
Die bul is nou 8 jaar oud en hy het darem nog 'n ruk om te teel, hopelik sal hy nog 'n paar duim groei en ek sal jul verseker laat weet as hy beskikbaar is vir jag. Dankie vir jul moeite. Groete
Re: Roosevelt Sable
Posted: Fri Jan 13, 2012 10:42 am
by FE
Baie mooi bok Ian