Page 1 of 1
2de geweer in 6.5Cr
Posted: Tue Jun 16, 2020 3:28 pm
by Hennie van der Merwe
Goeie middag almal,
Ek het so jaar en 'n bietjie terug 'n Remington 700 ADL dikloop gekoop in 6.5Cr, en maklik my lisensie gekry.
Ek het nou egter 'n Tikka T3x CTR gekoop, ook in 6.5Cr, en wonder nou hoe om die motivering te skryf vir die tweede geweer.
Die Remington slegs vir vêr skiet en die Tikka vir jag en vêr skiet.
Ek is beide toegewyde jagter en sportskut.
Dankie,
Hennie
Re: 2de geweer in 6.5Cr
Posted: Tue Jun 16, 2020 3:50 pm
by tripodmvr
Jy het eintlik jouself reeds geantwoord. Wys die verskille in gewig en looplengte uit en beklemtoon die hanteerbaarheid van die Tikka en sy ligter gewig.
Volgens my slegs 2 paragrawe. Een waarin jy die Remington aanblaas as vêr skieter en dan een oor die Tikka om sy gepastheid vir jag uit te wys. Hier kan jy dan die kaliber se doodmaakvermoë aantoon en ook wat jy daarmee wil jag. Kry 'n endossement van jou organisasie om die kaliber as geskik vir jagdoeleindes te verklaar.
Re: 2de geweer in 6.5Cr
Posted: Tue Jun 16, 2020 5:17 pm
by Wouter Roets
Hennie
Ek motiveer die wapen in beide die geskikheid van die kaliber en die spesifieke geweer vir my aplikasie. Het nog nooit my ander kalibers al was hulle dieselde vergelyk met die wapen waarvoor ek aansoek doen nie. Soos die Engelsman se don't open a can of worms. Werk nog altyd vir my.
Groetnis
Wouter
Re: 2de geweer in 6.5Cr
Posted: Wed Jun 17, 2020 9:44 am
by Capt. Yoda
Hulle moan bq as manne 2 x 6.5Creeds of 270s probeer motiveer........ hulle verstaan nie eers hoekom die ou 1 wil he nie
Re: 2de geweer in 6.5Cr
Posted: Wed Jun 17, 2020 11:49 am
by joe rocket
Capt. Oblivious wrote: Wed Jun 17, 2020 9:44 am
Hulle moan bq as manne 2 x 6.5Creeds of 270s probeer motiveer........ hulle verstaan nie eers hoekom die ou 1 wil he nie
Een is n 6.5 creedmore en die ander een is n sixty five c.
Re: 2de geweer in 6.5Cr
Posted: Wed Jun 17, 2020 1:45 pm
by Hennie van der Merwe
Dankie manne.
Klink my ek is 'n contender vir 'n moontlike afkeur.
Sal maar sien.
Re: 2de geweer in 6.5Cr
Posted: Wed Jun 17, 2020 2:24 pm
by Capt. Yoda
Ag nee wat Hennie daar is baie manne met 2, 3 en self 4 van dieselfde kalibers. Die een gebruik jy mos vir jag en een vir baan
Re: 2de geweer in 6.5Cr
Posted: Wed Jun 17, 2020 3:00 pm
by OosKaapJagter
Net om jou so bietjie moed in te praat kan ek noem dat ek twee 308's het en in die laaste jaar lisensies vir twee .22's van dieselfde vervaardiger bekom het. Lig maar net die verskille tussen die gewere en hul aanwending uit.
Re: 2de geweer in 6.5Cr
Posted: Wed Jun 17, 2020 10:30 pm
by Gbyleveldt
Ek het twee 100% identiese 6.5’s op n stadium gehad. Ek het genoem dat 1 my kompetisie geweer was en dat 1 my oefen/backup geweer was. Ek het nie ‘n druppel se probleem gehad nie.
Re: 2de geweer in 6.5Cr
Posted: Sat Jun 20, 2020 12:32 pm
by Hennie van der Merwe
Dankie
