Page 1 of 1

Die bokke wat gewen het!!!

Posted: Wed Jun 17, 2020 11:36 am
by tau
Manne ek kry die naweek weer 'n Koedoe wat wegkruipertjie gewen het en van ouderdom of siekte dood is, maar nie van 'n jagter nie. Ek geniet dit om pick-up's te vind in die veld as ek jag. Ja van die horings kan wees van kwesskote waar bok later gevrek het of roofdiere, maar sommiges is seker nou amptelik, wegkruipertjie kampioen en het baie jagters uitoorlê of roofdiere.

Kom plaas jou pick-up foto hier en wys ons die Victor ludorum's van die veld.

Re: Die bokke wat gewen het!!!

Posted: Wed Jun 17, 2020 11:39 am
by tau
Image

Weskaap. Eland. Hy het gevrek van ouderdom/Siekte vêr van jagters of roofdiere. 38”+ verseker. Ek het varke gesoek en op hom afgekom.

Re: Die bokke wat gewen het!!!

Posted: Wed Jun 17, 2020 11:40 am
by tau
Image

2019 Zululand by Nico Harris gekry in kloof. My Steyr het 20” loop.

Re: Die bokke wat gewen het!!!

Posted: Wed Jun 17, 2020 11:40 am
by tau
Image
2019 Zululand By Nico Harris. Groot yster gewees.

Re: Die bokke wat gewen het!!!

Posted: Wed Jun 17, 2020 11:42 am
by tau
Image
2020 Ooskaap die kop was nog vas aan vel. Ons kon nie skoot op vel of bene sien nie. Boer het hom dadelik herken toe ons hom wys en sommer gesê waar hy geloop het. 49” gemeet wat baie mooi is vir Ooskaap

Re: Die bokke wat gewen het!!!

Posted: Wed Jun 17, 2020 1:43 pm
by Mellies
tau wrote: Wed Jun 17, 2020 11:42 am Image
2020 Ooskaap die kop was nog vas aan vel. Ons kon nie skoot op vel of bene sien nie. Boer het hom dadelik herken toe ons hom wys en sommer gesê waar hy geloop het. 49” gemeet wat baie mooi is vir Ooskaap
Tau,

Watse deals doen jy in die jagveld met daai foon op jou bors?

Met n vleisie..

Re: Die bokke wat gewen het!!!

Posted: Wed Jun 17, 2020 1:48 pm
by tau
Mellies wrote: Wed Jun 17, 2020 1:43 pm
tau wrote: Wed Jun 17, 2020 11:42 am Image
2020 Ooskaap die kop was nog vas aan vel. Ons kon nie skoot op vel of bene sien nie. Boer het hom dadelik herken toe ons hom wys en sommer gesê waar hy geloop het. 49” gemeet wat baie mooi is vir Ooskaap
Tau,

Watse deals doen jy in die jagveld met daai foon op jou bors?

Met n vleisie..
:laugh: nee ek het hom nie mooi terug in die webbing gedruk nie. Was seker besig om op Instagram fotos' van my en die horings te post vir my "Kortafstand vertikaalgestremde jagter klub" lede. Jy kan sien die lens is nog op Panoramic gestel daar. Of dalk het my Ma gebel en ek moes haar eers belowe ek sal nie met 'n .270 jag nie, ooit nie.

Re: Die bokke wat gewen het!!!

Posted: Wed Jun 17, 2020 3:17 pm
by J le Roux
Mooi Tau.

Is daai koedoe foto in die Noorsveld naby Jansenville?

Re: Die bokke wat gewen het!!!

Posted: Wed Jun 17, 2020 3:44 pm
by tau
J le Roux wrote: Wed Jun 17, 2020 3:17 pm Mooi Tau.

Is daai koedoe foto in die Noorsveld naby Jansenville?
Net so!!!!! 'n Lekker harde area om te voet te jag. Vrydag was 12.6km en Saterdag 17.2km se genot. Ons is baie gelukkig om 'n stukkie hemel hier te kan jag waar die boer ons nog baie vryheid gee.

Re: Die bokke wat gewen het!!!

Posted: Wed Jun 17, 2020 3:45 pm
by Eduard Venter
Hier is iets wat mens nie gereeld raakloop nie. Koedoe horings waar die dop reeds afgekom het. Dit kon moontlik 'n werker wees wat dit verwyder het ek weet nie. Moes nietemin 'n oom van 'n bul gewees het.
IMG-20191110-WA0000.jpeg
Sent from my SM-A520F using Tapatalk


Re: Die bokke wat gewen het!!!

Posted: Wed Jun 17, 2020 3:51 pm
by tau
Eduard Venter wrote: Wed Jun 17, 2020 3:45 pm Hier is iets wat mens nie gereeld raakloop nie. Koedoe horings waar die dop reeds afgekom het. Dit kon moontlik 'n werker wees wat dit verwyder het ek weet nie. Moes nietemin 'n oom van 'n bul gewees het. IMG-20191110-WA0000.jpeg

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Kan seker ook teken wees van goeie insek lading in julle area wat help om afbreking van horings en vliesies te doen. Maar vrekkit ja as vel nog sit op skedel kom horings nog lank nie af nie. Ek weet met olifant jag begrawe hulle kop om tande los te kry met hulp van insekte en inkrimping.

Moes 'n mooi ou bosveld bul gewees het!!!!

Re: Die bokke wat gewen het!!!

Posted: Wed Jun 17, 2020 4:06 pm
by Wouter Roets
Eduard

Ja daai is defnetief snaaks. Soos jy se dalk het die volk so bietjie gehelp. John ek kry nou nie die fotot nie maar so drie jaar terug het ek n 62 duim koedoe horings opgetel in Nam in die Aranos area. Albei horings was presies ewe lank wat nogal n rare gebeurtenis op sy eie is.

Groetnis
Wout