Page 1 of 1
Watter koeël vir seekoei?
Posted: Wed Jun 17, 2020 9:21 pm
by BeesBreet
Ek het n 375H&H en het n geleentheid op n seekoei. Gaan walk & stalk wees met skoot seker 50m op die verste.
Watter punt moet ek voor in die dop druk, die kanse op “broadside” skouer skoot is min blykbaar, as dit enigsins n invloed het op die keuse?
Ek hoor graag
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Wed Jun 17, 2020 9:38 pm
by JohanvB
'n MOERSE koeël!!
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Wed Jun 17, 2020 10:37 pm
by BeesBreet
JohanvB wrote:'n MOERSE koeël!!
Jy is eintlik die beste man om raad te gee, dit is immers jou ou 375
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Thu Jun 18, 2020 6:09 am
by Thunderhead
As die diere rustig is en jy gaan kop skiet sal ek n goeie soft Barnes of Swift gebruik. As hulle wakker is en jy nie weet wat se angle jy gaan skiet sal ek n solid laai. Dzombo werk baie goed. Ek hou van a plat meplat op solids dit gee n groter wound channel.
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Thu Jun 18, 2020 6:30 am
by Geno
Ek stem saam met thunderhead.
Vir solids hou ek van Johann Kriek se EasyFeed solids. Hukle is ook goedkoop genoeg om baie lekker mee te oefen.
Sent from my SM-G988B using Tapatalk
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Thu Jun 18, 2020 6:59 am
by DWB
BeesBreet, eerstens wil ek vir jou sê jou BLOODY AGENT
Dis 'n droom wat ek al baie lank het!
Kriek solids se Meplat is lekker groot en is virseker effektief. 'n Vriend van my gebuik hulle met groot sukses in sy 458.
Die enigste ander solid wat tans baie oproering maak is die Woodleigh Hydro solid.
Fenominale penitrasie en 'n groot wondkanaal. Hulle kos wel so amper R40 stuk. (Skree as ek jou met die agent in verbinding moet bring)
Waar in die land gaan jy die damvark jag?
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Thu Jun 18, 2020 9:43 am
by BeesBreet
Dankie DWB het al die regte kontak nommers gekry!
Manne ek wil eintlik nog nie te veel uitbrei nie omdat die sterre nog moet oplyn en alles moet in plek vaar voor ek die groen lig kry. Ek wil maar net reg voorberei wees vir as ek die oproep kry!
Ek sal defnitief kom deel hier as ons voort gaan.
Ek sal moet laai en oefen nou
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Thu Jun 18, 2020 9:49 am
by Smitstertjies
Ek het nog net 1 seekoei geklits. Dit was met Swift A frame. Kopskoot. Daai goed se velle is baie taai en lywe baie dik. Vir lyfskoot sal ek ook maar n solid aanbeveel.
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Thu Jun 18, 2020 10:20 am
by DWB
Lekker man! Geniet hom!!!!!!!
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Thu Jun 18, 2020 11:10 am
by Johan van Wyk
BeesBreet wrote: Wed Jun 17, 2020 9:21 pm
Ek het n 375H&H en het n geleentheid op n seekoei. Gaan walk & stalk wees met skoot seker 50m op die verste.
Watter punt moet ek voor in die dop druk, die kanse op “broadside” skouer skoot is min blykbaar, as dit enigsins n invloed het op die keuse?
Ek hoor graag
Sent from my iPhone using Tapatalk
In jou geweer weet ek vir `n feit (soos in eerstehands) `n 300-grein Woodleigh solid is dodelik op `n seekoei...
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Thu Jun 18, 2020 12:12 pm
by BeesBreet
Dankie almal!!! Ysters
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Thu Jun 18, 2020 1:36 pm
by Gerhardu
Barnes,Swift,Dzombo,Rhino,Woodleigh.
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Thu Jun 25, 2020 8:13 pm
by Louisdewet
Hallo BeesBreet
Ek het ‘n lot Woodleigh Hydros wat ek nie binnekort sal kan gebruik nie indien jy belangstel.
Groete
Louis
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Thu Jun 25, 2020 8:55 pm
by BeesBreet
Baie dankie, wat soek jy vir hul?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Fri Jun 26, 2020 8:32 am
by Louisdewet
Ek het 100 en sal die lot vir R3,000 wil verkoop om net my geld terug te kry. Inbox my jou details as jy belangstel.
Mooibly
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Fri Jun 26, 2020 8:38 am
by BeesBreet
Louisdewet wrote:Ek het 100 en sal die lot vir R3,000 wil verkoop om net my geld terug te kry. Inbox my jou details as jy belangstel.
Mooibly
Sent from my iPhone using Tapatalk
Dankie
Ek het nou n klomp “Krieke” oppad waaroor ek baie opgewonde is.
Ek moet ongelukkig verby hou.
Hier dalk iemand anders wat hul sal wil/kan koop by jou.
Mooi dag
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Fri Jun 26, 2020 9:02 am
by tripodmvr
Ek is seker die Barnes TSX koele gaan ook nie sleg vaar as "solids" nie. Die tipe penetrasie wat mens kry is in daardie klas.
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Fri Jun 26, 2020 10:25 am
by Louisdewet
BeesBreet wrote:Louisdewet wrote:Ek het 100 en sal die lot vir R3,000 wil verkoop om net my geld terug te kry. Inbox my jou details as jy belangstel.
Mooibly
Sent from my iPhone using Tapatalk
Dankie
Ek het nou n klomp “Krieke” oppad waaroor ek baie opgewonde is.
Ek moet ongelukkig verby hou.
Hier dalk iemand anders wat hul sal wil/kan koop by jou.
Mooi dag
Sent from my iPhone using Tapatalk
Laat weet hoe jou jag uitloop. En as jy kan laat weet hoe loop hy op die braai. Ek hoor dit is baie lekker om te eet maar her self nog nooit die geleentheid gehad nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Sat Jun 27, 2020 7:55 am
by Gerhardu
tripodmvr wrote: Fri Jun 26, 2020 9:02 am
Ek is seker die Barnes TSX koele gaan ook nie sleg vaar as "solids" nie. Die tipe penetrasie wat mens kry is in daardie klas.
Groot verskil tussen die TSX en n solid.
Re: Watter koeël vir seekoei?
Posted: Sat Jun 27, 2020 9:19 am
by Frederik
Na 'n Swedse klient 'n groot seekoei kopskoot geskiet met sy 9.3 x 62 en voor daar nou gepraat word van onwettig ons het Natuurbewaring saam ons gehad en die permit aansoek het 9.3 op die aansoek gehad.
In elk geval toe die seekoei uit was en ek verstaan dit is groot stuk vleis en verslap omdat hy dood is maar ons wou toets wat maak die 286gr rhino soft koeel. Skiet toe deur die skouers en koeel is toe anderkant uit
Afstand wat skoot gevat was was hier by 20 meter. So iets soos 'n rhino, Swift en Barnes Soft behoort ook mooi te werk vir lyfskote. Ek het nou nie baie seekoeie met kliente gejag nie maar nie een van die kliente het solids gebruik nie. Sy vel is dik en hy is groot maar hy het nie pantser aan sy lyf nie. Die woodleigh Hydros wat ek nog nie in aksie gesien het nie behoort ook lekker te werk.
Sy vleis is lekker en as jy buite water gaan skiet, lyfskoot is dit seker meer van belang hoeveel skade jy kan maak binne as net penetrasie. Skiet Soft en laai solids vir backup as jy skoot van agter moet vat as hy weghardloop.