Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
So is ek besig om n klompie beesvet in blokkies te sny vir volgende week se jag en die vleiswerk wat hopelik daarop sal volg. Ek haal toe n mooi dik stuk vet uit die sak, en draai hom reg om te begin sny. Op die buite kant is daar toe die snaakse wit “stof”. Dit lyk nogal na kalk en is klip hard. Ek het in amper 15 jaar wat ons self vleis werk nog nooit so iets gesien nie. Die vet is by n baie betroubare slagter op Stellenbosch gekoop, so is afkomstig vanaf n abattoir en deur die regte kanale, en nie uit die gramadoelas nie. Ek koop seker al 8 jaar elke jaar vet by hulle, en het nog nooit probleme gehad nie.
Ek hoop werklik een van die lede kan lig hierop werp.
B Five wrote:Is dit nie maar net n stukke “harde” vet nie?
Selfde as wat mens rondom van die niere en ingewande kry?
Die binne vet soos om die organe is hard en korrelrig, maar voel steeds vetterig as jy daarmee werk. Die wit stof was “droog”, en aan die no kant van die stuk vet, so sou direk onder die vel gewees het.
Plaashaas wrote: Thu Jun 18, 2020 8:45 am
As ek moet raai is dit n ou absess wat versteen het.
Stem
Rom 8 v 1&2:Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
Stem saam dat dit n "versteende" abses is Die besering word geisoleer in n soort van n kapsule . Ek het al sulke versteende absesse in spierweefsel gekry wat die gevolg was van ou skietwonde Stuk koper of lood in.
knipmes wrote: Fri Jun 26, 2020 6:54 pm
Ek het al sulke versteende absesse in spierweefsel gekry wat die gevolg was van ou skietwonde Stuk koper of lood in.
Was dit nie baie seer nie knipmes?
Rom 8 v 1&2:Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
knipmes wrote: Fri Jun 26, 2020 6:54 pm
Ek het al sulke versteende absesse in spierweefsel gekry wat die gevolg was van ou skietwonde Stuk koper of lood in.
Was dit nie baie seer nie knipmes?
Die oompje is op sy sagste deel graniet hard! Hy sny daai koele met “ knipmes” uit