
Op pad het die wind ons al omtrent verwaai, gelukkig almal veiling op Modderput aangekom.

Nadat die gewere is ingeskiet, kon ons lekker ontspan. Riaan het omtrent 'n hele skaap vir ons gebraai die aand. Al het die groot koue toe nog nie toegesak nie, het ons heerlik voor die vuur gekuier.



Vrydag het die weer ons verras met 'n pragige windstil oggend. Dit was ongelukkig van korte duur! Wind het 9 uur weer begin waai en nooit weer die naweek gaan lê nie. Ten spyte van die wind, kon Dirk sy eerste bok skiet.

Res van ons kon darem ook iets raak kry, ten spyte van die wind wat tot 40km/h gewaai het.





Saterdag het ons wind en ligte reen in die veld gehad, sommer ordentlik koud gewees.
My dogter dogter darem kans gekry om haar eerste bok te skiet.

Baie geseënd dat ek die ervaring met haar kon deel!

Die naweek was definitief van die meer uitdagende Karoo voorsitjagte wat ek al deel van was, maar sal die tyd in die veld saam met kinders en goeie vriende vir niks ruil nie!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


