Page 1 of 2

Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Mon Jul 20, 2020 5:25 pm
by Mellies
Dagsê almal.

Ek en Skillie is verlede week Dinsdag net na 4am weg uit Pots. 7:30 gou in Bloem gestop om vir Benna op te tel. Benna het egter by die huis gebly. Sy suster is letterlik minute voor ons aankoms oorlede en moes agterbly. Sulke teëspoed het my nog nooit oppad na n jagtrip getref nie en ek wens dit vir niemand toe nie.

Nietemin, so 30km voor Koolberg begin die eerste wit vlokkies teen die hilux se voorruit plak. Soos ons vorder raak die storie al meer. Soveel so dat ons later 60km/h ry. Voor Koolberg gou n Seattle koffietjie gegryp en die dorp binne gery vir jagliksense.

‘n Uur later op n pragtige grondpad pak ons af en skarrel vir jasse. Volgens die hilux is dit 1’C buite met n suidewind wat alles en almal behoorlik afkoel. Onder omstandighede lyk dit of die roere ook nog skiet soos hulle moet.

Tyd vir n vleisie en kuier om die kaggel.
B4AD466B-81CE-4B7F-B8D1-5B234E7CE76A.jpeg
Die oggend voor 5am is ek reeds besig om koffie te stook. 7:30am is ons in die veld. Dit is -8’C buite. Alles brand. My hande (met handskoene), voete (met boots), bors, bas, bene...you name it en dit het koudgekry. Teen n rant 700m weg is n trop rooihartebeeste. Die bul mag gaan, maar daar is ook alleenlopers wat aandag kort.

In n poging om die wind reg te kry sien ek n trop van 22 kudus met n manjifieke swart bul. Al probleem is hulle is buite die heining. Steeds lekker om te sien dat daar soveel mooi n gesonde diere op die oop plase is. Met n draai is ek terug na die oorspronklike trop hartebeeste. Terwyl ek hulle deurkyk het n alleenbul van nerens af verskyn op die vlakte voor my. Sy aandag gefokus op die dames wat in sy rigting beweeg.

Volgens die leica is hy 350m van my af. Met n bietjie moeite en geduld kon ek kruip tot 305m van die ou grote af. Rustig, gemaklik teen die rant skiet ek ondertoe teen n effense helling. Die BRH se 3de merkie (vir 300m) suig vas laag op die blad en oubaas Walther spoeg n 150gr partition (@ 2960 voete) met mening. Die ‘duppp’ wat ek as terugvoering ontvang is vir my ganog. 15 treë en hy slat neer soos n os.
9E22764D-C9E9-4DE3-9671-137F7C13506D.jpeg
Na n paar kiekies en pens uithaal is ek na Skillie wat ook n alleenbul pakslae gegee het met sy 06 en 165gr BTs.
B498F214-F7EA-4905-9C55-0F4D02FBF15E.jpeg
Dag twee is ons berge toe agter rooiribbok en kudus aan. Eers net gou n draai loop tussen die rietbokke wat my al sedert 2019 ontwyk. Ek het ook toestemming om my eerste steenbokkie te jag sou ek iets sien wat die moeite werd is. Die rietbokke is maar skaars so vroeg en woon blykbaar ‘n lesing oor Covid by.

Skillie gewaar wel n steenbokrammetjie, maar die jongeling sal nie die pyp rook as trofeë nie. Paar minute later gewaar ons nog n steenbokram wat enige jagter se hart n paar keer sal choke. Die ram het blitsvinnig buite sig verdwyn agter n damwal van n droeë gronddam. Ek stoot n 150gr partition (nie perfek vir steenbokjag nie) in Walther se keel en kruip op my knieë stadig oor die wal. Ek voel nie die yskoue grond onder my hande nie. Die steenbok staan plankdwars voor n ou wilgerboom. Ek gaan lê, safety af, en druk stadig met die BRH se eerste merkie so twee duim agter die blad in n poging om skade te verhoed. Op 80m het hy nie geweet wat hom tref nie...

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Mon Jul 20, 2020 5:26 pm
by Mellies
Steenbokram

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Mon Jul 20, 2020 5:32 pm
by DWB
Liewe Ot Mellies! Welgedaan :o

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Mon Jul 20, 2020 5:40 pm
by Mellies
Bo-op die berg loop beide van ons in heelwat kudukoeie vas. Die bulle bly aan die skaarskant. Teen middagete is ek terug in die rigting van n kop waar ek vroeër n troppie ribbokke met rus gelaat. Almal redelik aan die rustige kant maak ek myself rustig op n klipbank 180m weg. Die stokou ribbokram kry n 150gr tussen sy kykers. Ek laai vinnig oor en n ooi sak in haar spore langs hom neer. Links van hulle staan nog n groot ooi en wonder wie verantwoordelik is vir die geraas toe sy ook opdrag kry om rustig te raak. Met dit was dit ook die einde van dag twee. Oppad huistoe het Skillie n mooi takbok geskiet wat die skape se groenvoer net teveel geniet het...

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Mon Jul 20, 2020 5:48 pm
by Philip J
Mooi gemaak manne! Baie geluk!

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Mon Jul 20, 2020 6:02 pm
by Mellies
Dag drie ons na blesbokke se tuiste bo-op n ander berg. Saam met hulle hardloop 5 swart narre wat dinge so effens bemoeilik met hulle toertjies. Skillie het my afgelaai op n plekkie teen n rant waaruit ek twee gemaklike skiethoeke het. Selfs 3G opgevang die oggend op ‘kantoor’. Skillie et die cruiser agter n paar besembosse gaan wegsteek terwyl ons wag vir Jacobus om die bokke te roer met sy ysterperd.

Gou-gou het n paar withoringramme tussen n klomp klippe aan die oorkant verskyn buite Skillie se sig. ek draai die Z5 se krane oop en gebruik die 3de BRH merkie vir 350m. Die ram kyk skuins weg van my af...ou Lelik (my 243 AI) spoeg n 88gr Berger @ 3330voete in die rigting van die ram. Ek dink hy is steeds besig om te soek na wie weet wat...

Die trop gaan maak n draai by Skillie en ek hoor die geselsies van die 06 tussen die berge. Die groot trop maak n paar wye draaie met n ou tannie wat almal reg voor my tot stilstand bring. 220m vertel die leica. Ek maak die magasynkas ook vol aangesien ou murphy my op die skouer klop...


Heel verbaas hoor ek Lelik sê: Melliesss seblief tog squeeze my...

n Ram duik hard, nog n withoring verloor sy slippers en na n paar treë is n ooi ook uit haar draftekkies. Ek roep eers halt sodat die ander ook kans kry....

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Mon Jul 20, 2020 6:03 pm
by Mellies
Nog n blesbokram

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Mon Jul 20, 2020 6:15 pm
by Mellies
Met die blesbokke wat ganog aandag gekry het is ons agter springbokke aan. Dit is nou daai klomp wat vir Noupoort by die Olimpiese spele verteenwoordig het met die 100 en 200m nalope.

Ek kap n kruppelram en Skillie gryp vir Lelik en kry sy springbokkleure met n lekker vet ooi wat haar spykerskoene by die huis gelos het.

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Mon Jul 20, 2020 6:35 pm
by Mellies
Met die springbokke wat ons verder geen kans gee nie stel Skillie voor dat ons weer moet gaan kyk vir daai Rietbok. Elke liewe vorige pva het geen positiewe uitwerking gehad nie. Ons moet iets anders probeer. n Volwasse ram steek vas naby Skillie en hardloop letterlik eers weg met die jagter wat 5m weg staan. Ons gewaar nog n netjiese ram en twee ooie wat ons aangluur vir n paar sekondes en skielik verdwyn. Die drie het gaan lê tussen die riete...

Met die son wat lêplek soek het ons geweet hulle gaan moet opstaan om hongerpyne te stil voor die koue nag. Ek haas my teen n rant op om my uitsig te verbeter. Minute later staan die drie muskatiers op en beweeg weg van ons. Dis vêr... die ram se pragtige stel horings is maklik om te herken. Die leica vertel weer iets van 350m. Weereens draai ek die Z5 se krane oop en die ram verskyn mooi. Hy loop kopomlaag weg van my af...nou plankdwars maar agter n bos...weer geen skoot nie. En toe, plankdwars....ek kompenseer effens vir die briese in my nek en vat so 4” agter die blad. Die skoot voel goed en die ram raak weg agter n bos. Skillie juig en ek weet n spesiale jag vind plaas. Die twee ooie hardloop alleen die verte in...

Wat kan ek sê behalwe dankie...en,

Met n vleisie...

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Mon Jul 20, 2020 6:37 pm
by Mellies
Nog n paar...

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Mon Jul 20, 2020 6:52 pm
by savage(P Coetzer)
Nou het jy my vrek jaloers ou maat!

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Mon Jul 20, 2020 7:11 pm
by Gian_dP
Lekker storie Mellies! Bly die jagtrip het beter geëindig as wat dit begin het.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Mon Jul 20, 2020 7:14 pm
by Carl
Sjoe lekker gejag Mellies en daardie Steenbok is een vir die muur en baie Jamesons om hom te vier.

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Mon Jul 20, 2020 7:38 pm
by Johan Nel
Ek het nou sommer lekker gelees en ingeleef in hierdie jag en al die fotos gekyk van alle hoeke af.
Welgedaan met julle jagtog. Dit blyk 'n reuse sukses te gewees het.

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Tue Jul 21, 2020 6:48 am
by Frederik
Paar mooi bokke veral die steenbok iets om op trots te wees.

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Tue Jul 21, 2020 7:31 am
by Plaashaas
Dankie vir die storie en fotos. Hvl duim is die steenbok toe?

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Tue Jul 21, 2020 7:51 am
by BSniperEM
Lekke Mellies en Skillie!! Wat n bevange jag en mooi geskiet!

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Tue Jul 21, 2020 8:38 am
by sako 30-06
Jy het my al jaloers gehad met die Buffelsofntein ;D
Dankie vir die lekker storie, dit klink na n baie lekker jag en verseker baie suksesvol.

Dis min dat n mens soveel verskeidenheid kan skiet.

Daai rietbok en steenbok is ongelooflik mooi, ek is baie jaloers.

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Tue Jul 21, 2020 8:41 am
by saswart
Geluk dit lyk of dit 'n lekker jag was! Jammer om te hoor van jul vriend se suster.

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Tue Jul 21, 2020 9:44 am
by Capt. Yoda
Lekker Mellies, julle het mooi aan gegaan daar in die koue

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Tue Jul 21, 2020 9:52 am
by Wouter Roets
Geluk Mellies en Willie! Klink na n heerlike jag wat toe kon realiseer na die ongeluk aan die begin.

Welgedaan
Wouter

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Tue Jul 21, 2020 3:18 pm
by Ryperd
Dit was nou lekker lees, dankie.

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Tue Jul 21, 2020 5:22 pm
by Mellies
Dankie vir al die mooi woorde en komplimente.

Plaashaas die klipbok is net oor 5.5” aan die regterkant.

Sako dit is lekker as daar n verskeidenheid spesies beskikbaar is ja. Ook koperspringbok, blouwildes en volstruise wat nie genoem is nie.

Met n vleisie...

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Wed Jul 22, 2020 5:29 am
by ruaanb
Nou lekker gelees dankie vir die deel.

Re: Deur die Poorte na n (jag)hemel.

Posted: Wed Jul 22, 2020 7:19 am
by Plaashaas
Mellies wrote: Tue Jul 21, 2020 5:22 pm Dankie vir al die mooi woorde en komplimente.

Plaashaas die klipbok is net oor 5.5” aan die regterkant.

Sako dit is lekker as daar n verskeidenheid spesies beskikbaar is ja. Ook koperspringbok, blouwildes en volstruise wat nie genoem is nie.

Met n vleisie...
Ook maar goed ek is nie n PH nie want ek sou die klient waarborg hy is oor die 6" :-[