Deur die Poorte na n (jag)hemel.
Posted: Mon Jul 20, 2020 5:25 pm
Dagsê almal.
Ek en Skillie is verlede week Dinsdag net na 4am weg uit Pots. 7:30 gou in Bloem gestop om vir Benna op te tel. Benna het egter by die huis gebly. Sy suster is letterlik minute voor ons aankoms oorlede en moes agterbly. Sulke teëspoed het my nog nooit oppad na n jagtrip getref nie en ek wens dit vir niemand toe nie.
Nietemin, so 30km voor Koolberg begin die eerste wit vlokkies teen die hilux se voorruit plak. Soos ons vorder raak die storie al meer. Soveel so dat ons later 60km/h ry. Voor Koolberg gou n Seattle koffietjie gegryp en die dorp binne gery vir jagliksense.
‘n Uur later op n pragtige grondpad pak ons af en skarrel vir jasse. Volgens die hilux is dit 1’C buite met n suidewind wat alles en almal behoorlik afkoel. Onder omstandighede lyk dit of die roere ook nog skiet soos hulle moet.
Tyd vir n vleisie en kuier om die kaggel. Die oggend voor 5am is ek reeds besig om koffie te stook. 7:30am is ons in die veld. Dit is -8’C buite. Alles brand. My hande (met handskoene), voete (met boots), bors, bas, bene...you name it en dit het koudgekry. Teen n rant 700m weg is n trop rooihartebeeste. Die bul mag gaan, maar daar is ook alleenlopers wat aandag kort.
In n poging om die wind reg te kry sien ek n trop van 22 kudus met n manjifieke swart bul. Al probleem is hulle is buite die heining. Steeds lekker om te sien dat daar soveel mooi n gesonde diere op die oop plase is. Met n draai is ek terug na die oorspronklike trop hartebeeste. Terwyl ek hulle deurkyk het n alleenbul van nerens af verskyn op die vlakte voor my. Sy aandag gefokus op die dames wat in sy rigting beweeg.
Volgens die leica is hy 350m van my af. Met n bietjie moeite en geduld kon ek kruip tot 305m van die ou grote af. Rustig, gemaklik teen die rant skiet ek ondertoe teen n effense helling. Die BRH se 3de merkie (vir 300m) suig vas laag op die blad en oubaas Walther spoeg n 150gr partition (@ 2960 voete) met mening. Die ‘duppp’ wat ek as terugvoering ontvang is vir my ganog. 15 treë en hy slat neer soos n os.
Na n paar kiekies en pens uithaal is ek na Skillie wat ook n alleenbul pakslae gegee het met sy 06 en 165gr BTs.
Dag twee is ons berge toe agter rooiribbok en kudus aan. Eers net gou n draai loop tussen die rietbokke wat my al sedert 2019 ontwyk. Ek het ook toestemming om my eerste steenbokkie te jag sou ek iets sien wat die moeite werd is. Die rietbokke is maar skaars so vroeg en woon blykbaar ‘n lesing oor Covid by.
Skillie gewaar wel n steenbokrammetjie, maar die jongeling sal nie die pyp rook as trofeë nie. Paar minute later gewaar ons nog n steenbokram wat enige jagter se hart n paar keer sal choke. Die ram het blitsvinnig buite sig verdwyn agter n damwal van n droeë gronddam. Ek stoot n 150gr partition (nie perfek vir steenbokjag nie) in Walther se keel en kruip op my knieë stadig oor die wal. Ek voel nie die yskoue grond onder my hande nie. Die steenbok staan plankdwars voor n ou wilgerboom. Ek gaan lê, safety af, en druk stadig met die BRH se eerste merkie so twee duim agter die blad in n poging om skade te verhoed. Op 80m het hy nie geweet wat hom tref nie...