Page 1 of 1
Elandbul - BEAST
Posted: Fri Dec 16, 2011 7:27 am
by Ian
Hierdie Elandbul is afgeneem in Addo. Hy staan by 'n klompie kallers van omtrent 1.5 jaar oud. Merk die jong kalf tussen hulle. Ek persoonlik het nog geen so 'n groot Kaapse Eland in my lewe gesien nie .Kom ons vergeet van die Lord Derby- en Livingston Eland. As iemand foto's het van mooi Kaapse Elande sal ek dit waardeer as jul dit kan plaas. Hoor graag van julle.
Groete
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Fri Dec 16, 2011 8:09 am
by spekieries
Ian
Ek kan op hierdie foto mooi sien hoekom die mense van 'n blou eland praat. Is dit nie so dat hulle nekke gewoonlik blou raak nie. Blikses maar dit is 'n groot stuk vleis!
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Fri Dec 16, 2011 8:12 am
by Dawie D
Ian
Daardie is nogal een van die meer sinior eland bulle.
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Fri Dec 16, 2011 8:28 am
by Boesman
En kyk, hy staan nie eers tussen die ander bokke nie, maar agter hulle, en sal nog groter vertoon as hy nader staan.
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Fri Dec 16, 2011 9:37 am
by Piet Breedt
Geno kom in........Geno kom in. plaas weer daardie foto van die Elandbul wat jy so paar maande terug geplaas het. Dit is die grootste een wat ek nog ooit gesien het
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Fri Dec 16, 2011 9:46 am
by Ian
Hierdie Kaapse eland het ek in 1990 daar in Tosca se wereld geskiet. Hy het 290 kg net vleis geslag dan wil ek nie weet wat weeg daardie bul nie.
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Fri Dec 16, 2011 9:55 am
by Ian
Hierdie Livingston eland het ek geskiet daar in Malumba Zimbabwe in 1993.Ons was 10 groot manne en kon hom nie laai. Ons het die pens uitgehaal, pale gesaag en toe gelaai met nog steeds baie moeite. Oom Boet Boshoff het geen skaal gehad by sy opstal en ons kon hom nie weeg, 'n groot jammerte.
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Fri Dec 16, 2011 10:17 am
by Skolla
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=6
Ian,Truvelloman en ander.
Gaan kyk bietjie op die topic.
Ek kan nie die fotos hier by die werk sien nie, maar een van daai manne het oor 450kg uitgegeslag, alles af en uit.
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Fri Dec 16, 2011 12:02 pm
by Ian
Skolla
Het gaan kyk by topic, daardie is groottttt Elande. Net 'n jammerte dat hulle so skaars is. Sien nie elke dag sulke kaliber Elande nie.
Dankie
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Fri Dec 16, 2011 6:53 pm
by Dawid
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Fri Dec 16, 2011 7:44 pm
by Flip Nel
Dis 'n mooi Eland daai, ek het al so 20 Eland bulle geskiet, die mooi groot eland bulle weeg gewoonlik tussen 320 en 350 kg, my grootste nog is 404 kg, dis is nou afgeslag geweeg by die slagter,
Daai bul is groter, myne was nie so blou nie. Ek het al by baie ouens gehoor oor bulle wat oor die 500 kg uitgeslag het, ek dink dit is moontlik, maar meeste van die ouens het groot gepraat. Die meeste bulle raak nie oud genoeg om so swaar te raak nie, Moet net vertel van iemand wat 'n eland bul geskiet het wat baie maar was, ons het gedink hy is siek, later gesien dit is 'n verskriklike ou bul, hy het net 2 tande oor in sy bek. Oor hy so maar was het hy maar 290 kg uitgeslag, wens ek kon hom sien op sy prime. Eland bull is darrem maar 'n mooi dier
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Mon Dec 19, 2011 10:20 am
by Geno
Piet Breedt wrote:
Geno kom in........Geno kom in. plaas weer daardie foto van die Elandbul wat jy so paar maande terug geplaas het. Dit is die grootste een wat ek nog ooit gesien het
Oom Piet,
Die ene?: [img width=560 height=420]
http://i419.photobucket.com/albums/pp27 ... ndBull.jpg[/img]
Groete,
Eugene
n.s. Baie dankie vir die .25-06 doppe, ek waardeer!
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Mon Dec 19, 2011 10:45 am
by BLOK
Ian
Ek het daai foto van die bul in Addo jarre terug in n boek gekry, en droom al van daai dag af van hom. Hy wei seker vandag al op ander velde maar iewers moet daar van sy nageslag rond dwaal.
Vir my moet n eland om n trofee te maak nie laang horings te he nie, hy moet baie eerder mooi blou met n baie duk nek en laag hang nekvel he met n mooi kroes op die voorkop. Solank die horing bassise lekker duk is kan hulle maar stomp gewerk wees. Dit is hoe n mooi eland vir my lyk.
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Mon Dec 19, 2011 10:58 am
by Ian
Geno
Daardie bul is nou vet soos 'n vark, wonder wat weeg hy?
Blok
Jy is 100% korrek, dit was in die 80's wat die foto geneem is, afgeneem deur Anthony Bannister. Ek stem saam met wat jy praat en eendag kruis sy kinders dalk net jou en my pad.
Groete
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Mon Dec 19, 2011 11:02 am
by BLOK
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Mon Dec 19, 2011 11:07 am
by Flip Nel
Daai bul is bitter groot, hy gaan 500 + uitslag
Sal gladnie omgee om sy seuns te sien nie
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Sun Jan 01, 2012 1:55 pm
by Truvelloman
Hier is n 512kg uitslag bul, tussen otavi en grootfontein geskiet
Kyk gerus na die klomp fotos oner die volgende post
njoy
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=1
Re: Elandbul - BEAST
Posted: Sun Jan 01, 2012 1:58 pm
by Truvelloman
Manne as julle jagplek soek in namibia, lat weet my, ons vat net 3-4groeppe van max 4 manne, die plaas is inie hartjie van eland wereld in namibia, Grootfontein