Page 1 of 2
Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Tue Sep 29, 2020 6:35 am
by william007
Goeie dag
Ons het leeu beskikbaar vir jag as ook buffels.
leeu manjie R70 000 sluit in 2 nagte en 3 dae jag.
Leeu wyfie R35 000 sluit in 2 nagte en 3 dae jag.
As iemand belangstel om die leeu en buffel saam te jag dan kan ons iets uit werk. As n pakket.
Groete.
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Tue Sep 29, 2020 6:45 am
by Frederik
William kan mens meer as die vel hou van die leeu na die jag?
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Tue Sep 29, 2020 8:01 am
by william007
hello.
Nee dit pryse is net vir die vel. maar as jy die naels en skedel soek kan jy maar dan gaan die prys verander.
Ek noem sommer ons het n Kameelperdbul beskikbaar vir jag R16 000
En dan hier ook groot swart rooibok ramme
Goue gemsbok bul
goue bwb bul
koning bwb bul.
Sable bulle
Roan bulle.
Ons kan soos n paket op maak dan kan dit ook better pryse wees ens.
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Tue Sep 29, 2020 8:17 am
by william007
1x Leeu manjie (net vel gaan ) naels skedel bly)
1x kameelperd bul
1x Swartrooibok ram
6 dae 1 jagter (kos en drink goed ,jag fooi ingesluit)
R98 000.
Nie jagter R850 pd.
of
1x kameelperd bul
1x leeu wyfie (net vel)
1x Goue gemsbok bul
6 dae 1 jagter (kos ,drink goed,jag fooi ingesluit)
R65 000
Nie jagter R850 pd.
of
1x Sable bul
1x leeu wyfie
1x Roan bul
6 dae 1 jagter (kos,drink goed ,jag fooi ingesluit)
R95 000.
Nie jagter R850 pd.
Om jag te boek 50% deposito.
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Tue Sep 29, 2020 8:31 am
by Frederik
Dankie William, die pakkette lyk nie sleg nie.
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Tue Sep 29, 2020 1:47 pm
by Klein Karoo
William ek het vir jou n privaat boodskap gestuur.
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Tue Sep 29, 2020 2:11 pm
by Charles7x57
Jammer vir die hijack en ek vra omverskoning as ek jou advertensie omkrap William. Ek vra uit onkunde en vind dit baie interessant.
Hoekom word die naels en skedel nie ingesluit by die prys nie? Is dit n trofee ding of is dit n algemene reel?
Ons betaal per bok en jy kan alles vat behalwe die spore as jy sou wou , werk dit anders met die tipe van jagtogte?
Groete.
Charles.
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Tue Sep 29, 2020 3:26 pm
by william007
Geen probleem
ja by leeu jag werk dit anders.
As jy die skedel en naels vat gaan dit jou baie duurder uitwerk, omdat dit meer geld werd is.
maar as jy die leeu opstop kan jy dit doen sonder skedel en naels.
maar baie mense wil die leeu opstop met die naels uit.
so jy kan dit so jag maar gaan jou heel wat duurder uit werk.
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Tue Sep 29, 2020 4:11 pm
by Koos Barnard
Ek moet sê, ek sluk swaar aan daardie antwoord... maar wat weet ek nou van leeujag af anyway.
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Tue Sep 29, 2020 4:30 pm
by jankraay
Koos Barnard wrote:Ek moet sê, ek sluk swaar aan daardie antwoord... maar wat weet ek nou van leeujag af anyway.
Ja nee ons bakkie jagters verstaan nie seker konsepte nie Oom...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Tue Sep 29, 2020 4:32 pm
by jankraay
Sterkte met die verkoop van die pakkette William. Dit lyk nie sleg nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Tue Sep 29, 2020 4:48 pm
by Charles7x57
Dankie vir jou antwoord. So het elke manier van jag maar sy eie dinge.
Groete.
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Wed Sep 30, 2020 7:43 am
by Wouter Roets
Koos Barnard wrote: Tue Sep 29, 2020 4:11 pm
Ek moet sê, ek sluk swaar aan daardie antwoord... maar wat weet ek nou van leeujag af anyway.
Koos
Dit is mos baie eenvoudig, die skedel, bene en naels word apart verkoop en subsidieer die leeujag self. Baie mense het nou al hulle droom van leeujag laat bewaarheid deur van hierdie beginsel gebruik te maak.
William wat se klas is die leeumannetjie?
Groetnis
Wouter
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Wed Sep 30, 2020 7:58 am
by Koos Barnard
Dag Wouter
Ek is darem ten volle bewus van die verkoop van die bene, skedel ens, gewoonlik aan Oosterse lande. Ja nee, so het elke tipe jag maar sy prysstrukture om die boeke te laat klop.
Mooi loop
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Wed Sep 30, 2020 11:21 am
by Lategan1
Eenvoudig
Wonder of dit ook die poppie met rooi lippe daar in China/Ooste insluit? Opkikker pakket.
Beste.
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Wed Sep 30, 2020 11:53 am
by Eugene
Wouter Roets wrote: Wed Sep 30, 2020 7:43 am
Koos
Dit is mos baie eenvoudig, die skedel, bene en naels word apart verkoop en subsidieer die leeujag self. Baie mense het nou al hulle droom van leeujag laat bewaarheid deur van hierdie beginsel gebruik te maak.
William wat se klas is die leeumannetjie?
Groetnis
Wouter

Wouter, jy klink soos my pa toe hy op skool wiskunde aan my verduidelik het. Vir die ou met die kennis, is dit dalk eenvoudig, maar vir die gewone jagter wat niks weet nie, is dit 'n vreemde konsep, omdat ons gewoonlik die hele bok kry. Ek verstaan egter nou die konsep en William het dit ook gelukkig baie duidelik gestel in sy pakkette. Ek sien egter baie advertensies vir leeujagte waar dit nie genoem word nie.
Sommer so vir interessantheid, wat sal die prys (ball park figure) wees op so leeumannetjie, waar die jagter alles wil hou?
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Wed Sep 30, 2020 11:58 am
by Wouter Roets
Lategan1 wrote: Wed Sep 30, 2020 11:21 am
Eenvoudig
Wonder of dit ook die poppie met rooi lippe daar in China/Ooste insluit? Opkikker pakket.
Beste.
Lategan ek is seker William sal dit kan reel vir jou teen n kompeterende prys.
Eugene vir die bene kry die manne in die omgewing van so R50 000-60 000 so dit moet dan nog bygetel word.
Groetnis
Wouter
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Wed Sep 30, 2020 12:00 pm
by Charles7x57
Is daar enige mark vir die vleis ook of word dit maar hondekos?
Groete.
Charles
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Wed Sep 30, 2020 12:58 pm
by Wouter Roets
Charles
Daar is gewoonlik baie gewillige bekkies by die plaas om dit te verorber.
Groetnis
Wouter
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Wed Sep 30, 2020 2:58 pm
by Charles7x57
Dankie Wouter.
Ek het nogal gewonder of die honde die vleis ooit sal sien.
Groete.
Charles
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Wed Sep 30, 2020 3:09 pm
by Carlc
Ek het al gehoor daar word met leeu bene en skedels handel gedryf maar ek het glad nie besef dat leeubene soveel werd is nie. Ek verstaan nou baie beter hoekom die prys van leeujagte is wat dit is. As daar gekyk word hoeveel dit kos om n leeumannetjie groot te kry en aan die lewe te hou tot hy gejag word dan maak dit seker sin dat soveel moontlik uit die leeu self gemaak word.
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Thu Oct 01, 2020 9:21 am
by Smitstertjies
In my opinie is daar geen rede hoekom n leeu nie volhoubaar benut kan word soos enige ander dier nie.Verkoop die bene. Hoekom moet dit le en vrot?
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Thu Oct 01, 2020 10:37 am
by william007
Wouter Roets wrote: Wed Sep 30, 2020 7:43 am
Koos Barnard wrote: Tue Sep 29, 2020 4:11 pm
Ek moet sê, ek sluk swaar aan daardie antwoord... maar wat weet ek nou van leeujag af anyway.
Koos
Dit is mos baie eenvoudig, die skedel, bene en naels word apart verkoop en subsidieer die leeujag self. Baie mense het nou al hulle droom van leeujag laat bewaarheid deur van hierdie beginsel gebruik te maak.
William wat se klas is die leeumannetjie?
Koos dit is groot leeumannetjies baie mooi , en harde jag.
vol groeide leeu.
Groetnis
Wouter
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Thu Oct 01, 2020 10:45 am
by Plaashaas
Manne as jy nou wil lekker jag, gaan jag daar by Boetie. Jy betaal in Rand maar word behandel soos die manne wat Dollhairs betaal. Dis n pragtige plaas!
Re: Leeu jagte en buffel jagte.
Posted: Thu Oct 01, 2020 2:35 pm
by william007
Dankie Plaashaas.
ja hoop ons kry weer goeie reen 2021, en ek hoop al die plekke waar dit so droog is kry goeie reen.
Die Here was goed vir ons die laaste 3 jaar baie goeie reen gehad veld en diere lyk mooi.