Page 1 of 1
Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Wed Oct 07, 2020 8:48 am
by Brno308 jagter
Mede Jagters
Ek was bitter bevoorreg om die mooi Rooibok ram te kom jag oor die lang naweek in die Limpopo Vallei naby die ou Buffelsdrift Grenspos. Ek en my gids het vroegdag so 06H30 begin loop en twee ramme gewaar in die bos, ons het vinnig aan 'n plan gedink om die ramme uit te oorle, ons plan het geslaag en ek kry 'n split sekonde waar ek 'n skoot kan waag op die ram in 'n erosie sloot wat oor die jare bietjie oop geword het, met gewvolg is jou skoot bietjie verder as die normale bosveld afstand, die skoot is ver vir die bos 160m maar ek het dooie rus op my skiet stokke en toe die skoot klap van my Sako 30-06 kan ek hoor hoe slaan die 165gr Swift Scirroco II punt die rooibok, dis 'n perfekte blad skoot en die bok val in sy spore.
Die ram is my grootste tot op hede en het die maatband verby 24 duim gerek, die ram meet toe finaal 24 en 7/8 gemeet deur Andre van Rooyen Taksidermis in Roodepoort.
Dis 'n groot eer vir my om die storie met julle te kan deel, en net so groot voorreg om te kan jag veral van die voet af soos ek dit verkies!
Groete,
Brno
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Wed Oct 07, 2020 8:52 am
by J le Roux
Lekker! Baie geluk met 'n pragtige ram
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Wed Oct 07, 2020 9:12 am
by Wouter Roets
Geluk Brno met n pragram waaroor jy voorwaar op trots kan wees. Darem lekker as dinge so mooi uitwerk in die jagwereld.
Groetnis
Wouter
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Wed Oct 07, 2020 9:15 am
by Carl
Baie mooi wêreld en mooi rooibok, geluk.
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Wed Oct 07, 2020 10:13 am
by sako 30-06
Baie geluk, dis n baie mooi ram. Lyk of hy n mooi dik nek ook het?
Hy gaan verseker mooi vertoon teen die muur.
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Wed Oct 07, 2020 10:37 am
by Brno308 jagter
Dankie Kerels ek waardeer julle boodskappe. Ja soms is die geluk aan jou kant en ekt ook geleer 'n split sekonde in die bos kan een groot verskil maak tussen geluk en ongeluk.
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Wed Oct 07, 2020 10:59 am
by airhunter
Bravo
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Wed Oct 07, 2020 11:42 am
by DWB
Baie geluk!!!
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Wed Oct 07, 2020 12:23 pm
by Capt. Yoda
Baie mooi en dit kon nie met n beter kaliber en maak geweer gedoen word nie
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Wed Oct 07, 2020 12:36 pm
by ruaanb
Mooi ram wat was sy karkas gewig?
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Wed Oct 07, 2020 1:29 pm
by Frederik
Mooi rooibok lekker lang punte.
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Wed Oct 07, 2020 2:05 pm
by Mellies
Well done.
Met `n vleisie...
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Wed Oct 07, 2020 2:32 pm
by Toyrsi
Baie geluk.
Voorwaar n baie mooi ram.
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Wed Oct 07, 2020 11:00 pm
by Kaalvoetthysie
Baie geluk
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Thu Oct 08, 2020 6:07 am
by knipmes
Geluk. So n mooi bok is altyd die "kersie op die koek" van n jag.
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Thu Oct 08, 2020 6:43 am
by 3kus
Baie geluk, dis n baie mooi ram!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Thu Oct 08, 2020 7:33 am
by JohanvB
Geluk, stel ook belang in gewig, horings lyk bitter mooi, maar die lyf lykie so lekker nie, of is dit maar net soos hy lê?
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Thu Oct 08, 2020 7:37 am
by Basie2
Baie
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Thu Oct 08, 2020 8:43 am
by Brno308 jagter
JohanvB wrote: Thu Oct 08, 2020 7:33 am
Geluk, stel ook belang in gewig, horings lyk bitter mooi, maar die lyf lykie so lekker nie, of is dit maar net soos hy lê?
Johan, ja ek het die bok om en by 07H00 geskiet en die foto is omtrend 09h00 geneem omrede my foon se battery pap was, ons het maar intussen die pens uitgehaal met gevolg was die foto geneem sonder die pens in. Ek moes wag vir die ander jagters om uit die veld te kom voor ek die foto kon neem
Die bok het 33kg uitgeslag, wat nie sleg is as mens vat dis al laat in die seisoen nie.
Groete,
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Thu Oct 08, 2020 11:18 am
by JohanvB
Steeds mooi horings
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Thu Oct 08, 2020 7:02 pm
by dwsmit
Goeie dag BRNO, dit is n bitter mooi foto, as ek kan vra hoe het julle dit reg gekry om foto te neem dat die bok se kop regop is, ek kan nie sien dat julle n stokkie in die ore, bek of agter die nek gesit het om hom regop te druk nie?
Groete
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Tue Oct 13, 2020 10:38 am
by Brno308 jagter
DWsmit wrote: Thu Oct 08, 2020 7:02 pm
Goeie dag BRNO, dit is n bitter mooi foto, as ek kan vra hoe het julle dit reg gekry om foto te neem dat die bok se kop regop is, ek kan nie sien dat julle n stokkie in die ore, bek of agter die nek gesit het om hom regop te druk nie?
Groete
Die foto was so 2 ure geneem na ek die bok geskiet het, met gevolg was die bok al bietjie styf en kon ek sy nek so balanseer vir die foto, was maar net geluk gewees.
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Wed Oct 14, 2020 2:25 pm
by Spanner
My maat is n PH in Dundee en hy het altyd n tol vislyn in sy bakkie. Hy maak dit om die kleiner bokke se horings vas en die ander punt aan n lang tak of stok vas wat die kop dan regop hou. Werk goed en as jy moeite doen, is die vislyn onsigbaar. Dit lyk nogal aardig om te sien hoe hy die foto opstel, maar die manne met die dollars beloon goed.
Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram
Posted: Wed Oct 14, 2020 7:09 pm
by Eduard Venter
Wat ook lekker werk as die grond sag is, is om jou mes in die sand in te druk en dan die bok se bek bo oor die hef te plaas. Sodoende bly die kop mooi regop en daar is niks stokkie sigbaar op die foto nie. Dit werk egter net in sagte grond bv as dit gereën het en met die kleiner spesies. 'n Skroewedraaier behoort ook te werk.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk