Page 1 of 1
Beste skaal?
Posted: Mon Oct 26, 2020 11:27 pm
by JDEls
Naand manne. Ek lees maar meer en sê maar min op die forum.
Ek het in Augustus 'n toets gedoen op die "auto dispensers" wat ons hier kry. Die idee was om objektief te kan sien hoe weeg hulle teen mekaar op, op 'n praktiese vlak met die hoop dat die gene wat in die mark is vir 'n skaal kan sien waarop hy uitmis indien hy besluit om klein bietjie meer of minder te betaal.
Al die skale is onder dieselfde toestande getoets en met 'n Peregrine skaal as kontrole gebruik. Ek was redelik verbaas om te sien hoe goed Peregrine teenoor die FX120 gemeet het.
Ek het aan geen van die skale gepeuter nie, en het alle settings gelos soos die skaal van sy ma af kom. Ek is bewus van die strooitjie truuk - hier was als standaard.
Ja, die toets is nie perfek nie en daar is seker mense wat beter werk kan doen as ek, maar hierdie is nou op die tafel en ek hoop dat dit iemand kan help beter besluite neem of geld spaar.




Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Re: Beste skaal?
Posted: Tue Oct 27, 2020 5:42 am
by J le Roux
Hierdie is baie indrukwekkende werk, dankie JD.
Ek gebruik die Lyman Gen5, met elke lading wat RCBS 10-10 toe gaan vir laaste korretjies. Dit vat nie so veel ekstra tyd nie en is meestal klaar met die balkieskaal wanneer die volgende lading reg is.
As ek so na jou toetswerk kyk is die ligte groen 'n goeie roep.
Re: Beste skaal?
Posted: Tue Oct 27, 2020 6:27 am
by Vissie
Puik!
Baie dankie. Waardeer die moeite.
Re: Beste skaal?
Posted: Tue Oct 27, 2020 7:21 am
by Lategan1
Stem, puik. Baie dankie JD.
Beste.
Re: Beste skaal?
Posted: Tue Oct 27, 2020 7:28 am
by JDEls
J le Roux wrote:Hierdie is baie indrukwekkende werk, dankie JD.
Ek gebruik die Lyman Gen5, met elke lading wat RCBS 10-10 toe gaan vir laaste korretjies. Dit vat nie so veel ekstra tyd nie en is meestal klaar met die balkieskaal wanneer die volgende lading reg is.
As ek so na jou toetswerk kyk is die ligte groen 'n goeie roep.
Ek het nou die foto's oopgemaak en ek sien dat die kwaliteit van die roudata nie so goed is nie.
Ek sal deur die loop van die oggend gou kyk of ek iets beter kan oplaai.
Groen dui aan: binne 0.05gr (39.95gr - 40.05gr)
Oranje dui aan: binne 0.15gr (39.85gr - 39.95 , 40.05gr - 40.15gr)
Rooi dui aan: Uit met meer as 0.15gr (>40.15gr en <39.85gr)
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Re: Beste skaal?
Posted: Tue Oct 27, 2020 8:32 am
by J le Roux
JD, dankie, ek het eintlik gesinspeel dat "ligte groen" verwys na RCBS Chargemaster Light. Toevallig is sy data ook naas die AutoTrickler die meeste groen.
Ek wou weer te bright wees so vroeg in die oggend

Re: Beste skaal?
Posted: Tue Oct 27, 2020 8:44 am
by JDEls
Ek kry nie 'n PDF opgelaai nie. Laat weet asb of die kwaliteit van hierdie foto's beter is.
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Re: Beste skaal?
Posted: Tue Oct 27, 2020 8:46 am
by JDEls
Toemaar, ek kan sommer self sien dis swak. Eish, Tapatalk.
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Re: Beste skaal?
Posted: Tue Oct 27, 2020 10:55 am
by RUPERT
Hi JD
Net vir interesandheid hoe het jy daai skaal gekalibreer en met watse gewigte was dit gedoen?
Is die gewigte wat jy gebruik het akuraat? want dit kan ook n uitwerking op jou resultate he.
Nou ek weet die Perigrene skaal is nie so akuraat en oulik soos wat baie uitmaak hy is nie.Om die skaal as reference te gebruik om te kan bepaal
hoe akuraat en konstant die chargers gooi kan n helse impak op die produk he en die korrekte resultaat.
Ek bevraagteken nie jou toetse nie maar eerder die skaal se werklike vermoee om akurate en konstante lesings te kan gee.
Groete
Re: Beste skaal?
Posted: Tue Oct 27, 2020 11:19 am
by JDEls
Hi Rupert, ek het elke skaal gebruik soos sy instruksies gesê het ek moet doen.
Die Peregrine het so elke 10de weeg bietjie gedrift, maar ek het voor elke weeg gezero indien hy nie op 0.00gr gestaan het nie.
Die beste skaal tussen hulle almal is sonder twyfel die FX120i, en die Peregrine skaal het keer op keer presies of 0.02gr verskil van die FX120i. So of die kalibrasie gewiggies van die Peregrine skaal akkuraat of onakkuraat was, die eindresultaat het op dieselfde neergekom. So ek kon verseker nog 'n FX120i gebruik het as kontrole skaal, maar ek het nie nog een tot my beskikking gehad nie en om eerlik te wees lyk dit nie of dit nodig was nie.
Ek is bewus dat die resultate 'n impak kan hê op die verkope van sekere skale, maar hierdie is 'n eerlike toets waar alles onder dieselfde kondisies getoets was. Dit was eintlik 'n toets wat ek vir myself wou doen omdat mens altyd subjektiewe opinies kry oor watter skaal iemand sal voorstel indien jy in die mark is - 'n Hilux man gaan mos nou nooit vir iemand vertel 'n Ranger is 'n beter bakkie nie. So toe doen ek maar die toetse vir myself en deel dit met die wat daarin belangstel.
Hierdie is nie laboratoriese toetse nie, ook nie in laboratoriese toestande gedoen nie, so dit is verseker nie perfek nie, maar iewers moes ek 'n lyn trek met wat tot my beskikking was. Use it, don't use it.
Soos ek bo genoem het, hierdie toetse is nou op die tafel en dit was 100% eerlik sonder enige subjektiwiteit. Ek het videos opgeneem van elke skaal se kalibrasie proses en die eerste 5 gooie. Die resultate is op die tafel en ek moedig enige ou wat beter toetse kan doen om dit asb te doen, dit sal goed wees vir ons almal.
Groete
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Re: Beste skaal?
Posted: Tue Oct 27, 2020 11:26 am
by RUPERT
Dankie JD
Net nog een vraag. Het jy die Perigrene se gewiggies gevat en al die ander skale met dieselfde stel gekalibreer
of het jy elke skaal met sy stel gewiggies gekalibreer
Groete
Re: Beste skaal?
Posted: Tue Oct 27, 2020 11:35 am
by JDEls
Ek het elke skaal met sy eie stel gewiggies gekalibreer.
Ek wou een stel vat en op almal gebruik het om te kalibreer, maar elke skaal het sy eie kalibrasie proses. Lyman verwag byvoorbeeld net 'n 50gram gewiggie waar die RCBS 2x 50gr gewiggies verwag, en 'n ander skaal verwag weer tussen-in 'n 20gram gewiggie - so dit het gemaak dat ek nie kon nie.
Vir wat die werd is, die Frankfort Arsenal Intellidropper se gewiggies kom kalibrasie sertifikate. Ek het vir interessantheid daai gewiggies op die FX120i, Peregrine en die Frankfort gesit uit nuuskierigheid en hulle het dieselfde geweeg op almal. Op die die FX120 en Peregrine presies dieselfde tot op die 2de desimaal. Die Frankfort lees ongelukkig net tot op die 1ste desimaal.
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Re: Beste skaal?
Posted: Tue Oct 27, 2020 11:40 am
by RUPERT
Dankie JD. Dan klink dit vir my jy het hom op sy kop.
Re: Beste skaal?
Posted: Tue Oct 27, 2020 2:32 pm
by J le Roux
Wat belangrik is met herlaai is goeie presisie (lae rsd en ES) dit word gewys deur dieselfde meting wat konstant herhaal kan word (repeatability). Ek lei af dat JD hierop fokus.
Akkuraatheid (bias) is n funksie van kalibrasie, en eknsoh argumemteer dit is effens minder belangrik as presisie.
Goeie presisie is snyers op 'n teiken, of die skote almal op die bull is of n duim of 3 weg.
Goeie akkuraatheid kan soos n haelgeweer om die bull wees, solank die 'gemiddeld' op die bull is akkuraatheid goed.
Natuurlik sou perfekte presisie en akkuraatheid baie lekker wees.
Re: Beste skaal?
Posted: Tue Oct 27, 2020 2:41 pm
by JDEls
J le Roux wrote:Wat belangrik is met herlaai is goeie presisie (lae rsd en ES) dit word gewys deur dieselfde meting wat konstant herhaal kan word (repeatability). Ek lei af dat JD hierop fokus.
Akkuraatheid (bias) is n funksie van kalibrasie, en eknsoh argumemteer dit is effens minder belangrik as presisie.
Goeie presisie is snyers op 'n teiken, of die skote almal op die bull is of n duim of 3 weg.
Goeie akkuraatheid kan soos n haelgeweer om die bull wees, solank die 'gemiddeld' op die bull is akkuraatheid goed.
Natuurlik sou perfekte presisie en akkuraatheid baie lekker wees.
Die groot ding is, baie van die skale word gestel om af te rond. 40gr op die dispenser beteken nie noodwendig 40gr in jou dop nie. Dit is waarom ek die kontrole skaal gebruik het. Baie ouens claim dat hulle skaal hou vir hou presies op die nommer gooi en dink sy skaal is die beste wat daar is (kyk na die RCBS Chargemaster in die geval). Dan dink baie ouens weer skaal X is verskriklik swak want hy bly 0.1gr te min of te veel gooi (in Lyman Gen 5 se geval). Wat hierdie resultate wys is dat bv 'n Chargemaster nie noodwendig so akkuraat gooi soos jy gedink het nie, en die Lyman bv nie so sleg gooi soos jy gedink het nie. Dis waar die afwykings 'n rol speel.
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Re: Beste skaal?
Posted: Tue Oct 27, 2020 3:18 pm
by Gawie(13mm)
Baie dankie vir die toets. Dit vat tyd en geduld om so 'n berg te klim.
Dit laat my onwillekeurig wonder hoe my Lyman balkie skaal opweeg teen die elektroniese skale?
Ek het al na 'n paar videos van die Autotrickler gekyk en dit lyk na die ding vir Sannie, maar teen daai prys moet sy maar alleen na die dans gaan.
Met Hansieslim se katoeter klop ek die meeste van die automatiese kruitgooiers wat tydsduur aanbetref behalwe die V3. Om konstant 10 sek per gooi te handhaaf gaan my 'n halwe blik kruit op die grond kos.

Re: Beste skaal?
Posted: Wed Oct 28, 2020 6:48 am
by 6.5/284Norma
Rupert, het jy dalk 'n skaal in die FX120 se klas wat julle verkoop?
Re: Beste skaal?
Posted: Wed Oct 28, 2020 2:32 pm
by RUPERT
Hi 6.5/284....
Ek ken ongelukig nie die FX120 nie maar kan my NHB150 (150g x 0.001g) of 0.02gr voorstel.
Geno het daai jare oor die skaal geskryf en sy bevindings met ons gedeel wat baie positief was.
Daar is baie van ons lede op die forum wat op die NHB150 laai en ek het persoonlik nog nie enige negatiewe
komentaar oor die skaal ontvang nie. Ek herlaai al self op een van hulle al die laaste 6 jaar sonder enige moeilikheid.
Hierdie skaal is goedgekeur deur die NRCS (National Regulator of Compulsory Specifications.) In kort as die skaal vir jou
wys dat jy bv 5.000g op hom het kan jy maar verseker wees dat daar wel 5g op hom geplaas is. Hierdie skale wat volgens
OIML standaarde moet voldoen wort deer streng toetse gesit (Akuraatheid, repeatability en en en) voodat hulle goedgekeur kan
wort vir handle.
Dit wat my skaal nou regtig bo die ander sit is as daar n probleem met hom is kan enige skaal firma in SA hom vir jou
uitsorteer as jy hom nie vir my wil stuur nie. Enige van die ander "brands"kan dit nie se of doen nie.
Ons NHB 150g x 0.001g (1mg) verkoop huideglik teen R 3250.00 excl.
Stuur asb julle navrae na
rupert@scalerite.co.za sodat ons vir jou n Kwotasie kan stuur met Koerier kostes.
Groete
Rupert
Re: Beste skaal?
Posted: Wed Oct 28, 2020 2:44 pm
by ruaanb
Ek gebruik ook een van Rupert se skale nou al 4 jaar en is uiters tevrede.