Page 1 of 1

Vervalde lisensie - Nuwe aansoek

Posted: Thu Nov 12, 2020 10:00 pm
by Hein M.
Vra namens 'n pel

Is daar al 'n aansoek vir 'n nuwe vuurwapen toegestaan aan 'n persoon van wie 'n vorige vuurwapenlisensie verval het?

Hoor graag. Familie geval

Re: Vervalde lisensie - Nuwe aansoek

Posted: Fri Nov 13, 2020 4:39 am
by Frederik
Ja, nie een van myne maar weet al van paar wat goedgekeur is.

Re: Vervalde lisensie - Nuwe aansoek

Posted: Fri Nov 13, 2020 4:00 pm
by Hein M.
Frederik wrote: Fri Nov 13, 2020 4:39 am Ja, nie een van myne maar weet al van paar wat goedgekeur is.
Baie dankie!

Mooi naweek!

Re: Vervalde lisensie - Nuwe aansoek

Posted: Wed Jan 06, 2021 7:23 pm
by Killzone
Ek heroep graag hierdie draad Hein. Ek hoop daar is nog positiewe uitslae wat lede hier kan noem. Iets wat vir my baie kommerwekkend is, is dat ek weet van 5 heraansoeke wat sedert Augustus 2020 nie vêrder beweeg het as "Received at licencing" nie. En, dat nuwe aansoek wat na hierdie heraansoeke ingehandig is al goedgekeur was einde laas jaar/Nov maand.

Ek ruik 'n Rot....

Re: Vervalde lisensie - Nuwe aansoek

Posted: Thu Jan 07, 2021 8:19 am
by Frederik
Killzone,

DIe DFO's en CFR is traag en baie stadig 90 dae beteken weer niks vir hulle nie.
Kaartjies word nie gedruk nie.

My eie observasie met my wapens.

Compentency heraansoek ingegee Feb 2020 Goedgekeur Oct 2020 Kaartjie ontvang Desember 2020
Heraansoek 9mm, 6.5 x 58 en 375 H&H alles saam ingegee begin Junie 2020 Goedgekeur middel November 2020 nog geen kaartjies.
Nuwe aansoek S16, 9mm ingegee Begin Des 2020 nog nie sms ontvang nie.

Re: Vervalde lisensie - Nuwe aansoek

Posted: Thu Jan 07, 2021 8:33 am
by Killzone
Ek is bly en verlig dat 3 van jou lisensies wat verval het, darem goedgekeur was.

Re: Vervalde lisensie - Nuwe aansoek

Posted: Thu Jan 07, 2021 8:42 am
by tripodmvr
Frederik wrote: Thu Jan 07, 2021 8:19 am Compentency heraansoek ingegee Feb 2020 Goedgekeur Oct 2020 Kaartjie ontvang Desember 2020
Heraansoek 9mm, 6.5 x 58 en 375 H&H alles saam ingegee begin Junie 2020 Goedgekeur middel November 2020 nog geen kaartjies.
Nuwe aansoek S16, 9mm ingegee Begin Des 2020 nog nie sms ontvang nie.
Het jy die "Where's my app" op jou foon. Jy sal dan kan sien waar jou aansoeke is.

Re: Vervalde lisensie - Nuwe aansoek

Posted: Thu Jan 07, 2021 8:55 am
by Frederik
Killzone, al my goed was hernuwing nie heraansoek nie vir vervalde lisensies nie.

Oom Marius ek het die app en my nuwe aansoek wys nog niks op die sisteem nie.

No records to retreive for selected ID number and Serial number.

Re: Vervalde lisensie - Nuwe aansoek

Posted: Thu Jan 07, 2021 8:57 am
by Hein M.
Killzone wrote: Wed Jan 06, 2021 7:23 pm Ek heroep graag hierdie draad Hein. Ek hoop daar is nog positiewe uitslae wat lede hier kan noem. Iets wat vir my baie kommerwekkend is, is dat ek weet van 5 heraansoeke wat sedert Augustus 2020 nie vêrder beweeg het as "Received at licencing" nie. En, dat nuwe aansoek wat na hierdie heraansoeke ingehandig is al goedgekeur was einde laas jaar/Nov maand.

Ek ruik 'n Rot....
Ek dink dat die feit dat die aansoeke ontvang is - en moontlik verwerk gaan word, 'n stap in die regte rigting is. Mense moet maar net die kwitansies en ander bewyse van aansoeke as rekord bewaar.
Ek is gelukkig nie in hierdie benarde posissie nie, maar diegene wat is, het probleme... Die feit dat die Register 'n massiewe backlog het, maak die situasie feitlik onmoontlik. Indien die Register nie binnekort uitgekontrakteer word nie, gaan die stelsel vou.
As jy kyk na die sosialistiese geluide wat die polisieminister - en die regering as geheel - maak, sien ek nie 'n positiewe uitkoms vir vuurwapen eienaars op die lange duur nie. So ja. Daai rot se klankie is werklik...
Ek sukkel plaaslik om my hernuwingS binne die wettige tydsraamwerk af te handel. Die DFO is net nooit beskikbaar nie. Regtig frustrerend om die minste te sê...

Groetnis!

Re: Vervalde lisensie - Nuwe aansoek

Posted: Thu Jan 07, 2021 9:03 am
by tripodmvr
Frederik, ek dink jy moet saggies op die DFO se tone gaan trap. Ek het 'n aansoek ingedien en na 'n lang wag navrae gedoen. O jammer, was die antwoord, jou aansoek het verkeerdelik in 'n boks beland wat maande onder die tafel gestaan het.

Re: Vervalde lisensie - Nuwe aansoek

Posted: Thu Jan 07, 2021 4:44 pm
by Cobus(Cobb)
Ek sit nou met n nuwe competency en ref nommer wat ek nerens opgevolg kry nie.....waar klop ek aan??

Cheers

Re: Vervalde lisensie - Nuwe aansoek

Posted: Mon Jul 19, 2021 9:43 pm
by Dewitt
Naand manne, weet julle dalk al van iemand wat se lisensie verval het en intussen vir 'n nuwe pistool aansoek gedoen het en of dit ooit so kan werk. Soos ek verstaan as hy verval en ingehandig is haal hulle hom van jou naam af, weet nie of dit so kan wees nie. My heraansoek na verval wys al van laasjaar Oktober by "Licencing section".