Page 1 of 1
Spitbraai ontwerp
Posted: Sun Nov 15, 2020 6:19 pm
by Pappabeer
Middag, is hier dalk iemand met n goeie idee of ontwerp wat my kan help. Ek moet einde van die maand n jong bosvarkie (23kg) op n spit maak vir n jaareind funksie.
In die verlede toe ek nog jonk en dom was het ek n paar skape en varke gespit en met die hand gedraai, maar dit is nou te harde werk. Ek wil dus n basiese spit raam bou en op n motor koppel om hom te draai, wat van n motor battery af trek. 220v gaan nie beskikbaar wees nie.
My vrae is dus:
Watse motor sal sterk genoeg wees om die 25-30kg te draai, en hoe beheer ek sy spoed?
Watse raam ontwerp werk die beste - horisontale spit of n 45 grade ontwerp?
Enige ander insette sal waardeer word
Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Sun Nov 15, 2020 6:29 pm
by Carlc
Naand Dewald. Stuur my n boodskap op 08twee66twee 80twee7 dan stuur ek jou fotos van myne. Hy werk met n windskermfeer motor so jy kan direk op n battery koppel of n 220v na 12v transformer gebruik.
Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Sun Nov 15, 2020 7:15 pm
by Ds J
Die heel beste spit-ontwerp wat ek tot nou toe gesien het, was om n pyp te maak van sterk "diamond mesh". Die braaier ontbeen sy diere, en trek dan die ontbeende skaap om die pyp, en braai hom dan. Dit is blykbaar baie ekonomies, en die vleis word ook vinniger gaar.
Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Sun Nov 15, 2020 7:46 pm
by Geno
Kontak vir Oom Skolla hier op die forum. Daardie Suidwester verstaan die werk en het n baie eenvoudige braai. Ek whatsapp sy nommer vir jou.
Sent from my SM-G988B using Tapatalk
Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Mon Nov 16, 2020 7:35 am
by desert fox
Ek het n eenvoudige spit gebou met weggooi materiaal. 1 ou fiets, 1 "wiper motor", olie drom en n paar stukke staal. N paar ure se sny en sweis, en toe spit ons. Ek hardloop hom van n CTEK battery laaier af, maar kan ook reguit van n 12V battery loop.
Die mooi op die oog die, maar hy werk...
Groete
Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Mon Nov 16, 2020 6:29 pm
by Pappabeer
Dankie vir die moeite almal. Ek maak een een met julle kontak.
Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Tue Nov 17, 2020 11:45 am
by joe rocket
Dewald John het n lekker ontwerp. Die spit is toe en het geen motor nie. By sy afskeid na n bietjie rum het ons heeltemal vergeet om die 2de lam te draai en daai lam was net so gaar en bruin gebraai soos die eerste ene. Ek dink hy het net 4 of 5 sakkies namchar gebruik. Jy kan seker n motor installeer as jy wou.
Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Tue Nov 17, 2020 12:07 pm
by PWV
joe rocket wrote: Tue Nov 17, 2020 11:45 am
Dewald John het n lekker ontwerp. Die spit is toe en het geen motor nie. By sy afskeid na n bietjie rum het ons heeltemal vergeet om die 2de lam te draai en daai lam was net so gaar en bruin gebraai soos die eerste ene. Ek dink hy het net 4 of 5 sakkies namchar gebruik. Jy kan seker n motor installeer as jy wou.
Ek wonder??? Op daardie stadium was almal en alles gaar!

Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Tue Nov 17, 2020 7:06 pm
by ruaanb
Nog nooit nie
Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Tue Dec 01, 2020 11:58 am
by Pappabeer
Ek het toe die sweismasjies, grinder en staanboor nader getrek en n spit gebou.
Ek het met Carlc se raad n bendix en ring gear gebruik en dit aangedryf met n windscreen wiper motor (verskoon die engels). Vinnig n bussie gedraai met skroefdraad in en in die bendix sprocket ingepers om op die motor vas te skroef.
Hy het soos n bom gewerk. Ek wil nog die skakelsar monteer en n hitteskerm opsit dat die vuur nie die motor te warm maak nie. 8 sakkies knoppiesdoring en n paar sekelbos stompe oor 5 ure het die ding gedoen vir die varkie.

Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Tue Dec 01, 2020 12:31 pm
by PWV
Uitstekend!!!
Volgende keer kan jy my ook maar nooi!!!!
Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Tue Dec 01, 2020 12:39 pm
by joe rocket
Jissie Dewald daai modderbok en spit lyk sommer prima. Het julle net rooi koeldrank gedrink?
Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Tue Dec 01, 2020 4:00 pm
by Carlc
Ja nee kyk, daai varkie lyk mooi. Eks seker daai spit gaan nog n hele klompie varke braai. Knap gedaan Dewald.
Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Tue Dec 01, 2020 4:32 pm
by Pappabeer
joe rocket wrote: Tue Dec 01, 2020 12:39 pm
Jissie Dewald daai modderbok en spit lyk sommer prima. Het julle net rooi koeldrank gedrink?
Jy spot. Ons is naby genoeg aan Mosambiek dat ons die rooi koeldrank met hulle peste jet fuel skoon hou.
Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Wed Dec 02, 2020 11:31 am
by Capt. Yoda
Pappabeer wrote: Tue Dec 01, 2020 4:32 pm
joe rocket wrote: Tue Dec 01, 2020 12:39 pm
Jissie Dewald daai modderbok en spit lyk sommer prima. Het julle net rooi koeldrank gedrink?
Jy spot. Ons is naby genoeg aan Mosambiek dat ons die rooi koeldrank met hulle peste jet fuel skoon hou.
Liewe genade kry ek nou so babalas flashback van lock down
Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Wed Dec 02, 2020 11:53 am
by desert fox
Goeie werk!
Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Wed Dec 02, 2020 5:37 pm
by PWV
IMG-20200514-WA0009.jpg
Ek dink nie ek het 'n spitbraai nodig nie!
Re: Spitbraai ontwerp
Posted: Fri Dec 04, 2020 9:10 am
by Dimitri
My late dad made this one for our friends on the farm. I don't know the specs etc just that it was half an oil drum, a frame, wiper motor, bicycle chain and sprocket.
Yours turned out great Pappabeer.