Page 1 of 1
Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Wed Jan 13, 2021 9:58 am
by DWB
Goeie Dag Manne,
Ek probeer sommer hier ook.
Ek wil graag 'n seekoei jag.
Weet iemand dalk van iets billik wat beskikbaar is?
Prys is ongelukkig 'n faktor.
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Wed Jan 13, 2021 9:59 am
by Geno
Het jy al met Raymond Fuchs gesels?
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Wed Jan 13, 2021 10:20 am
by william007
Jy kan vir Steven Bann van SB hunting safaris ook n lui gee. 084 625 5367
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Wed Jan 13, 2021 10:24 am
by DWB
Dankie William en Geno.
Waar in die wêreld is Steven.
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Wed Jan 13, 2021 11:38 am
by Dimitri
Weet van een in die Fourways omgewing. Jy sal n silencer nodig he en dit sal veiliger vir jou wees as jy hom in die nag jag. As jy baie stil is en jy niemand in die omgewing steur nie sal dit ook baie goedkoop wees ... Amper verniet sal ek se.
https://www.timeslive.co.za/news/south- ... annesburg/

Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Wed Jan 13, 2021 11:59 am
by PWV
Dimitri is nou 'n outfitter.

Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Wed Jan 13, 2021 1:02 pm
by Capt. Yoda
Ek het n maat wat daar op n plot bly, sal my roer moet saam vat as ek gaan braai daar
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Wed Jan 13, 2021 1:51 pm
by Lourens Potgieter
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Wed Jan 13, 2021 2:40 pm
by DWB
Dit gaan klink soos canned hippo hunted by human hippo
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Wed Jan 13, 2021 4:45 pm
by william007
Steven Bann is hier in Kimberley , maar het baie konsesie jag plek.
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Wed Jan 13, 2021 9:01 pm
by Hercules Louw
Ek het hierdie groepie vanmiddag afgeneem, lekker vet en mak
IMG_20210113_181559_copy_300x399.jpg
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Thu Jan 14, 2021 10:30 am
by BenJacobs
Sommer 'n vraag vir interessantheid, eet mens hulle vleis? Of liewers, het iemand hier al?
Groete Ben
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Thu Jan 14, 2021 11:00 am
by Capt. Yoda
EK verstaan van vriende wat hul al gejag het dat die vleis heel lekker is
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Thu Jan 14, 2021 11:12 am
by Thunderhead
Dit was vir my heel lekker. Maar was gewaarsku om nie teveel te eet aangesien die vet bekend is om briekmerke in jou onderbroek te los.
Capt. Oblivious wrote: Thu Jan 14, 2021 11:00 am
EK verstaan van vriende wat hul al gejag het dat die vleis heel lekker is
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Thu Jan 14, 2021 11:22 am
by Charles7x57
Waarvoor sal so n vleis Seekoei verkoop word? Ek het nog nooit een op n pryslys gesien nie.
Minimum kaliber is seker ten minste n 375 of 9.3 dalk?
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Thu Jan 14, 2021 11:34 am
by Charles7x57
Ek het Seekoeie by Marula lodge net buite Groblersdal gesien toe ons laas daar was.
Jy kan hulle skakel en dalk is jy gelukkig en hulle het een op kwota.
Groete.
Charles.
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Thu Jan 14, 2021 11:38 am
by DWB
Dankie, sal bietjie hoor, maar ja, die goed se pryse het die hoogtes in geskiet!!!!!
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Sat Jan 16, 2021 8:15 am
by win270
Sal ook graag wil weet watter kaliber is die ideale een om so 'n meneer doodskoot te gee. Wat word alles met die velle gedoen en hoe dik is dit presies? Onthou dat seekoei-sambok op die plaas 'n moet was toe o.a. met beeste gewerk is in die kraal.
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Sat Jan 16, 2021 9:29 am
by DWB
Ek het permanent ñ seekoei sambok in my bakkie. Jy hoef geen siel te slaan nie, jy tel daai sambok net op. En soos hulle weghol skree hulle imvubu imvubu! En meeste van die skrouers het nog nie eers ñ seekoei gesien nie!
My 404 of 450 sal die praatwerk doen. Maar ek dink ook nie mens moet kleiner as 9.3x62 gaan nie al kan jy.
Ek sal graag ñ hele klomp sambokke wil laat maak, en dalk ñ geweersak. Al daai goed kos geld....
Re: Gesoek: Seekoei te jag
Posted: Sat Jan 16, 2021 9:49 pm
by BeesBreet
BenJacobs wrote:Sommer 'n vraag vir interessantheid, eet mens hulle vleis? Of liewers, het iemand hier al?
Groete Ben
Baie growwe grein vleis baie lekker... passop die vet is so gyl hy loop self onder uit!
Sent from my iPhone using Tapatalk