Page 1 of 1
Glipsies
Posted: Wed Dec 09, 2009 12:03 pm
by Louis Kriel
Kom annerdag oor 'n duin gejaag en ry amper in die alleenloper bul vas. Hy staan so op 180 tree en ek gooi agter die blad. Hy is so groot die koeel maak niks en ek skiet weer. Hy hardloop oor die volgende duin en vrek daar. Die 2 skote agter die blad so 'n duim uit mekaar. Toe ons by hom kom sien ek hoe klein hy is! Die boer se: "Maar dis dan 'n Gho-koppie! Anyway hy het 55 kg uitgeslag!

Re: Glipsies
Posted: Wed Dec 09, 2009 12:15 pm
by Wielie Waps
Dit gebeur maar ou maat. Ek moet se dit behoort lekker eetvleis te wees daai.
Hoop die boer was bietjie buigsaam met die prys.
Re: Glipsies
Posted: Wed Dec 09, 2009 12:21 pm
by Raven
Die jagter het Junie maand by my 2 gemsbokke geskiet. Hy het gedink ek wys 'n klein bulletjie uit maar hy het darem 95kg uitgeslag.
Raven
Re: Glipsies
Posted: Wed Dec 09, 2009 1:57 pm
by Louis Kriel
Ja op 95 kg het hy darem al boude. Die boer was BAIE toegeeflik. Hy gee elke jaar vir my Pa 'n verniet bok saam. Daai kleintjie was toe my pa se bok!