Page 1 of 2

Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 11:54 am
by Hammansdans
Goeie more almal,

Ek vra byvoorbaar omverskoning indien hierdie onderwerp reeds bespreek is, en sal dit waardeer indien iemand my dan daarheen kan verwys.

Ek is bewus daarvan dat sekere vuurwapen handelaar eers 'n vuurwapen sal uittteken wanneer die eienaar vir hulle 'n lisensie kaartjie kan wys. Volgens my DFO is dit egter glad nie die geval nie. Volgens hom moet die eienaar kan bewys dat hy in besit is van 'n wetting lisensie en dat dit op verskeie maniere bewys kan word.

Toe gaan kyk ek na die vuurwapenwet.

Artikel 11 se duideik dat die registrateur 'n aparte lisensie uitreik vir elke aansoek. Maar in 11(2) maar die wet voorsiening vir een dokument wat die besonderhede van al die wettige lisensies van vuurwapens in besit van die eienaar vervat. Dis die artikel waarop my DFO staat maak.

Die Registrateur is die persoon na wie daar verwys word in artikel 123.

Artikel 123 se die Nasionale kommissasis van polisie is die registrateur. Maar artikel 124(2) se dat die registrateur spesifiek werk deur die CFR.

Nou, volgens artikel 125 is dit duidelik dat dit die CFR is wat aansoeke verwerk, rekord hou en lisensie uitreik.

Laastens, artikel 127 stel dit duidelik dat enige dokument wat wat uitgereik is in oorleg met die Registrateur (ek lees dit as 'n dokument wat uitgereik word deur die DFO!), en wat daarop dui dat die eienaar 'n geldige lisensie het, kan dien as prima facie bewys dat die eienaar wel 'n geldige listsensie het.

Na aanleiding van bg dink ek my DFO is reg en die wapenhandelaar is bloot verkeerd. Dit wil vir my lyk op die wapenhandelaar 'n eensydige besluit geneem het dat slegs spesifieke dokumente as prima facie bewys van 'n geldige lisensie aanvaar sal word, terwyl die wet glad nie so 'n vereiste stel nie!

Maar dalk is ek (en my DFO) verkeerd). In daardie geval is ek seker hier is lede met goeie kennis en ondervinding wat my sal kan reg help!

Groete
Chris

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 12:53 pm
by JohanvanZyl
Ek volg. Sal graag my geweertjie wil gaan haal en nie vir liksens wil wag nie

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 1:05 pm
by Hammansdans
Johan ek wil net seker maak ek het myself reg uitgedruK: my argument is dat 'n eienaar 'n wettige lisensie moet he alvorens hy/sy wettiglik in besit van die vuurwapen mag wees. MAAR, ''n wettige lisensie word deur die CFR uitgereik en is nie gebonde aan die druk van 'n lisensie kaartjie nie. So 'n kaartjie is wel prima facie bewys van 'n wettige lisensie maar 'n amptelike rekord uitgereik deur jou DFO en wat inligting met betrekking tot die lisensie en die wettige eienaar van die vuurwapen vervat, word eweneens deur die wet aanvaat as prima facie bewys van 'n wettige lisensie.

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 1:47 pm
by Frikkie Coetzee
Chris

Ek stem saam. Kom ek gebruik die voorbeeld. As ek aansoek doen en ek kry my wit kaartjie. Oppad na SO steel iemand my beursie. Ek vra SAPS vir n printout wat hulle gee en stempel.

SO vra my arguments onthalwe stoorgeld.

Hiekom kan sie printout van DFO nie as bewys sien nie?

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 1:53 pm
by Lategan1
Hierdie week se info.

Ek gaan haal eerskomende Vrydag my nuwe 2de hndse geweer by privaatverkoper met ‘n A4 register drukstuk wat ons ervare DFO my gister gegee het. Hoef nie te wag vir kaartjie nie, mag die geweer besit, selfs gebruik, maar mag geen ammo aankoop sonder die kaartjie nie. Transaksie tussen privaat partye, geen probleem.

Handelaars dring aan op kaarte omrede hulle o.a. bedrog en FOUTIEWE uitreiking van die wapen wil vermy. Ek stem daarmee saam.

Ook is dit so dat ‘n lid hier welbekend aan my, se DFO by ander Kaapse tak weier om drukstuk te gee!! Nou waar lê die waarheid ???

Trial & Error.

Beste.

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 1:53 pm
by Fanta300
Ek stem heelhartig saam maar net soos meeste aspekte van die vuurwapen wet, heers daar Babelse verwarring as dit kom by die interpretasie. Ons DFO handhaaf ook die beleid dat wapens net met die plastiek kaartjie uitgeryk mag word en hulle weier selfs om daai papier bewys uit te druk. Volgens hulle is dit opdragte van bo af. Wat my betref is daai sms wat bevestig dat jou lisensie goedgekeur is al goed genoeg, maar nou ja ….

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 2:10 pm
by OosKaapJagter
Geen wapenhandelaar gaan die risiko loop om sy handelaarslisensie te verloor nie. Hulle sal dus redeneer dat jou aansoek dalk goedgekeur mag wees, maar jy het steeds nie ń wettige lisensie nie.

Kyk maar na die wit lisensiekaartjies. Dit word duidelik aan die bokant geïdentifiseer as: "Licence to Possess a Firearm".
Dit word algemeen aanvaar dat die lisensiekaart inderdaad jou lisensie is.

ń Beroep op artikel 126 gaan nie help nie. Lees dit mooi. Dit is bedoel vir doeleindes van bewys van sekere inligting in hofverrigtinge. Die bedoeling is dat ń sertifikaat ingehandig kan word om sekere feite te bewys, in plaas daarvan om elke amptenaar wat destyds met jou aansoek gewerk het as getuie te roep.

Ek verstaan elkeen se frustrasie terwyl daar gewag word vir die fisiese uitreiking van die lisensie. Ek self is al daardeur en het my plaaslike DFO en sy bevelvoerder al oortuig om vir my ń tydelike magtiging kragtens artikel 21 te gee om die wapen te gaan haal. Onthou net dit is ń vergunning en jy sal moet mooi moet vra.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 2:13 pm
by Johan Nel
Daar is ook die kwessie van 'n tydelike permit om 'n vuurwapen te besit. Geweerwinkels in Gauteng weier om 'n vuurwapen aan die eienaar te oorhandig as hy met die dokument sy wapen kom opeis, maar dis' n erkende dokument wat vir een jaar geldig is. Dis nie bloot 'n uitdruk nie, dit word per handtekening van 'n aangestelde amptenaar bekragtig met 'n aanvangsdatum en verstryk datum.

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 2:35 pm
by Hammansdans
Lategan1 wrote: Thu May 20, 2021 1:53 pm Hierdie week se info.

Ek gaan haal eerskomende Vrydag my nuwe 2de hndse geweer by privaatverkoper met ‘n A4 register drukstuk wat ons ervare DFO my gister gegee het. Hoef nie te wag vir kaartjie nie, mag die geweer besit, selfs gebruik, maar mag geen ammo aankoop sonder die kaartjie nie. Transaksie tussen privaat partye, geen probleem.

Handelaars dring aan op kaarte omrede hulle o.a. bedrog en FOUTIEWE uitreiking van die wapen wil vermy. Ek stem daarmee saam.

Ook is dit so dat ‘n lid hier welbekend aan my, se DFO by ander Kaapse tak weier om drukstuk te gee!! Nou waar lê die waarheid ???

Trial & Error.

Beste.
Ja as dit daaroor gaan dat die handelaar bedrog wil vermy het ak simpatie .... maar dan moet hulle nie se hulle dring aan op 'n lisensie kaartjie omdat die wet dit vereis nie.

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 2:42 pm
by Hammansdans
OosKaapJagter wrote: Thu May 20, 2021 2:10 pm Geen wapenhandelaar gaan die risiko loop om sy handelaarslisensie te verloor nie. Hulle sal dus redeneer dat jou aansoek dalk goedgekeur mag wees, maar jy het steeds nie ń wettige lisensie nie.

Kyk maar na die wit lisensiekaartjies. Dit word duidelik aan die bokant geïdentifiseer as: "Licence to Possess a Firearm".
Dit word algemeen aanvaar dat die lisensiekaart inderdaad jou lisensie is.

ń Beroep op artikel 126 gaan nie help nie. Lees dit mooi. Dit is bedoel vir doeleindes van bewys van sekere inligting in hofverrigtinge. Die bedoeling is dat ń sertifikaat ingehandig kan word om sekere feite te bewys, in plaas daarvan om elke amptenaar wat destyds met jou aansoek gewerk het as getuie te roep.

Ek verstaan elkeen se frustrasie terwyl daar gewag word vir die fisiese uitreiking van die lisensie. Ek self is al daardeur en het my plaaslike DFO en sy bevelvoerder al oortuig om vir my ń tydelike magtiging kragtens artikel 21 te gee om die wapen te gaan haal. Onthou net dit is ń vergunning en jy sal moet mooi moet vra.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk
jy maak 'n paar interessante punte:
Indien die wit kaartjie inderdaad die lisensie is, en jy verloor hom, volg dit noodwendig dat jy van voor af sal moet aansoek doen vir 'n lisensie. Maar dis nie wat gebeur nie, jy doen bloot aansoek dat jou kaartjie weer gedruk word. Dus dink ek nie die wit kaartjie is die lisensie nie, dis bloot 'n bewys van 'n lisensie. Maar dalk is ek verkeerd.

My punt wat betref a126 is juis dit: in plaas daarvan dat 'n persoon geroep word om te getuig dat jy 'n wettige lisensie het, maar die wet voorsiening vir objektiewe dokumentere bewys van lisensie. Dus is so 'n dokumentere bewys goed genoeg vir 'n strafsaak in die hof, maar nie vir die wapenhandelaar nie.

Wat die a121 tydelike magtiging betref is die posisie nog meer kommerwekkend (as ek reg verstaan!), want dit sou beteken dat die handelaar dokumentere bewys van 'n tudelike magtiging aanvaar, maar nie objektiewe dokumentere bewyse van 'n permanante lisensie nie ...

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 3:10 pm
by Lategan1
Hammansdans, my sin lees o.a ....

Ooskaap se laaste sin lees ... vergunning....

So volgens hoe ek verstaan, behalwe vir die redes genoem, mag die handelaars daarop aanspraak maak. My DFO eens hiermee. Hier is baie op die forum, glo hulle sal kommentaar lewer.

Ooskaap ken so bietjie die wette, miskien jy ook, partykeer moet mens ook aanvaar!

Sterkte met jou pynproses. :o

Beste.

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 3:13 pm
by Giepie
My situasie is dat my beursie is gesteel met al my vuurwapenlisensie kaartjies. Ek het so spoedig moontlik aansoek gedoen vir herdruk van die kaartjies, ek wag nou nog en hulle het geen inligting van my aansoek nie, ongelukkig het ek die bewys van die aansoek verloor. Ek het 'n uitdruk by die polisie gekry van al die wapens waarvoor ek lisensies het. Met daardie dokument het ek al verskeie kere kruit en slagdoppies gekoop sonder probleme.

Die kaartjie is slegs die bewys van die lisensie.

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 3:47 pm
by Eugene
OosKaapJagter wrote: Thu May 20, 2021 2:10 pm Geen wapenhandelaar gaan die risiko loop om sy handelaarslisensie te verloor nie. Hulle sal dus redeneer dat jou aansoek dalk goedgekeur mag wees, maar jy het steeds nie ń wettige lisensie nie.

Kyk maar na die wit lisensiekaartjies. Dit word duidelik aan die bokant geïdentifiseer as: "Licence to Possess a Firearm".
Dit word algemeen aanvaar dat die lisensiekaart inderdaad jou lisensie is.

ń Beroep op artikel 126 gaan nie help nie. Lees dit mooi. Dit is bedoel vir doeleindes van bewys van sekere inligting in hofverrigtinge. Die bedoeling is dat ń sertifikaat ingehandig kan word om sekere feite te bewys, in plaas daarvan om elke amptenaar wat destyds met jou aansoek gewerk het as getuie te roep.

Ek verstaan elkeen se frustrasie terwyl daar gewag word vir die fisiese uitreiking van die lisensie. Ek self is al daardeur en het my plaaslike DFO en sy bevelvoerder al oortuig om vir my ń tydelike magtiging kragtens artikel 21 te gee om die wapen te gaan haal. Onthou net dit is ń vergunning en jy sal moet mooi moet vra.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Ek stem in sekere gevalle saam met wat jy sê en in ander verskil ek respekvol met jou.

Ons grootste probleem, is dat die Wet en Regulasies baie onduidelik is en dis bitter jammer, want met minimale moeite en insig, kon dit soveel beter en duideliker verwoord gewees het.... Ek is ook van mening dat die wit kaartjie net 'n bewys van jou eienaarskap is en staaf my opinie met verskeie ander gedeeltes uit die wet, wat ek nie nou hier gaan noem nie. Soos Frikkie hierbo noem, as ek my beursie met lisensies in verloor, beteken dit mos nie dat ek nou nie meer oor 'n lisensie beskik nie, EEN bewys daarvan is mos net weg en ek kan by die DFO 'n uitdruk met al my wapens kry, wat tog ook dien as 'n bewys dat ek gelisensieerd is. Ongelukkig, is daar geen ooreenstemming tussen DFO's nie, om nie eers te praat onder die top bestuur van die CFR nie. Voeg daarby dat hulle selde hulle eie reels en regulasies nakom, dan is dit duidelik waarom ons in hierdie gemors sit...

Sover my kennis strek, is Wapenhandelaars gewaarsku deur die SAPD, dat as hulle nie die "permit nommer" agter op die kaartjie in hulle boeke het as die wapen oorhandig word nie, gaan hulle aangevat word en kan hulle lisensies ingetrek word. Daardie nommer verskyn nie op die uitdruk van die DFO af nie en daarom weier die meeste handelaars om die wapen te oorhandig, wat mens ook kan verstaan....

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 5:00 pm
by OosKaapJagter
Ek stem saam met Eugene dat die Wet, soos trouens baie ander wette, uiters swak opgestel is. Dit skep inderdaad verwarring. Duidelike Regulasies sou die probleem kon oplos, maar kyk egter na wie die Regulasies moet uitvaardig.

Indien iemand streng volgens die Wet 60 van 2000 se bepalings gaan, kan dit waarskynlik aangevoer word dat die lisensiekaart slegs die bewys is dat jy 'n lisensie het. So byvoorbeeld is jy nie skielik onwettig in besit van jou wapens indien jou beursie en kaartjies gesteel word nie. Jy moet dit bloot gaan aanmeld binne 24 uur en dan binne 7 dae aansoek doen vir 'n heruitreiking. Net so kan jy met 'n vuurwapen met 'n vervalde lisensiekaartjie rondloop, mits jy betyds aansoek gedoen het om 'n hernuwing. Jou lisensie bly geldig onder daardie omstandighede. Dieselfde Wet skryf egter ook voor in artikel 29 hoe jy moet optree as jou lisensie dan beskadig, verloor of gesteel word. Dit skep duidelik die indruk dat daar van die kaartjie gepraat word, anders moet gevra word hoe kan jou lisensie dan gesteel word as die kaartjie bloot as bewys dien dat jy 'n lisensie het.

Ek glo ek is op dieselfde bladsy as Eugene. My oorspronklike plasing was sommer so vinnig gedoen met die doel om 'n oorvereenvoudigde antwoord te gee op Hammansdans se navraag. Die probleem kom wanneer jy iemand wat nie oortuigbaar is nie, wil probeer oortuig om enigiets anders te aanvaar as daardie wit plastiek kaartjie wat sê "Licence".

Sommige handelaars sal dalk die nuwe eienaar se standpunt insien, indien hulle DFO dit ook so insien. Geen handelaar sal egter die risiko loop om self toegesluit te word of om sy handelaarslisensie te verloor nie. Ek het al 'n artikel 21 magtiging gekry en die handelaar was bereid om die vuurwapen aan my te oorhandig. By ander plekke sê argumentheidshalwe die DFO in opdrag van kolonel X dat die wapen slegs oorhandig mag word by die toon van die lisensiekaartjie. Slegs domastrante handelaars of iemand met diep sakke wat bereid is om deur 'n hofsaak te gaan sal in stryd daarmee optree.

Ons wapeneienaars en wapenhandelaars is eintlik aan dieselfde kant. Dit is in albei se belang dat die proses vinnig en flink verloop. In plaas daarvan dat albei groepe die onbeholpenheid van die owerhede aanval, begin ons vir mekaar kwaad word uit frustrasie. Ek het dus begrip vir die handelaars se oorversigtigheid. Vir my is die wag irriterend, maar vir die handelaar is sy bestaansreg in gedrang.

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 5:01 pm
by Hammansdans
Eugene wrote: Thu May 20, 2021 3:47 pm
OosKaapJagter wrote: Thu May 20, 2021 2:10 pm Geen wapenhandelaar gaan die risiko loop om sy handelaarslisensie te verloor nie. Hulle sal dus redeneer dat jou aansoek dalk goedgekeur mag wees, maar jy het steeds nie ń wettige lisensie nie.

Kyk maar na die wit lisensiekaartjies. Dit word duidelik aan die bokant geïdentifiseer as: "Licence to Possess a Firearm".
Dit word algemeen aanvaar dat die lisensiekaart inderdaad jou lisensie is.

ń Beroep op artikel 126 gaan nie help nie. Lees dit mooi. Dit is bedoel vir doeleindes van bewys van sekere inligting in hofverrigtinge. Die bedoeling is dat ń sertifikaat ingehandig kan word om sekere feite te bewys, in plaas daarvan om elke amptenaar wat destyds met jou aansoek gewerk het as getuie te roep.

Ek verstaan elkeen se frustrasie terwyl daar gewag word vir die fisiese uitreiking van die lisensie. Ek self is al daardeur en het my plaaslike DFO en sy bevelvoerder al oortuig om vir my ń tydelike magtiging kragtens artikel 21 te gee om die wapen te gaan haal. Onthou net dit is ń vergunning en jy sal moet mooi moet vra.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Ek stem in sekere gevalle saam met wat jy sê en in ander verskil ek respekvol met jou.

Ons grootste probleem, is dat die Wet en Regulasies baie onduidelik is en dis bitter jammer, want met minimale moeite en insig, kon dit soveel beter en duideliker verwoord gewees het.... Ek is ook van mening dat die wit kaartjie net 'n bewys van jou eienaarskap is en staaf my opinie met verskeie ander gedeeltes uit die wet, wat ek nie nou hier gaan noem nie. Soos Frikkie hierbo noem, as ek my beursie met lisensies in verloor, beteken dit mos nie dat ek nou nie meer oor 'n lisensie beskik nie, EEN bewys daarvan is mos net weg en ek kan by die DFO 'n uitdruk met al my wapens kry, wat tog ook dien as 'n bewys dat ek gelisensieerd is. Ongelukkig, is daar geen ooreenstemming tussen DFO's nie, om nie eers te praat onder die top bestuur van die CFR nie. Voeg daarby dat hulle selde hulle eie reels en regulasies nakom, dan is dit duidelik waarom ons in hierdie gemors sit...

Sover my kennis strek, is Wapenhandelaars gewaarsku deur die SAPD, dat as hulle nie die "permit nommer" agter op die kaartjie in hulle boeke het as die wapen oorhandig word nie, gaan hulle aangevat word en kan hulle lisensies ingetrek word. Daardie nommer verskyn nie op die uitdruk van die DFO af nie en daarom weier die meeste handelaars om die wapen te oorhandig, wat mens ook kan verstaan....
Dankie vir hierdie nuttige inligting. Ek kan sien dat die permit nommer die haakplek kan wees. Maar dis tog snaaks aangesien die lisensie gekoppel word aan 'n bepaalde vuurwapen en eienaar (om wettige besit te bewerkstellig) terwyl die permit nommer gekoppel word aan 'n spesifieke wit kaartjie. Dit terwyl die wet nie (!?) 'n wit kaartjie vereis om wettige besit te bewerkstellig nie ...

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 6:40 pm
by Lategan1
Dankie vir goeie insig mnr’e.

Die kruks is hoofsaaklik kortliks:
Is die DFO gewillig om ‘n drukstuk te gee?
Die lisensiekaart permitnommer agterop.

Handelaars vereis lisensiekaart met permitnommer op en met ‘n privaat transaksie is dit onnodig en kan jy met die A4 drukstuk, indien jou DFO dit wil verskaf, jou geweer gaan afhaal.

Dink nie ek iets gemis nie :o

Beste.

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 7:03 pm
by Hammansdans
Eugene het my op 'n spoor gesit (dalk 'n dwaalspoor) maar nie te min die volgende:

Nadat ek die wet en die regulasies gelees het het ek gesien dat 'n vuurwapen wettig besit kan word in terme van:
1) 'n wettige lisensie
2) 'n permit
3) 'n magtiging

Artikel 21 van die wet (waarna Ooskaapjagter verwys) is 'n form van 'n "magtiging" in terme waarvan 'n magtigigsnommer uitgereik word. 'n Permit van verwys na 'n in/uitvoerpermit of 'n vervoerperming in terme waarvan 'n permit nommer uitgereik word. Indien 'n waper besit word op sterkte van 'n lisensie, word 'n lisensie nommer uitgereik.

Hier is die haakplek (na aanleiding van Eurgene se antwoord): In terme van Artikel 22(1)(e)(iv) moet 'n handelaar in sy register seker inligting verstrek en die regulasie lees: "the full names, identity number, address and firearm licence, permit or authorisation number of the person from whom the firearm was acquired or to whom it was disposed to".

Soos 'n paar ouens opgemerk het is die wet (en regulasies onduidelik). Ek dink die sin beteken lisensie nommer of permit nommer of magtigingsnommer afhangende van of die wapen besit word op grond van 'n lisensie, permit or magtiging. Maar ek kan ook sien dat iemand wat dit dit ander wil verstaan, rede sal kry om dit ander te verstaan ...

my twee sent

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 8:05 pm
by Bern
Ek het agter op die kaartjie van n wapen wat ek reeds besit gekyk,en die sg."Permit nommer" is die reference nommer van die aansoek.....

Sent from my SM-N970F using Tapatalk

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 9:14 pm
by Francoisv
Bern wrote:Ek het agter op die kaartjie van n wapen wat ek reeds besit gekyk,en die sg."Permit nommer" is die reference nommer van die aansoek.....

Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Uitstekende waarneming daar Bern...

2 daughters. Plenty guns.

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 9:21 pm
by Hammansdans
jip, lyk my mens kan somer jou aansoek form as 'n permit gebruik en jou wapen gaan haal, sienende dat dit as 'n "permit" dien. En daai form MOET die DFO vir jou gee ....;-)

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 9:38 pm
by Fanta300
My eerste 4 lisensies wat ek met die oorskekeling van die ou na die nuwe wet gekry het, het almal dieselfde nommer.

Ek dink ook die verwysings nr op die sms’e is ook dieselfde as op die kaartjie. Miskien kan iemand dit bevestig. Al my sms’e uitgevee na lisensie ontvang is.

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 9:46 pm
by Johan Nel
Dis korrek Fantie.

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Thu May 20, 2021 9:59 pm
by Francoisv
Ek kan ook bevestig.

2 daughters. Plenty guns.

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Fri May 21, 2021 6:45 am
by Pierre1
Al hierdie gepraat van lisensies en gewere maak my sommer lus om nog 'n speelding aan te skaf....al is die proses daarrondom ook hoe omslagtig en frustrerend.

Groete en sterkte met die proses vir die wat nog wag vir daai stukkie wit "goud".

Beste,

Re: Bewys van vuurwapen lisensie

Posted: Fri May 21, 2021 8:59 am
by HunterB
Middag almal,

Ek het n ander vraag rakende die lisensies.

Ek weet van n klomp hernuwings wat voor die 90dae al ingedien is vir hernuwing. Sommiges praat van 6maande voor die tyd. Nou is die tydperk al verby en lisensies het dus verval. Hoe nou? As hulle wil gaan jag en word afgetrek, sal hulle in besit wees van onwettige wapen? Hoe kan mens nou maak?