Page 1 of 1

MegaSpringbok2021

Posted: Thu May 20, 2021 3:37 pm
by Gian_dP
Ons groepe pelle was bevooreg om paar dae saam met PJ Erasmus by MegaSpringbok deur te bring. Ons het vroeer die jaar op 'n veiling n jagpakket by hulle gekoop.

By baie van die plase waar ek al gejag het, is die fokus op boerdery, met wild/jag meer van 'n sideline. By Mega is wild en jag al waar oor dit gaan! PJ en sy span doen baie moeite om seker te maak dat die jagters 'n goeie ervaring het.

Jag was hoofsaaklik voorsit gewees. Eerste dag het ons elkeen 'n goue wildebees, swartwildebees en RW springbok ram gehad om te jag as deel van die pakket. Een van die manne het sy eerste blouwildebees ook geskiet.

Tweede dag na 'n ander kamp vir blesbokke. In daardie kamp was ook 'n sable wat PJ graag wou laat skiet teen bietjie afslag oor sy horings nie wyd genoeg was nie.

Laaste dag was voorsit by 'n plaas van Oom Pieter du Toit buitekant Britstown. Hy het lanklaas hier laat jag, so heelwat ramme gehad wat moes afkom.

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Tussen deur al die jag was daar darem tyd vir kuier langs die vuur ook.

Image

Die "entertainment" area met pool tafel, darts en 'n regte "arcade" speletjie waar jy jag het ons tot laat besig gehou.

Image

Soos die pienk gewaad kan getuig, het ons hier en daar 'n flater ook ondergaan!

As iemand lus is vir 'n lekker jag waar jy bederf word met mooi bokke, lekker kos en fantastiese geriewe, sal ek enige tyd MegaSpringbok aanbeveel.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk



Re: MegaSpringbok2021

Posted: Thu May 20, 2021 4:15 pm
by Lategan1
Heerlik en pragtig Gian!

Hoop maar niemand het iets gebreek nie :police: ;)

Dankie vir die deel.

Beste.

Re: MegaSpringbok2021

Posted: Thu May 20, 2021 5:31 pm
by J le Roux
Geluk met die mooi bokke, en die kuier lyk baie lekker.

Re: MegaSpringbok2021

Posted: Thu May 20, 2021 7:12 pm
by LoopSoosStroop
Mooi bokke, daardie plaas en setup lyk na 'n fees!

Re: MegaSpringbok2021

Posted: Fri May 21, 2021 5:55 am
by Mellies
Mooi gemaak.

Dankie vir die kiekies.

Met n vleisie...

Re: MegaSpringbok2021

Posted: Fri May 21, 2021 6:37 am
by JohanvB
Welgedaan manne!!

Re: MegaSpringbok2021

Posted: Fri May 21, 2021 11:44 am
by pietskiet
Lyk na n bitter lekker set-up! Amper so lekker soos Andrew Macrobert hulle s'n ;-)

Dankie vir die deel

Re: MegaSpringbok2021

Posted: Fri May 21, 2021 11:52 am
by WihandV
Was baie lekker om vir Andrew saam te hĂȘ. Lekker vooraf vir hom gelag. Hy was erg verward oor die saam gaan jag storie. Gewoonlik jag ons by hom.

Goeie tyd gewees!