Page 1 of 1

Stoor van Maaler

Posted: Wed Jun 02, 2021 10:51 am
by SeeZet
Goeie more,

Enige idees waarmee ek my maaler en sy komponente (siffies ens) kan smeer of bewaar terwyl hy gestoor word?
Ekt laas jaar die fout gemaak om dit met kook olie te smeer en dit was 'n vreeslike gemors om skoon te maak, so leer mens...

Baie dankie!

Re: Stoor van Maaler

Posted: Wed Jun 02, 2021 1:30 pm
by alecjohnson
Ek weet nie van die health and safety reëls nie, maar ek gebruik panvet, dit werk goed en was maklik af. Ek smeer lem en plaat. Dis wat by my roes.

Ek het ook my goed die eerste keer met kookolie gesmeer, na 'n jaar was dit amper rubber.

Re: Stoor van Maaler

Posted: Wed Jun 02, 2021 3:26 pm
by Jakkalsgat
Middag

As jy die sif en lem van die meul met koerant papier toe draai en die meul ek vol papier stop help dit ook. die papier absorbeer die vog en hou so jou meul en parte vry van roes. Spuit ook spray and cook en vee af voor jy toedraai.

groete
Jaco

Re: Stoor van Maaler

Posted: Wed Jun 02, 2021 8:35 pm
by SeeZet
alecjohnson wrote: Wed Jun 02, 2021 1:30 pm Ek weet nie van die health and safety reëls nie, maar ek gebruik panvet, dit werk goed en was maklik af. Ek smeer lem en plaat. Dis wat by my roes.

Ek het ook my goed die eerste keer met kookolie gesmeer, na 'n jaar was dit amper rubber.
Einste, myne het ook in so aardige rubber gemors verander, dit was 'n horrie om af te kry, nie weer nie.
Jakkalsgat wrote: Wed Jun 02, 2021 3:26 pm Middag

As jy die sif en lem van die meul met koerant papier toe draai en die meul ek vol papier stop help dit ook. die papier absorbeer die vog en hou so jou meul en parte vry van roes. Spuit ook spray and cook en vee af voor jy toedraai.

groete
Jaco
Dankie manne, ek sal hom probeer.

Re: Stoor van Maaler

Posted: Sat Jun 05, 2021 7:16 pm
by mariojacobs1
Ek gebruik foodgrade gries reekloos en smaakloos

Re: Stoor van Maaler

Posted: Mon Jun 07, 2021 12:35 pm
by Jean Marais
Jakkalsgat wrote: Wed Jun 02, 2021 3:26 pm Middag

As jy die sif en lem van die meul met koerant papier toe draai en die meul ek vol papier stop help dit ook. die papier absorbeer die vog en hou so jou meul en parte vry van roes. Spuit ook spray and cook en vee af voor jy toedraai.

groete
Jaco
Ek stoor myne ook so en het nog NOOIT roes opgetel nie. Ek doen netnie die "spary 'n cook" ding by nie.

Re: Stoor van Maaler

Posted: Mon Jun 07, 2021 3:19 pm
by Ds J
As jy hom gereeld gebruik sal roes nooit n probleem wees nie ;)

Panvet, of n gerookte stuk varkspek.

En maak seker dat hy regtig droog is voor hy gestoor word.

Ons het een keer baie probleme gehad met toerusting wat geroes het in n nuwe buitekamer, totdat ons uitgevind het dat die bouer die mure met suur gewas het.

Re: Stoor van Maaler

Posted: Mon Jun 07, 2021 7:17 pm
by PWV
Prop ook my swart ysterpot vol koerantpapier na gebruik. Roes gladnie!!