Page 1 of 1

Verkoper van vuurwapen

Posted: Tue Jun 15, 2021 10:02 am
by jpgun
Goeie dag.

Ek het bietjie hulp nodig met die verkoop proses. As ek 'n wapen verkoop waar my lesensie se verval datum naby is (is nog meer as 6 maande) en die koper se aansoek vir sy lesensie wat langer as die tydperk (wat baie moontlik is), kan ek nog die wapen wettig in my kluis stoor?

Dankie
Johan

Re: Verkoper van vuurwapen

Posted: Tue Jun 15, 2021 10:17 am
by BenJacobs
Ek het die week gehoor, solank daar bewyse is dat daar aansoek gedoen is, is dit OK.
Groete Ben

Re: Verkoper van vuurwapen

Posted: Tue Jun 15, 2021 10:30 am
by saswart
Hi Ben, dit is net van toepassing met heraansoeke (Art 24 van die wet). Natuurlik kan ek anders gewys word :)

Baie grys area...Die wet maak nie melding van verkoop per se en wat dan gebeur as lisensie dan verval nie, wet bepaal wel in Art 28 dat as lisensie verval, tensy heraansoek gedoen is itv Art 24, die lisensie verval en ingehandig moet word.

Die maklikste is om te verkoop maar in te boek by handelaar waar die wapen oorgesit sal word op hul naam. Onthou ook net as jy verkoop en die tyd stap nader en dit is nie al in verkoper se naam nie en jy wil dan transfer na dealer toe, gaan die eerste proses in die wiele gery word. En onthou as lisensie verval het en jy het nie heraansoek gedoen nie is jy tegnies in besit van ongelisensieerde wapen - daar was nou onlangs die Fidelity saak wat help maar nog niks is al gese daaroor nie

Re: Verkoper van vuurwapen

Posted: Sun Jun 20, 2021 9:02 am
by jpgun
Dankie vir die hulp. EK gaan maar inboek by handelaar.