Page 1 of 2

N555 in 243

Posted: Wed Jul 07, 2021 8:31 am
by Skietstoel
More menere met gewere
Ek het n pot N555 in die hande gekry en wil graag weet waar node le. Sal hulp hoog op prys stel. My 243 het 26” pyp met 1:10 twist. Gebruik 87g V-Max. Spoed gemeet met Magneto speed en 42 grein het 3165’/s opgelewer. Ek is .5mm vd lande af en TPL is 66.47mm
Looplengte is: 665mm(26.18”)
Dopvolume: 53.625 grein;
Dop lengte:51.55 mm lank
Federal Match large rifle primers
Lapua doppe
Temp was 24 gradeC

Primers lyk goed na geskiet, doppe kom maklik uit kamer

Re: N555 in 243

Posted: Wed Jul 07, 2021 8:45 am
by Henna308
More

GRT het die volgende uitgespoeg:
Node 4.5: 41.26gr N555 vir 3109vt/s teen 50609 psi.
Node 4: 42.5gr N555 vir 3200vt/s teen 55850 psi.

Gebruik die laaste een met baie caution.

Re: N555 in 243

Posted: Wed Jul 07, 2021 10:37 am
by Skietstoel
Baie dankie Henna! Sal gaan probeer

Re: N555 in 243

Posted: Wed Jul 07, 2021 12:23 pm
by Gawie(13mm)
Kom ons probeer met QL😅
Ek stel voor jy laai 43.4 grein vir 3255 vps.
Druk is 57 750 psi.

Net 'n kant nota; ek sou eerder begin met 'n 1mm sprong na die lande. Ek vermoed jy is nader aan die lande as wat jy dink. Ek moes die BRF effens meer as normaal aanpas om te kalibreer.

Re: N555 in 243

Posted: Wed Jul 07, 2021 2:33 pm
by Henna308
Skietstoel

Ek weet nie of jy op VV se webwerf gaan loer het wat is hulle voorgestelde laai data nie? Volgens wat hulle gee sou ek sê jy is amper naby maksimum wat jou geweer nie teveel gaan oorwerk nie.

Verskoon die duplisering as jy klaar gekyk het:
Min 40.9gr 2818vt/s
Max 44.4gr 3087vt/s
Dit is wel met 'n 23duim loop, jy kan om en by 75vt/s by die gekwoteerde waardes byvoeg. Hulle TPL is wel 1.93mm langer as joune.

Skiet jy 'n standaard geweer of een wat se kammer effens styf gesny is?

Groete

Re: N555 in 243

Posted: Wed Jul 07, 2021 5:37 pm
by tripodmvr
My berekeninge klop met die van Gawie.

Node 5 is by 3040vps en 40,1gr is sy resep.

Re: N555 in 243

Posted: Wed Jul 07, 2021 6:48 pm
by Skietstoel
Dankie vir die terugvoer Henna en Tripod, ek was wel op VV se web en gesien wat hulle voorstel vir n 23” loop. My loop is 26” en die kamer is kompak gesny, daarom die korter tpl.
Gawie ek gaan jou QL ook probeer, dankie daarvoor! Sal 1mm asook 1.4mm probeer. Daar is maar min inligting oor N555 maar ek hou van sy beter dopvulling as N550.(wat tans onverkrygbaar is)

Re: N555 in 243

Posted: Wed Jul 07, 2021 6:52 pm
by Skietstoel
Het vandag 42.6g gelaai en 3195’/s gekry. Groepering nie te waffers nie. Geen tekens van druk gesien nie. Sal bietjie verder vd lande beweeg.

Re: N555 in 243

Posted: Wed Jul 07, 2021 8:53 pm
by Henna308
Image

Dis wat ek met ju nuutste resultate kry vir kalibrasie, Oom Driepoot en Gawie hoe vergelyk julle somme met hierdie? Let wel hierdie is nie vir node spoed nie, net kalibrasie.

Volgens GRT le nodes steeds naby aan wat hy vroeër gesê het.

Re: N555 in 243

Posted: Wed Jul 07, 2021 9:30 pm
by tripodmvr
Met 42.6 bereken QL 'n spoed van 3204vps met die kalibrasie verkry. Verskil van 9vps.

Re: N555 in 243

Posted: Wed Jul 07, 2021 10:50 pm
by Skietstoel
Dankie! Moet nog werk om groepering reg te kry

Re: N555 in 243

Posted: Thu Jul 08, 2021 5:41 am
by tripodmvr
Jy moet eers jou ladings regkry om by die nodespoed uit te kom. Indien jy nie goeie groepering kry nie, kan jy dan die TPL begin verstel. Verander jy beide gaan jy jouself rondjaag en miskien by 'n oplossing uitkom. Hoe gaan jy weet wat het die verbetering of verslegting veroorsaak? TPL of lading?

Re: N555 in 243

Posted: Thu Jul 08, 2021 7:05 am
by Gawie(13mm)
Kom ons begin heel voor, anders gaan die pap op die grond val.😂
Skietstoel, Tripod is redelik gekonfyt met die hele kruit-gooi ding. Ek sou voorstel jy lees sy en Wouter se skrywe oor QL hier op Jaracal. Dit is uiters insiggewend en alhoewel dit lank mag voorkom, is dit elke jota en tittel werd.

In kort werk dit so; Jy meet jou geweer en doppe se dimensies, soos verlang en skiet dan 'n begin lading vir spoed teenoor lading kalibrasie. QL of GRT word dan met die data gevoer en maak 'n aanbeveling met die beskikbare data. Omdat druk eksponensieël toeneem teenoor lading mag dit nodig wees om die programme te herkalibreer na 'n tweede baan sessie. Gestel die lading teenoor spoed klop met die program se voorspelling. Nou kyk ons na die gewenste trompspoed om te bepaal waar die "optimale loop spoed" (OBT) lê.
Dws. QL of GRT bepaal 'n lading teenoor trompsnelheid waar jou loopvervorming op sy "stilste" is as die koeël die tromp verlaat.
Indien dit alles in plek is, verstel ons die TPL om geringe aanpassings aan die beskikbare volume te maak en sodoende die groepering te laat krimp; indien nodig.


Na die lang relaas; @Henna: jou kalibrasie is in die kol. Ek vermoed jou node tabel laat jou in die steek.

Re: N555 in 243

Posted: Thu Jul 08, 2021 7:48 am
by Gawie(13mm)
Skietstoel wrote:Het vandag 42.6g gelaai en 3195’/s gekry. Groepering nie te waffers nie. Geen tekens van druk gesien nie. Sal bietjie verder vd lande beweeg.
Ek heg my kalibrasie van jou spoed teenoor lading hier aan.
Kyk na die omkringde gedeeltes. Met die lading en spoed, is jy nie op 'n node nie.

Image

Re: N555 in 243

Posted: Thu Jul 08, 2021 7:53 am
by Henna308
Gawie(13mm) wrote: Thu Jul 08, 2021 7:05 am Kom ons begin heel voor, anders gaan die pap op die grond val.😂
Skietstoel, Tripod is redelik gekonfyt met die hele kruit-gooi ding. Ek sou voorstel jy lees sy en Wouter se skrywe oor QL hier op Jaracal. Dit is uiters insiggewend en alhoewel dit lank mag voorkom, is dit elke jota en tittel werd.

In kort werk dit so; Jy meet jou geweer en doppe se dimensies, soos verlang en skiet dan 'n begin lading vir spoed teenoor lading kalibrasie. QL of GRT word dan met die data gevoer en maak 'n aanbeveling met die beskikbare data. Omdat druk eksponensieël toeneem teenoor lading mag dit nodig wees om die programme te herkalibreer na 'n tweede baan sessie. Gestel die lading teenoor spoed klop met die program se voorspelling. Nou kyk ons na die gewenste trompspoed om te bepaal waar die "optimale loop spoed" (OBT) lê.
Dws. QL of GRT bepaal 'n lading teenoor trompsnelheid waar jou loopvervorming op sy "stilste" is as die koeël die tromp verlaat.
Indien dit alles in plek is, verstel ons die TPL om geringe aanpassings aan die beskikbare volume te maak en sodoende die groepering te laat krimp; indien nodig.


Na die lang relaas; @Henna: jou kalibrasie is in die kol. Ek vermoed jou node tabel laat jou in die steek.
Gawie ek sal die mense van GRT bietjie vra hoe bereken hulle dit ??? Sal dit graag wil reg he, kan dalk 'n ding of 3 verduidelik as ek na van my resultate kyk...

Re: N555 in 243

Posted: Thu Jul 08, 2021 8:03 am
by Gawie(13mm)
Indien ek herkalibreer, lyk dit so:
Node 4:
Image

Node 5:
Image

Re: N555 in 243

Posted: Fri Jul 09, 2021 8:30 pm
by Skietstoel
Dankie Gawie,

Ek sal bietjie opgaan in my lading om op node te kom. ( Ek verstaan beginsels van golwe redelik goed) Met N550 het dit goed gevaar @ 3265'/s.

waardeer jou hulp en ek sal laat weet hoe die roer vaar met die lading.

Re: N555 in 243

Posted: Wed Jul 28, 2021 9:27 am
by Skietstoel
Het toe weer gaan skiet en die volgende resultate gekry:
Lading verhoog na 43.2 en toe spoed van 3245 gekry.
43.4 grein lewer 3285vps. Groepering was goed

Re: N555 in 243

Posted: Wed Jul 28, 2021 10:23 am
by tripodmvr
Kalibreer ek met die 43.2 lading dan is 43.3gr die lading om op die node te wees. Dit wil dus voorkom asof jy in die nodeband is. Ek sal nie die lading verder verhoog nie synde die druk met die 43.2gr reeds by 57K mis (maks 60K) bereken. Jy kan nou moontlik met korter TPL verstellings eksperimenteer as die groep volgens jou nie klein genoeg is nie. Die brandtempo bly hoog, so jy kan dalk naby aan die lande wees.

Re: N555 in 243

Posted: Wed Jul 28, 2021 10:51 am
by Skietstoel
Dankie Tripod, waardeer jou terugvoering. Die punt is tans 0.06mm vd lande af. Ek sal 43.3 grein laai en dan met diepte speel daarna. Altyd n storie om n nuwe dryfmiddel se sweet spot te kry maar dis deel vd lekker.

Re: N555 in 243

Posted: Wed Jul 28, 2021 1:46 pm
by Gawie(13mm)
Skietstoel wrote: Wed Jul 28, 2021 10:51 am Dankie Tripod, waardeer jou terugvoering. Die punt is tans 0.06mm vd lande af. Ek sal 43.3 grein laai en dan met diepte speel daarna. Altyd n storie om n nuwe dryfmiddel se sweet spot te kry maar dis deel vd lekker.
Lees ek reg? Jy is is 0.06 mm van die lande af, of moet dit 0.06 duim lees?

Re: N555 in 243

Posted: Wed Jul 28, 2021 8:17 pm
by Skietstoel
Jammer ek sien nou die typo: 0.6 mm vd lande af of bykans 25 thou

Re: N555 in 243

Posted: Mon Aug 02, 2021 4:20 pm
by Skietstoel
tripodmvr wrote: Wed Jul 28, 2021 10:23 am Kalibreer ek met die 43.2 lading dan is 43.3gr die lading om op die node te wees. Dit wil dus voorkom asof jy in die nodeband is. Ek sal nie die lading verder verhoog nie synde die druk met die 43.2gr reeds by 57K mis (maks 60K) bereken. Jy kan nou moontlik met korter TPL verstellings eksperimenteer as die groep volgens jou nie klein genoeg is nie. Die brandtempo bly hoog, so jy kan dalk naby aan die lande wees.
Vandag se resultate met 4 koele gelaai met 43.3 grein gee n horisontale verspreiding waar twee groepies van twee skote elk bymekaar gevorm het, twee feitlik senter en twee 20mm links vd senter op die x as. Hulle het as volg geprint: skoot een 20 mm links, skoot twee senter, skoot 3 senter en skoot 4 weer 20 mm links. Jump was 0.66mm. Ek dink daaraan om na 1.4mm te verstel. Wat dink julle?

Re: N555 in 243

Posted: Mon Aug 02, 2021 4:32 pm
by Skietstoel
Vandag ook 85 grein Hornady Interbonds getoets met N555 met teleurstellende groepering. As afskop het ek 41.1 grein gelaai met jump van 1.3mm. TPL was 65.72.
Spoed was 3114 vtps wat sommer heel af n node lyk vir my. Wie kan hiermee help groot asb? Sal graag hiermee wil gaan jag as ek dit kan kry om te groepeer.

Re: N555 in 243

Posted: Mon Aug 02, 2021 4:34 pm
by Skietstoel
Jammer lading was 40.1 grein N555 en nie 41.1 grein nie.