Page 1 of 1

Eerste waterbok bul

Posted: Mon Jan 16, 2012 5:36 pm
by Sako75
Manne,

Ek deel graag my eerste waterbokbul met julle.  Het hom met Tikka 9,3x74mm double met 270gr Speer punte platgetrek.  Het 30 3/4" finaal gemeet, so 2 3/4" bokant die RW minimum.  Verskoon asseblief die bietjie bloederigheid.

Bok is in die laat winter in die Colesberg distrik geskiet om plek te maak vir 'n jonger bul in die teeltrop.  Hy was reeds 12 jaar in die trop gewees.  Het hom vroegoggend in die rante met die verkyker gewaar en toe lekker bekruip tot so 80m van die trop af.  Het uit my dekking gekom en hom eerste pil gegee op die rib rant wat skuins deur moes penetreer.  Skoot was bietjie hoog en hy het so 30m gedraf en toe weer gestaan.  My dubbel groep baie mooi uit altwee lope en het hom met vetroue die tweede pil gegee op die skouer gegee.  Hy draf toe nog so 40m en val toe teen 'n besembos vas.  Ek wil nog die storie mooi opskryf..... maar was naby aan perfek om met my dubbel 'n mooi bok te skiet, "walk-en-stalk" met handgelaaide ammo in 'n mooi omgewing saam met hartlike geselskap.

Die man is ge"cape" en verder deur 'n span ouens netjies afgeslag om die vleis reg te hou.  Het altwee 270gr Speer punte herwin in die "oorkant" van die bok met >65% rentensie.  Twee fillets het bobaas afgegaan en die res van die bok is "budget" wors toe.

Nie elke dag dat mens kry dat alles mooi bymekaar kom nie - die was vir my so dag.

Re: Eerste waterbok bul

Posted: Mon Jan 16, 2012 5:40 pm
by Geno
Bitter mooi bok wat jy geskiet het Danie!
Welgedaan!

Re: Eerste waterbok bul

Posted: Mon Jan 16, 2012 6:01 pm
by BLOK
Pragtag en welgedaan

Waar het jy hom geskiet en waneer was dit.

Dis die een wat op hierdie jaar se lys vir my ook is. Gaan virseker probeer om die jaar ook een in te kry maak vir my een van die mooier trofee's.

Re: Eerste waterbok bul

Posted: Mon Jan 16, 2012 6:04 pm
by Herman Venter
Sako
Baie mooi bul daardie, vertel biki meer van die jag..

Groete
Herman

Re: Eerste waterbok bul

Posted: Tue Jan 17, 2012 9:26 am
by Born2Late
Baie geluk met n pragtige bok. Die dam in die agtergrond maak ook vir n mooi foto.

Re: Eerste waterbok bul

Posted: Tue Jan 17, 2012 9:54 am
by henried
Geluk op 'n baie mooi bok, baie besonders.

Re: Eerste waterbok bul

Posted: Tue Jan 17, 2012 10:21 am
by Frederik
Baie baie netjies dis een bok wat ek ook nog bitter graag vir myself wil skiet as trofee.

Re: Eerste waterbok bul

Posted: Tue Jan 17, 2012 3:09 pm
by Jaco Alberts
Sako,

baie mooi bul en 'n lekker dik horing bul daarby ! Geluk :)

So drie jaar gelede skiet ek my eerste waterbokbul Noord-wes van Polokwane, byna teen donker die aand voor ons terugkeer huistoe, nie amptelik ook meer as 30" gemeet. Ek was absoluut in die wolke oor die bul. Lang storie kort, almal raai my aan vir skouermontering, maar ek wou nie, ek wou net die volle skedel met die horings saam terugbring. Dis nou meer as 3 jaar, niemand, maar niemand van die plaas wat onderneem het vir die trofee indiening, antw hulle telefone, vermy die sms's wat ek gestuur het ens  :'(

Ek het darem 'n foto waar ek by my bul sit........

Groete

Jaco

Re: Eerste waterbok bul

Posted: Tue Jan 17, 2012 3:18 pm
by Sako75
Ai Jaco..... ek het al so 'n 16" bosbok trofee verloor.  Taksidermis het bankrot gegaan en het geimmigreer.  Nou weet niemand van die horings nie.

Re: Eerste waterbok bul

Posted: Tue Jan 17, 2012 6:51 pm
by Ponkie
Sako

Baie mooi bok! Net vir interesantheid.. Wat weeg so waterbokkarkas? Ek het al gehoor dat hulle blykbaar lekker swaar raak!

Groetnis
Ponkie

Re: Eerste waterbok bul

Posted: Tue Jan 17, 2012 7:34 pm
by Sako75
Ponkie,

Ek kan nie presiese gewig onthou nie (ek wou dit opsit) maar ek onthou dat ek gedink het dis vrek naby aan 'n ordentlike koedoe karkas.

Re: Eerste waterbok bul

Posted: Tue Jan 17, 2012 7:38 pm
by Sako75
Nog n foto....

Re: Eerste waterbok bul

Posted: Tue Jan 17, 2012 8:30 pm
by Jaco Alberts
Ponkie,

my bul, die enigste een...... se karkas gewig was 138 Kg aan die haak, vel af ens.