Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ag nee Frederik... nou hoe moet ons nou hier kom spog as jy sommer oopmaak met 'n leeu. Hier in Stilbaai is die gevaarlikste ding 'n krap. Mooi foto's, welgedaan. Ek het gesien hoe goed jou Trijicon op die leeu gewerk het.
Mooi loop
Ek het hierdie vlakvark naby Musina geskiet met my .375 H&H Mauser. Die afstand was 27m en ek het Claw se 300gr Range-koeëls gebruik, gelaai teen 2000vps. Die koeël het ten volle gepenetreer. Die vark se voortande was heeltemal weggeslyt.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Koos Barnard on Sun Oct 17, 2021 8:58 am, edited 1 time in total.
Ek kan n bushnell first strike 2.0 in die hande kry, sal him op my 458 wil sit… wat se julle wat die goed ken en gebruik? Sal dit n mors van tyd wees? Moet ek liefs na n trijicon of aim point kyk?
Ek het in Augustus n stok ou duikerram in Melmoth gejag met my .44 Mag. Die Aimpoint laat kom die rewolwer noggal tot sy reg. Skoot was so 20m gewees. Ek is nog gelukkig dat my oë goed is met oopvisiere, en probeer dit maar so hou op die lang gewere terwyl my sig hou.
Daar is verskeie modele en produkte daar buite wat alaml goed werk.
Jy moet basies gaan oplees wat elk doen wat elk se Pro en Con is.
Ek het op die Trijicon SRO besluit oor die volgende hy bly aan permanenet tot jy hom af sit. Battery hou tot 3 jaar
Groot venster en dit help baie om die kolletjie vinniger op te tel.
1 MOA en dis lekker fyn en jy stel hom net op as jy groter kol wil sien.
Battery kan jy vervang van bo so ek verloor nie zero nie.
Waarborg baie goed.
So lees op en weeg maar jou opsies ek is baie gelukkig met wat ek aanmekaar gesit het sien ook baie manne by BASA wil ook so roete loop.
DWB wrote: Sun Oct 17, 2021 5:07 pm
Bees, ek sou maar by die 2 bekendes bly.
Blykbaar is die Leupold Deltapoint ook goed. Dan ook Docter en Kahles
Deon
Ek kan self getuig van die Deltapoint se uitstekende kwaliteit en gehalte. Verder het ek n Leupold Prismatic op een van my AR's en dit is net so goeie produk. Ongelukkig maak hulle hom nie meer nie. Daar is wel n Freedom RDS beskikbaar teen n baie billike prys.