Page 1 of 1
Instapkluis vereistes
Posted: Wed Sep 22, 2021 9:51 am
by Chevvy SS
Sover ek kon aflei, moet 'n betondak en SABS goedgekeurde deur gebruik word.
Is daar enige ander vereistes waarvan julle weet asb?
Re: Instapkluis vereistes
Posted: Wed Sep 22, 2021 10:14 am
by Toxxyc
Die SABS 953-2 spesifikasies het al die vereistes. Stuur my jou eposadres dan stuur ek die spesifikasies vir jou aan. Glo dit of nie, maar as jy met die wet wil saamwerk moet jy die specs by SABS KOOP teen 'n bedrag en ek dink dis onaanvaarbaar, so ek versprei dit gratis sover ek kan.
Re: Instapkluis vereistes
Posted: Wed Sep 22, 2021 10:29 am
by Dumbluck
Hier is hy
Re: Instapkluis vereistes
Posted: Wed Sep 22, 2021 10:53 am
by Toxxyc
Oh dit werk om dit sommer hier te plaas ook. Ja dis hy. Daar is nogals 'n paar vereistes.
Re: Instapkluis vereistes
Posted: Wed Sep 22, 2021 2:12 pm
by PWV
Toxxyc wrote: Wed Sep 22, 2021 10:14 am
Die SABS 953-2 spesifikasies het al die vereistes. Stuur my jou eposadres dan stuur ek die spesifikasies vir jou aan. Glo dit of nie, maar as jy met die wet wil saamwerk
moet jy die specs by SABS KOOP teen 'n bedrag en ek dink dis onaanvaarbaar, so ek versprei dit gratis sover ek kan.
Wat 'n belaglike storie.!!!
Re: Instapkluis vereistes
Posted: Sun Sep 26, 2021 8:11 pm
by Zuku
Toxxyc wrote: Wed Sep 22, 2021 10:14 am
Glo dit of nie, maar as jy met die wet wil saamwerk moet jy die specs by SABS KOOP teen 'n bedrag en ek dink dis onaanvaarbaar, so ek versprei dit gratis sover ek kan.
Ek het my DFO gebel en gesê ek wil n instapkluis bou. Wat is is die spesifikasie. Hy het my epos gevra en aangestuur (dieselfde dokument) sonder enige probleme. So djou DFO moet jou dit gratis voorsien.
Re: Instapkluis vereistes
Posted: Mon Sep 27, 2021 7:54 am
by Toxxyc
Jy het 'n nice DFO, want eintlik mag hy dit nie sommer net versprei nie (nie die oorspronklike dokument soos hierbo nie). Dit bly blykbaar die SABS se eiendom of so iets. Ek stem met Oom PWV saam, dis belaglik. Jy moet geld spandeer om seker te kan maak jy stem met die wet saam.
Re: Instapkluis vereistes
Posted: Mon Sep 27, 2021 11:33 am
by Chevvy SS
Baie dankie.
Re: Instapkluis vereistes
Posted: Mon Sep 27, 2021 11:36 am
by J le Roux
Nog 'n vereiste is seker dat jy genoeg wapens moet beist om dit te reverdig.
Re: Instapkluis vereistes
Posted: Mon Sep 27, 2021 12:04 pm
by Capt. Yoda
J le Roux wrote: Mon Sep 27, 2021 11:36 am
Nog 'n vereiste is seker dat jy genoeg wapens moet beist om dit te reverdig.
Anders lyk jy soos n 30 handicapper wat by die baan met n nuwe toersak en iron covers op daag
Re: Instapkluis vereistes
Posted: Mon Sep 27, 2021 10:12 pm
by Ds J
Dit is blykbaar so dat die DFO die bouproses moet volg, of op hoogte moet bly, of moet inspekteer. Dalk is dit n uitgedinkte reël, dit geld egter vir die meeste gevalle waarvan ek weet.
Hou dus n deeglike foto-rekord van die HELE bouproses, en werk met hoër standaarde as die SABS as dit kan.
Re: Instapkluis vereistes
Posted: Tue Sep 28, 2021 7:50 am
by Toxxyc
J le Roux wrote: Mon Sep 27, 2021 11:36 am
Nog 'n vereiste is seker dat jy genoeg wapens moet beist om dit te reverdig.
Dit was nog nooit 'n vereiste nie

My skoonpa het syne gebou en toe al sy skietgoed daar binne gestoor. Ons het sommer daar binne gelaai ook, die hele setup met stoele en alles was gemaklik daar binne gewees.