Page 1 of 2
My Leeu
Posted: Wed Sep 29, 2021 2:20 pm
by Frederik
26 Sept 10:01 am gebeur dit toe.
458 Lott 3 x skote laaste skoot of tweede was nie nodig ek het maar net gegooi solank die kat nie plat was nie.
480gr Woodleigh koeels teen 2180fps.
Gebeur op tweede vol jag dag eerste skoot was op 25 meter.
Was baie spesiaal ek hoop van harte die jagte bly oop as jy dit reg doen jag jy behoorlik en my seun kan dit hopelik eendag ervaar.
Re: My Leeu
Posted: Wed Sep 29, 2021 2:34 pm
by Stephan86
Baie geluk, dit is 'n pragtige leeu.
Re: My Leeu
Posted: Wed Sep 29, 2021 2:39 pm
by Methos
Baie geluk man! Groot leeu!
Re: My Leeu
Posted: Wed Sep 29, 2021 4:13 pm
by alecjohnson
WOW Baie geluk!!!
Re: My Leeu
Posted: Wed Sep 29, 2021 5:49 pm
by BenJacobs
Jis baie geluk oom!
Ek sal graag self eendag die geleentheid op so een wil hê.
Groete Ben
Re: My Leeu
Posted: Wed Sep 29, 2021 6:01 pm
by tripodmvr
Mooi gedoen. Pragtige wyfie.
Het julle die bloed afgevee? Ek soek om te sien waar die skote getref het.
Re: My Leeu
Posted: Wed Sep 29, 2021 6:29 pm
by Frederik
Ja bloed is mooi afgevee een skoot was van agter na eerste skoot.
Eerste een longe, tweede een van agter en derde skoot was middel van bewegende kat centre of mass geskiet en toe is dit klaar.
5 Sekondes tussen eerste en laaste skoot.
Re: My Leeu
Posted: Wed Sep 29, 2021 8:08 pm
by jdpretorius
Jis baie geluk mater !
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: My Leeu
Posted: Thu Sep 30, 2021 12:07 am
by Andre308
Mooi kat daai.
ps. Vir die Heimlich maneuver moet jy jou hande laer af tot net onder die sternum kry anders werk dit nie so goed nie

Re: My Leeu
Posted: Thu Sep 30, 2021 5:47 am
by Frederik
Andre308 wrote: Thu Sep 30, 2021 12:07 am
ps. Vir die Heimlich maneuver moet jy jou hande laer af tot net onder die sternum kry anders werk dit nie so goed nie
Dankie Andre, as ek dit ooit weer moet probeer en persoon weeg 180kg dan gaan hulle maar vrek.

Re: My Leeu
Posted: Thu Sep 30, 2021 7:16 am
by tripodmvr
Ek verstaan die skoot van agter. Die uitdrukking "swapping ends" is so waar as 'n kat 'n skoot kry. Het die koeëls vollengte gepenetreer?
Re: My Leeu
Posted: Thu Sep 30, 2021 8:45 am
by Frederik
Al 3 die koeels is iewers in die kalahari sand gebere niks herwin nie.
Re: My Leeu
Posted: Thu Sep 30, 2021 8:48 am
by Geno
Baie mooi! Lyk na 'n bitter lekker jag!
Re: My Leeu
Posted: Thu Sep 30, 2021 11:05 am
by ThinusS
Veels geluk! Mooi groot wyfie.
Re: My Leeu
Posted: Thu Sep 30, 2021 1:17 pm
by BenJacobs
Waar kan mens nog 'n leeu jag? Ek sal graag my geld vir so ietsie spaar?
Groete Ben
Re: My Leeu
Posted: Thu Sep 30, 2021 1:30 pm
by Capt. Yoda
Jy kan daar in Nam lekker duk leeu gaan jag vir so $45 000 maar jy gaan bq meer as n makou gun nodig he
Mooi Leeu daai Frederik, baie geluk!
Re: My Leeu
Posted: Thu Sep 30, 2021 1:54 pm
by Frederik
BenJacobs wrote: Thu Sep 30, 2021 1:17 pm
Waar kan mens nog 'n leeu jag? Ek sal graag my geld vir so ietsie spaar?
Groete Ben
Die pakket het ek gekoop vir redelik baie minder as wat Capt noem maar ja makou geweer gaan net seker maak jy maak die kat kwaad en die PH gaan jou leeu skiet.
Daar is 8 plase wat in SA registreer is met SAPA en hulle het hulle eie reels onder andere die leeus moet minimum 30 dae in veld loop voor hulle gejag mag word en gewoonlik word daar meer as 1 afgelaai word. Toe ek gejag het die naweek was daar nog 3 leeus in die veld 2 wyfies en een mannetjie en dan sal die volgende 6 of meer wat weer afgelaai word.
Grond is 7000 hektaar groot geen binnedradde nie en daar is veel ander wild wat rondloop onder andere buffels.
Leeu jag is nie almal se lys nie maar dit is baie spesiaal en was vir my groot eer en seen wat ek kon waar laat word het.
Covid en al met die ekonomie en Ons Vader het dit nogsteeds laat gebeur.
Re: My Leeu
Posted: Thu Sep 30, 2021 7:20 pm
by BenJacobs
Dankie oom.
Ek moet sê dit is ook iets op my lys. Wat die geweer aanbetref, ek is darem bewus oor die geweer. Daar is dalk iets in die pyplyn vir die roer, dan is net net wag en spaar.
Groete Ben
Re: My Leeu
Posted: Fri Oct 01, 2021 12:11 pm
by PWV
BenJacobs wrote: Thu Sep 30, 2021 7:20 pm
Dankie oom.
Ek moet sê dit is ook iets op my lys. Wat die geweer aanbetref, ek is darem bewus oor die geweer. Daar is dalk iets in die pyplyn vir die roer, dan is net net wag en spaar.
Groete Ben
Ben, 'n leeu kan lelik byt!!!
Re: My Leeu
Posted: Thu Oct 14, 2021 8:42 am
by Frederik
So klein video van die skote op die leeuwyfie.
[youtube]
https://youtu.be/TKUOadTVYUI[/youtube]
Re: My Leeu
Posted: Thu Oct 14, 2021 11:08 am
by vossie1
Baie geluk Frederik
Mooi groot wyfie, ek gaan nou n vraag vra mag dalk dom wees ma kom ons kyk, Sal n 250gr koeel teen so 2800ft/s nie beter wees as n swaar stadige koeel vir katte nie? Het al gelees dat die katte baie sensitief is is vir kinetiesie skok?
Re: My Leeu
Posted: Thu Oct 14, 2021 1:56 pm
by Frederik
Use Enough Gun - Ek geniet my lott met dieselfde skoot plasing sou ek nie kan sien dat die leeu vinniger sou doodgaan nie. Leeu het net 12 meter gevorder vanaf eerste skoot.
Re: My Leeu
Posted: Thu Oct 14, 2021 3:38 pm
by alecjohnson
Baie dankie vir die deel dit was kort en kragtig!
Re: My Leeu
Posted: Thu Oct 14, 2021 10:59 pm
by Hercules Louw
Geluk Frederik, mooi geskiet, veral die opvolgskote is puik. Lekker aksie video van die ervaring.
Re: My Leeu
Posted: Fri Oct 15, 2021 6:41 am
by vossie1
Baie nice Frederik, mooi vinnige skote met daai groot roer.